Wie is jy werklik?
Jy is wie jy sê jy is en hoe jy jouself as mens sien!
God het jou geboorte beplan jy is nie toevallig hier nie!
Psa 139:1-3 Vir die musiekleier. ‘n Psalm van Dawid. HERE, U deurgrond en ken my. U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte. U deurvors my gaan en my lê, en U is met al my weë goed bekend.
Psa 139:15-17 My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde. U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie. Hoe kosbaar is dan vir my u gedagtes, o God! Hoe geweldig is hulle volle som nie!
Wie is jy nadat jy Jesus as jou Vriend, Saligmaker en God aanvaar het? Jy is nie meer alleen in jouself nie! Jy het `n Vriend wat `n ware Vriend is! Ware vriende is altyd daar waar hulle mekaar nodig het: Jesus wandel saam met jou waar jy ook al beweeg; wanneer gevaar dreig; roep Hom aan en Hy sal jou help; wanneer jy met iets sukkel vra Hom om you te help; wanneer ander jou beledig moet jy soos Hy wees wat hulle nie terug beledig nie; vertel Hom hoe seer jy gekry het, Hy verstaan jou en sal jou help om die seer te verwerk. In Christus sal jy alles wat na jou kom kan handteer.
Bemoedig jouself deur met jouself te praat.
Jy moet jou beste vriend wees en nie jou grootste vyand nie! Jy is jou grootste vyand wanneer jy sleg van jou self dink en praat. Jy is jou beste vriend wanneer jy goed van jou praat; wanneer jy alleen is! Onthou dit gaan nie wat jy vir mense voorgee nie; maar wat jy in jouself oor jouself praat! Daar is krag in jou woorde. Wanneer jy saad saai sal dit wat jy saai opkom! Wat saai jy in jou lewe? Deur net jou woorde en denke te verander kan jy vir jou `n nuwe lewe skep! Stel vir jou positiewe woorde op om jou swak punte in jou lewe te verander!
Jou denke van ander het `n groot invloed op jou lewe en vorm jou lewe, omdat jy ander vergelyk met jouself! Dit bepaal jou negaiewe of positewe uitkyk.
KOM IN BEHEER VAN JOU LEWE
Jou lewe is jou verantwoordelikheid! Dit is nie die mense om jou nie, nie jou omstandighede nie! Jy bly in beheer van jou lewe!
Sp 4:20-27 My seun, luister na wat ek sê, neig jou oor tot my woorde, laat hulle nie wyk uit jou oë nie, bewaar hulle binne-in jou hart. Want hulle is die lewe vir die wat hulle vind, en ‘n genesing vir hulle hele liggaam. Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe. Verwyder van jou die valsheid van mond, en hou ver van jou af die verkeerdheid van lippe. Laat jou oë reguit kyk en jou ooglede hulle reg voor jou uit hou. Maak die pad van jou voet gelyk, en laat al jou weë vas wees, wyk nie regs of links af nie, hou jou voet ver van boosheid.
Wie beheer jou lewe?
God het vir elke mens ‘n lewe geskenk, jy is nie die eienaar van jou lewe nie. Dit kom van God. Die lewe wat jy van God ontvang het is tydelik, dit het ‘n begin en ‘n einde. Van jou geboorte af tot jou sterfdag is jy in beheer van jou lewe. Jy het jou eie wil en kan jou eie keuses uitvoer. Die dag wanneer jou tydelike lewe eindig, sal jy moet rekenskap gee! As dit bevind is dat jy jou lewe reg beheer het en gehoorsaam was aan God sal jy die ewige lewe ontvang, indien jy ongehoorsaam was sal jy die ewige verderf ontvang.
In dit tydperk van jou tydelike lewe het jy die mag om dit in die regte rigting te stuur sodat jy jou ewige lewe kan verseker en van jou tydelike lewe ‘n sukses maak. Sukses en die ewige lewe hang nie af van jou omstandighede nie. Dit word nie bepaal deur jou opvoeding nie, nie deur jou verstandelike vermoë nie, nie deur wie jy is nie en ook nie deur dit wat mense van jou sê nie! Jy moet in beheer kom van jou lewe sodat jy ‘n sukses daarvan kan maak!
“Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.”
Die betekenis van die word “oorspronge” in Grieks is: “towtsa’ah [to-tsaw-aw] wat beteken “grense”
Met ander woorde jou gedagte en dit wat in jou hart is bepaal die grense waarin jy wandel! Om hierdie grense uit te brei moet jy jouself beter verstaan en in beheer kom van jou lewe. Moenie toelaat dat externe invloede of jou verlede, of mense om jou, jou die grense bepaal nie, kom in beheer sodat jy ‘n sukses van jou tydelike lewe op aarde kan maak en as beloning die ewige lewe kan ontvang.
Sp 12:28 Op die pad van geregtigheid is lewe, en die rigting van dié pad is onsterflikheid.
Om in beheer van jou lewe te wees is nie om te riageer met die stroom wat die sterkste vloei nie, bepaal jou eie lewensrigting moenie toelaat dat jou omstandighede of ander mense jou beheer nie!
Geloofwaardigheid en persoonlike krag
“Om mense te help wat nie hulself wil help nie is vermorsing van tyd, jy kan nie iemand forseer om ‘n leer te klim as hy dit nie self doen nie” Andrew Carnegie
Slagspreek: (Spreek dit uitoor jou)
“Ek is in beheer en verandwoordelik vir alles wat ek doen en vir wie ek is.”
“Ek hou daarvan om nuwe maniere te leer om groei te bewerkstellig”
“Ek stel vir myself groot doelwitte op om my potensiaal te bereik.”
Daar is vyf sleutels waarna ons moet kyk:
1 Geloofwaardigheid (Dit wat jy in ander sien en ervaar beinvloed jou)
Jou houding teenoor ander mense.
Bid vir mense wat gebed nodig het, indien daar iets is wat vir jou nie reg is in ander mense se lewe nie, ondersoek jouself of dit wat jy in ander sien nie jou pla omdat dit ook in jou lewe is nie.
Mat 7:12 Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete.
Mat 22:37-39 En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod. En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.
Mat 7:3-4 En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? Of hoe sal jy vir jou broeder sê: Laat my toe om die splinter uit jou oog uit te haal, en kyk, in jou eie oog is die balk!
Wanneer jy dink: Jy is beter as ander, plaas jy jouself bo ander omdat jy nie jou eie foute wil erken nie. Konsentreer op die goeie in mense, alle mense is nie net sleg nie.
Luk 18:11-13 En die Fariseër het gaan staan en by homself so gebid: o God, ek dank U dat ek nie soos die ander mense is nie—rowers, onregverdiges, egbrekers, of ook soos hierdie tollenaar nie. Ek vas twee keer in die week, ek gee tiendes van alles wat ek verkry. En die tollenaar het ver weg gestaan en wou selfs nie sy oë na die hemel ophef nie, maar het op sy bors geslaan en gesê: o God, wees my, sondaar, genadig!
Alle mense is nie net sleg sonder rede nie. As jy mense se agtergrond ken sal jy verstaan hoekom hulle is soos hulle is. Vir die mense moet ons liefde gee en hulle nie oordeel nie, wat ons nie kan verander nie moet ons in gebed aan God opdra.
Dit is belangrik dat jy probeer om ander te verstaan voordat jy wil hê dat hulle jou moet verstaan. (gewoonte 5 “Verstaan eers voordat jy verstaan word”)
Jou gedagtes maak jou rein of onrein:
Mar 7:20-23 En Hy sê: Wat uit die mens uitgaan, dit maak die mens onrein. Want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord, diewery, hebsug, boosheid, bedrog, losbandigheid, afguns, lastering, hoogmoed, dwaasheid. Al hierdie booshede kom van binne uit en maak die mens onrein.
Wanneer jy vir jouself sê dat jy nie van mense hou nie, en meer van jouself dink as vir ander, (stoot jy mense weg van jou) hulle sal dit deur jou houding aanvoel, al gee jy voor dat jy van hulle hou, omdat die gees in jou dit aan hulle gees oordra!
Sonder dat jy dit besef verhoog of verneder jou jouself deur jou siening van ander.
2 Innerlike Krag
Die geloof in jou eie krag en vermoë, sal help om dinge te laat gebeur in jou eie lewe.

Jy moet jou beste vriend wees en nie jou grootste vyand nie! Jy is jou grootste vyand wanneer jy sleg van jou self dink en praat. Jy is jou beste vriend wanneer jy goed van jou praat; wanneer jy alleen is! Onthou dit gaan nie wat jy vir mense voorgee nie; maar wat jy in jouself glo en wat jy vir jouself sê! Daar is krag in jou woorde. Wanneer jy saad saai sal dit wat jy saai opkom! Wat saai jy in jou lewe? Deur net jou woorde en denke te verander kan jy vir jou `n nuwe lewe skep! Gebruik jou positiewe woorde op om jou swak punte in jou lewe te verander!
3. Eerste natuur
Jou Genetiese geskenk waarmee jy gebore is, wat jy ontvang het sonder om daarvoor te vra. Sien jy slegs die negatiewe in jou verlede of die positiewe. Blameer jy jou ouers en bly vasgevang in jou verlede of gebruik jy die negatiewe in jou verlede om `n nuwe toekoms vir jou te skep! Skep die negatiewe in jou lewe as trappe na `n nuwe lewe wat jy vir jouself skep.
Kyk terug wat God vir jou en julle gesin gedoen het.
Wat sien jy as jy na jou verlede kyk? Dit het `n invloed op jou toekoms:
Dawid se broers het na die grootheid van Goliat gekyk en gevrees; Dawid het na God gekyk en Goliat verslaan. Hy het terug gedink hoe die Here hom die vermoë gegee het om `n leeu en beer te verslaan!
1Sam 17:33-36 Maar Saul het Dawid geantwoord: Jy kan nie na hierdie Filistyn gaan om teen hom te veg nie, want jy is ‘n seun, en hy is ‘n krygsman van sy jeug af. Daarop sê Dawid aan Saul: U dienaar het vir sy vader die kleinvee opgepas, en as daar ‘n leeu of ‘n beer kom en ‘n stuk kleinvee uit die trop wegdra, dan gaan ek uit agter hom aan en verslaan hom en ruk dit uit sy bek uit; en as hy my aanval, gryp ek hom aan sy baard en verslaan hom en maak hom dood. U dienaar het die leeu sowel as die beer doodgeslaan, en met hierdie onbesnede Filistyn sal dit gaan net soos met een van hulle, omdat hy die slagordes van die lewende God uitgedaag het.
Wanneer jy na jou vermoë kyk en sien hoe swak jy is, het jy klaar verloor. Wanneer jy in jouself en in God glo sal jy oorwin!
4 Jou Beheer sentrum
Emosionele Intelligensie:
5 Die tweede natuur
Dit wat jy kies om van jouself te maak. Dit is jou houding, jou gewoontes die emosies wat jy ontwikkel. Jy is die skepper en onderhouer van jou tweede natuur!
Dit is jou keuse, dit is jy wat moet kies! Wil jy aangaan soos jy is of wil jy verander? Wil jy dat Jesus jou lewe beheer of vertrou jy net jouself en jou eie beginsels?
2Kor 5:17 Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.
Die saad wat jy deur jou beheer sentrum in jou lewe saai sal jou lewe vorm! God het in elkeen van ons die vermoë geplaas om ons eie lewe te beheer en te skep.
Dit wat jy van jouself dink en sê, is wie jy is!
Sp. 23:7 Want soos hy in sy siel bereken, so is hy
2Sag 22:26 By die liefderyke betoon U Uself liefderyk, by die opregte man opreg, by die reine, rein; maar by die valse betoon U Uself verkeerd. En U verlos die verdrukte volk, maar u oë is teen die hoogmoediges; U verneder hulle. Want U is my lamp, o HERE! En die HERE laat my duisternis opklaar. Want met U loop ek ‘n bende storm, met my God spring ek oor ‘n muur. Die weg van God is volmaak; die woord van die HERE is gelouter; Hy is ‘n skild vir almal wat by Hom skuil. Want wie is God buiten die HERE, en wie ‘n rots buiten onse God? Die God wat my sterk toevlug is, en Hy het vir my ‘n weg volkomelik uitgesoek.
Die Sukses model:
Die suksesvolle mense in die wêreld maak gebruik van hul verbeelding, om vooruit te beplan, hulle skep hul eie geestelike prent, en ‘n weg om dit te bereik. Wanneer jy ‘n huis bou, sien jy eers die gebou in jou beplanning voordat jy begin bou. Net so moet jy weet waar jy wil wees en wat jy wil bereik.
Kom ons kyk na:
Wanneer ons die feite het soos dit nou is, en as ons ‘n duidelike visie het wat ons wil bereik, sal dit dit energie ontwikkel asook die kriatiweteit om die werklikheid met die visie te vereenig en die konflik wat ontstaan oplos.
Wat belangrik is om jou visie te bereik is om toegewyd te wees. Kompromie sal veroorsaak dat jou kriatiewe onderbewussyn die energie om jou visie te bereik afskakel asook die kriatiwiteit wat sal veroorsaak dat jy nie jou visie kan bereik nie. (Dit is wanneer jou huidige omstandighede jou verhinder)
Doelwit
Slagspreek: (sê dit hardop vir jouself)
“Ek gaan my eie toekoms bepaal, ek is uniek, ek sal my eie rigting bepaal en is self verantwoordelik om sukses te behaal om elke doelwit te bereik.”
“Ek toegewyd is om my visie te bereik sal die oplossings van van tyd tot tyd kom en my help om die probleme wat ontstaan op te los”
“Ek kan en wil en sal”.
Kyk na jou lewe en stel vas wat jy wil verander en waar is daar tekorte wat jy kan verander of nuwes skep. Oorweeg die volgende:
Hoe gaan ek my visie bereik?
Moenie vir jouself ‘n val stel wat jou sal vashou by die “hoe” nie. Jy moet konsentreer wat jy wil bereik en Bid vir wysheid van die Here om dit te bereik.
Jou kreatiewe onderbewussyn sal daardie energie en kreatiwiteit ontwikkel om die "hoe" te bepaal. Skep vir jouself ’n toekomsvisie en sien jouself in wat jy wil bereik asof jy dit reeds bereik het. Dit sal spanning veroorsaak tussen die huidige werklikheid en jou visie. Dit sal die orde in jou lewe versteur. Wat jou sal motiveer en nuwe uitdagings in jou te skep.
Wees net versigtig dat jy nie terug beweeg na die huidige werklikheid nie, maar staan vas en hou jou visie. So maklik raak ‘n mens moedeloos en beweeg terug waar jy was en na die plek waar jy gemaklik is. Dit sal jou verhoed om jou visie te bereik, en jou visie sal altyd ‘n visie bly en nooit ‘n werklikheid word nie.
Gewoontes en Gesindheid
Om te wen en jou visie te bereik, vorm ‘n gewoonte en wil om te wen, ongelukkig word daar ook ‘n gewoonte gevorm as ons verloor.
Ons gaan in hierdie gedeelte na twee ander aspekte van ons onderbewusyn kyk: gewoontes en gesindhede.
Ons verstaan nou dat ons onderbewusyn baie take in ons allerdaagse lewe oorneem; soos bestuur van ‘n voertuig, tik werk dit wat ons doen sonder om dit self te beheer. Maar in ‘n wêreld wat aanhoudend verander is dit baie belangrik dat ons, ons gewoontes moet verander, anders bly ons agter in ons eie ontwikkeling.
Slagspreek:
“Dit is maklik vir my om my gewoontes en gesindheid te verander!”
Gesindheid
Dit is ‘n innerlike, emosie wat bepaal word deur dit wat met jou gebeur. Dit is ook die rigting wat jou lei na die doel wat jy wil bereik.
Wat gaan gebeur as jy ‘n groot droom het wat jy nie bereik nie? Vriende sal jou heelwaarskynlik aanraai om te bly soos jy is en tevrede te wees met jouself, omdat hulle nie wil hê dat jy vir jouself die lewe moelik maak nie. Dit is nie verkeerd om te faal nie. Jy het die vermoë om weer te probeer. As jy ophou droom en nie aanhou om te probeer nie sal jy nooit jou eie potensiaal ontdek nie.
As jy jouself nie kan sien in dit wat jy droom nie, sal jy dit nie bereik nie, omrede jy dit nooit sal probeer nie.
‘n Goeie afrigter
Wat doen ‘n goeie afrigter in my? Hy sien meer in my, as wat ek self sien! Kan ek my gesindheid verander? Mense wat ons vertel van ons swak gesindheid kan ons nie help om ons gesindheid te verander nie, omdat hulle nie weet wat gesindheid is nie.
Swak Gesindheid
Die loots van ‘n vliegtuig bepaal die gesindheid van sy vliegtuig, in verhouding met dit helling van ‘n vaste pint, die horison. Dit bepaal of hy gelyk vlieg of daal of styg. Net so word die gesindheid van die mense bepaal deur ‘n vaste pint in verhouding met hulle doel. Indien ons oorleen in die rigting van ons doel het ons ‘n positiewe gesindheid, indien ons weg van ons doel leen het ons ‘n negatiwe gesindheid.
Ons praat van negatiewe en positiewe gesindhede nie van goeie en slegte gesindhede nie!
Wat is ‘n negatiewe gesindheid? Dit is wanneer ons wegleun van dit waarvan ons nie hou nie omdat ons meen dat dit ons gaan seermaak of dit ons ongemaklik maak (wanneer jy uit jou gemaksoon beweeg).
Ons onderbewusyn sal ons baie kriatief help om dit wat ons seermaak te voorkom. Negatiewe gesindhede word bepaal deur “gemors-in gemors-uit” klasifikasie. Dit voorkom dat ons, ons volle potensiaal bereik.
Dit is belangrik om te weet dat ons nie gebore word met ons gesindheid nie. Ons het dit ontvang van ons eie ondervindings en van mense om ons. Dit is die tweede natuur van die mens. Verder moet u besef dat jou houding neutraal is totdat jou doel vasgestel is. Skaam of om huiwerig te wees is nie positief of negatief nie totdat ons, ons doel vasgestel het. Daarna sal ons vir sekere dinge skaam wees wat ons negatief maak en ander sal ons weer positief maak wat vir ons ‘n aanwins sal wees.
Volg ons gesindheid ons doel, of verhinder dit ons om ons doel te bereik? Daarom is dit belangrik dat ons dikwels ons gesindheid moet verander sodat ons, ons doel kan bereik. Dit kan gedoen word deur die verklaringsproses wat u nog gaan leer. Jy moet eerlik met jouself wees en mooi dink, sodat jy kan vastel watter gesindheid jou verhinder om jou doel te bereik. As jy dit vas gestel het moet jy dit verander! Dit is moontlik om jou gesindheid te verander maak nie saak wat dit is nie, jy is in beheer daarvan, tensy jy toelaat dat jou gesindheid jou beheer en jou toekoms bederf!
Gewoontes
Gewoontes is ook die mens se tweede natuur. Die tweede natuur is dit wat jy kan aanleer om deel van jou natuur te word. In die sewe gewoontes het ons gewoontes geleer wat ons effektief maak en wat ons help om die vorder van afhanklikheid na onafhanklikheid en tot interafhanklikheid. Slegte gewoontes kan jy afleer en goeie gewoontes kan jy aanleer. Dit is nie altyd maklik om nuwe gewoontes aan te leer nie, maar as dit eers daar is werk dit vanself. Dit is belangrik om gewoontes wat deel geword het van ons natuur te los, en nie daaraan te dink nie want dit steur die werking daarvan.
Visualisering
Baie mense probeer hard deur die dag om te wees wat hulle nie is nie. Hulle sien hulself in dit wat hulle graag wil wees. Moenie, want as jy hard probeer om te wees wat jy nie is nie, kry jy dit nie reg nie! Verandering kom van binne, en nie van buite nie. Om te verander moet jy jouself in die eerste persoon sien in die teenwoordige tyd, en verander jouself in jou innerlike en die uitterlike sal vanself verander. Ons gaan vervolgens kyk hoe dit wat ons glo in ons gekom het, en daarna hoe ons dit kan verander sodat ons, ons lewens kan verander.
Sp 23:7 Want soos hy in sy siel bereken, so is hy;
Sp 22:6 Gee leiding aan ‘n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie.
Om die werklikheid in te neem.
Ons selfbeeld reguleer die hoeveelheid en kwaliteit van ons lewe. Waar kom ons selfbeeld vandaan? Dit word geskep en verander deur dit wat ons met onsself praat!
Die onderbewusyn ken nie die verskil tussen werklike ondervinding en ons verbeelding nie.
Doel
Slagspreek:
“Dit is maklik om my prestasie te verbeter, ek moet net dit wat ek van myself sê verbeter.”
Sleutel gedagtes
Nederigheid
Dit is die ware skatting van ons vermoë en die herkenning, dat ons nooit iets sal bereik deur onsself nie.
Bekragtiging (erkening van swakheid, goedkeuring vas aan tradisie)
Om saam te stem met nederigheid
Selfbeeld
Dit is hoe jy jouself sien in vergelyking met ander mense. Dit kan wees hoe jy jouself fisies sien, of die idee wat jy van jouself het. Dit beïnvloed jou hele wese, en bepaal jou vooruitgang en jou gewildheid tussen jou vriende en familie. Die beeld wat jy van jouself het is hoe, jy dink, dat mense jou sien en wat hulle van jou dink, maar dit is nie altyd waar nie, dit is slegs jou siening! Dit is nie hoe ander mense jou ervaar nie. Indien jy ’n swak selfbeeld het, kritiseer jou jouself baie, en sien jy slegs jou swak punte raak en nie jou goeie punte nie, jy ontdek ook nie jou talente nie. Omdat jou swak selfbeeld dit verberg. Jou liggaamstaal, jou woorde en jou denke straal of verkondig jou selfbeeld uit, positief of negatief!
Denkwyse
Ons dink in drie dimensies: 1 Woorde; 2 Prente; 3 gevoel
Onthou dat jy verantwoordelik is vir die lewe wat jy van God ontvang het. Daar is verskillende magte wat inwerk om jou lewe te verwoes. Jy moet besluit of jy maar aangaan soos nou, en of jy wil verander. Die mens het drie hoofsaaklike vyande. Die Duiwel, die druk van die lewe, en jyself. Dit het tyd geword dat ons die Duiwel sal weerstaan, jou stand in te neem en nee vir die druk van die wêreld te sê, en ophou teen jouself te werk. Begin van binne jouself en verander jou uiterlike mens. Maak jou saak met God reg, nooi die Here in jou lewe, Hy sal jou krag gee om te verander. Laat toe dat God Sy doel in jou lewe bereik. Verwerklik jou droom en verskyf jou horison sodat jy jouself met God se hulp kan verander en vir jou ‘n nuwe lewe kan skep.
Jakobus 4:7 Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.
1Jon 5:19 Ons weet dat ons uit God is en die hele wêreld in die mag van die Bose lê.
Die grootste oorwinning wat jy by Jesus Christus ervaar is dat Hy jou verander om soos Hy te word; en as jy soos Jesus word dan oorwin jy die duiwel soos Jesus die duiwel oorwin het!
Joh 17:20-22 Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo—dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het. En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is.
Joh 15:7-8 As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry. Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal my dissipels wees.
Om met jouself te praat.
Alle mense praat met hulself. Dit wat jy dink en wat jy van jouself sê beheer jou lewe, dit wek jou emosies op en bepaal jou optrede. Ons dink in drie dimensies: Eerstens in woorde, die woorde skep prente en die prente skep die emosies, en ek riageer op my emosies. As iemand met my praat begin die proses, en soms gebeur dit dat die prentjie gevorm word voordat ek die volle boodskap gehoor het,wat veroorsaak dat ek verkeerd optree en verkeerd riageer omdat ek nie die volle boodskap ontvang het nie, of omdat ek my eie opienie vorm omdat ek nie die boodskap verstaan nie. Dit is hier wat gewoonte een van die sewe gewoontes toegepas moet word. (maak seker jy hoor reg voordat jy riageer)
Sodra iemand met my praat, praat ek ses keer vinniger met myself. Dit word beweer dat 50,000 gedagtes deur ons brein beweeg per dag. Elke gedagte word gestoor in die neuron’s van ons brein. Omdat ons onderbewusyn nie kan onderskei tussen die werklikheid en verbeelding nie aanvaar ons dit.
Kinders weet nie wie hulle is nie. Ouer mense, broers, susters onderwysers, ouers en vriende gee ons ‘n idee van wie ons is, of ons aantreklik of onaantreklik is, of ons slim of dom is. Omdat ons nie van beter weet nie aanvaar ons dit! Dit bekragting wat ons dink van onsself en skep tradisies in ons lewe wat die rigting van ons lewe bepaal. Ons gee in die meeste gevalle te veel krag aan ons ouers, en ander mense. Omdat ek aanneem wat ander van my sê vorm dit my selfbeeld.
In die besigheids wêreld word mense deur dieselfde manier opgesweep deur sanksies om te riageer. Wanneer ons ander se siening oor ons glo verloor ons wat aan ons behoort!
Ons moet versigting luister na al die opinies van ander mense wat oor ons uitgespreek word. Ons kan nie mense stop om ons te evalieer nie, maar ons is verantwoordelik om dit wat ons hoor te verwerp of aan te neem. Wanneer ons onsself verneder verlaag ons selfbeeld,
Negatiewe gedagtes verlaag ons selfbeeld en positiewe gedagtes verhoog ons selfbeeld.
Ons moet leer om dit wat ons van onself sê te beheer sodat dit positief en kostruktief (opbouend, wat voordeel inhou) sal wees,
Indien ons altyd positief en konstruktief van onsself praat, wat dan van nederigheid? Ons is geleer om nie te veel van onself te dink nie, en dat ons ander mense hoër as ons self te ag. Dit is waar, maar dit is nie nodig dat ons onself moet verlaag om laer as ander mense te wees nie, hoewel ons nie sleg van ander moet dink nie, net so moet ons onself oor nie verneder nie.
Nederigheid
Nederigheid is om jou eie waarde te waardeer. Wanneer komplemente van ander ontvang moet jy dit aanvaar. Ons moet vir die persoon bedank wat ons komplementeer en ons moet die mense wat tot ons sukses bydra hardop krediet gee. Die ware betekenis van nederigheid is die waarheid omtrent jouself.
Ware nederigheid het drie dele:
So baie van ons beweeg so vinnig deur die sukses wat ons behaal dat ons dit nie regtig waarneem nie. Dit is nodig om van tyd tot tyd terug te kyk daarna sodat dit ons kan aanspoor om nuwe hoogtes te behaal. Dink maar aan Dawid wat terug gekyk het hoe hy die skape van ‘n leeu en beer verlos het, en dit hom aangespoor het om Goliat te veg. Net so het Josua klippe in Gilgal opgerig as teken hoe hulle deur die Jordaan getrek het.
Wees versigtig wat jy vir ander mense sê, en hoe jy dit sê. Neem Jesus as voorbeeld, Hy het nie mense afgebreek nie maar opgebou, omdat hy die potensiaal in alle mense raak gesien het.
Joh 3:17 Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.
Skep jou eie toekoms deur jou gedagtes en woorde te rig in die die rigting van die droom wat jy vir jouself het, en moedig ander aan en help hulle om hulle drome te bereik. Verban alle negatiewe gedagtes van jouself en van ander mense uit jou lewe!
Fokus op die Oplossing nie op die probleem nie.
Ons moet probleme erken, maar dit is nie nodig dat ons daarop fokus nie, ons moet ons fokus stel op die oplossing. Verander jou probleem in ‘n uitdaging en skep ‘n oorwinnende lewe vol uitdaagings.
Gemak Sone
“Glorie kom slegs na die mense wat altyd daarvan droom” Charles Gaulle
Daar kom tye in alle mense se lewens wanneer jy ongemaklik voel, dit is daardie tye wat jy op jou swakste voel. Wat is die rede daarvoor? As jy in jou gemaksone is voel jy gemaklik en is jy op jou beste, sodra jy daaruit beweeg voel jy ongemaklik, jou selfbeeld verander en jou gesindheid verander.
J
ou gemak sone kom ooreen met jou selfbeeld. Jou selfbeeld bepaal die grense om jou, as jy daaruit beweeg trek dit jouself weer terug waar jy gemaklik voel, en waar jy verkies om te wees. Hoe hoër en meer positief jou selfbeeld is hoe gemakliker voel jy in hoë plekke en hoë makliker is waar jy sukses kan behaal, as dit laag is beperk dit jou vooruitgang.
Doel stellings:
“Ek geniet avontuur: Ek vergroot slegs my gemak sone deur my verbeelding en deur my siening”
Sleutel konsepte:
Interne Gemak sone.
Wat ons terug hou is nie ons uiterlike omstandighede nie maar onsself. Kom ons kyk wat verhinder ons effektieweteit.
Kom ons kyk na voorbeelde: Wanneer ek moet optree voor mense vergeet ek wat ek wil sê; Wanneer mense aan my voorgestel word vergeet ek hulle name. Wat gebeur werklik? Wanneer ek deur my sintuie agterkom dat ek uit my plek is veroorsaak die angs, wat my kennis uitblok. My kennis kan heeltemaal of gedeeltelik uitgeskakel word. Die presentasie hiervan word bepaal deur hoeveel ek uit my pad voel.
Angs het fisiese uitwerking op jou liggaam.. Die spiere van die boonste gedeelte van jou liggaam span styf, wat veroorsaak dat jy onhandig word en maklik verkeerde dinge doen. Dit kan ook die spiere om jou bors laat saamtrek wat jou benoud laat voel. Die spiere in jou skouers kan saamtrek wat die bloed vloeing na jou brein beperk wat jou lighoofdig laat voel of jou ‘n hoofpyn gee. Omdat jy angs beleef gee jou maag meer suur af wat pyn op dit maag laat kry, dit verhoog jou bloeddruk. Die rede van hierdie simtome is ‘n waarskuwing van jou liggaam om jou te help om hier uit te kom. Dit is nie wat ons weet wat ons effektief maak nie, maar ons kan gebruik in moeilike omstandighede.
DIE SUKSES SIRKEL
“Ons is geneig om te kry wat ons verwag” Norman Vicent Peale
Spr. 10:28 Die verwagting van die regverdiges is vreugde, maar die hoop van die goddelose vergaan.
God het ons gemaak na Sy Beeld en Gelykenis, en die duiwel asook die mense om ons en dit wat ons deur ons opvoeding beleef het, is die anker wat ons vashou sodat ons nie vooruit kan gaan nie.. Om sukses te behaal moet ons stelselmatig begin om ons onderbewusyn te her-programeer, sodat ons weer herstel kan word na die skepping wat God beplan het. Onthou altyd dat wat ons ookal beplan ons nie sonder God kan uitvoer nie. Die weg na ware geluk en oorwinning is wanneer jy jou onderwerp aan God se leiding.
Dit is belangrik om te besef dat dit wat jy van jouself sê en dit wat jy van jouself dink ‘n geweldige invloed op jou lewe het.
“God maak nie ‘n gemors nie, Sy werk is volmaak, Jy is die kunswerk van ‘n Hemelse kunstenaar wat trots is op SY skepping.”
Lees Gideon se verhaal in Rigters hoofstuk 6 en 7 Eers wil Gideon seker maak dat God met hom is, daarna het hy met driehonderd man duisende Midianiete verslaan. Jy kan ook oorwin as jy reg optree, reg dink, God vertrou en beweeg na jou oorwinning.
Slagspreek:
“Dit wat ek van myself sê is positief en konstruktief, ek ontwikkel myself opsetlik en sistemarties. Ek skep my eie toekoms.”
Sleutels.
Werklike weegskaal
Die skaal wat ons wys hoe om ons positiewe en negatiewe gesindhede, gebaseer op ervaarings van die verlede te ontwikkel.
Outomatiese beheer.
Net soos ‘n vliegtuig hom self outomaties kan beheer op “auto pilot”, so stuur ons selfbeeld ons optrede en reaksies ons in ons onderbewusyn outomaties. Indien ons ons selfbeeld kan verander sal ons ook ons optrede en reaksies kan verander.
Die gebruik van slagspreke om jou onderbewusyn steselmatig te herprogrameer.
Die volgende belangrike riglyne is belangrik om toe te pas:
Persoonlik
Die slagspreke gaan oor jou en het geen betrekking met die mense om jou nie. Jy moet eerste verander, voordat jy ‘n invloed kan hê op ander mense. Onthou jy kan slegs vir jouself ‘n nuwe rigting bepaal deur ‘n doel daar te stel. Daarom moet “ek” of “myself” altyd voorkom in die doel wat jy opstel. As iemand anders jou slagspreek lees sal dit selfsugtig vir hulle voorkom. Dit gaan slegs oor jou as ‘n persoon, jy het beheer oor jou eie gedagtes en oor dit wat in jou onderbewusyn is, en het geen beheer oor ander mense se gedagte wêreld nie. Hoewel jy hulle kan beinvloed deur jou optrede.
“Die manier wat ek ander mense behandel, bepaal hulle verhouding met my”
Positief
Die volgende belangrike reël is dat jou slagspreek positief moet wees, Woorde skep prente, prente skep emosies. Ons beweeg in die rigting van wat ons sien, Daarom moet ons visialiseer wat ons graag wil hê, en nie wat ons nie wil hê nie. Bekommernis in negatief. Indien daar iets is waarvan jy nie hou nie vra jouself “Wat wil ek hê.” Dit antwoord moet positief wees. Indien daar ‘n klip in jou pad is, moet jou fokus nie op die klip wees nie, maar op die weg om nie klip.
Teenswoordigetyd
Die doel wat jy wil bereik en jou slagspreek moet wees asof jy dit reeds bereik het. Jy kan nie vir jou ‘n doen stel deur te sê “Ek wil in drie maande se tyd slegs 75kg weeg nie.” Ons onderbewusyn riageer net op wat NOU gebeur en nie wat in die toekoms sal gebeur nie. Daar word te veel dinge uitgestel wat nooit bereik word nie.
Prestasies.
Ons moet die prestasies aantoon in die teenwoordigetyd!
“Die geveg is gewen, ek is ‘n kind van God. Ek het my doel bereik.”
Emosie.
Dit is belangrik dat ons slagspreek altyd emosie bevat. Ons denke bestaan uit die dimensies: woorde, prente en gevoel. Hoe meer emosies hoe vinniger verander ons! Daarom benodig ons woorde soos: begeerte; opgewonde; heerlik; lekker; maklik ens....
Slagspreke is nie towerkuns nie. Dit is daar om ons gedagtes en handelinge te verander sodat ons leefwyse kan verander. Dit moet ook nie ‘n opstel wees nie, maar in een sin saamgestel word. Indien dit reg opgestel word sal dit die regte verbeelding opwek!
Riglyne vir doel vassteling.
Sonder stelselmatige beplanning kan jou doel vassteling net vir jou probleme veroorsaak. Vra jouself:
Verantwoordelikheid
Jy moet verandwoordelikheid neem, dit is die grondslag van hierdie hele kursus! Die doel van hierdie kursus is daar om jou te wys hoe om ‘n sukses van jou lewe te maak. Verandwoordelikheid is nie ‘n las nie. Dit skep energie en kreatiweteit, en maak jou lewe interesant en opwindend!
“As dit moet gebeur is dit vir my om te skep.”
Mat 19:26 Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesê: By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik.
Mar 9:23 En Jesus sê vir hom: Wat dit betref—as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo.

- Ek is `n mislukking en kan niks regkry nie, omdat ek altyd verneder was.
- Ek is tot alles in staat omdat God my sal help, ek sal vir mense te wys dat ek suksesvol in alles is!
Dawid se broers het na die grootheid van Goliat gekyk en gevrees; Dawid het na God gekyk en Goliat verslaan. Hy het terug gedink hoe die Here hom die vermoë gegee het om `n leeu en beer te verslaan!
1Sam 17:33-36 Maar Saul het Dawid geantwoord: Jy kan nie na hierdie Filistyn gaan om teen hom te veg nie, want jy is ‘n seun, en hy is ‘n krygsman van sy jeug af. Daarop sê Dawid aan Saul: U dienaar het vir sy vader die kleinvee opgepas, en as daar ‘n leeu of ‘n beer kom en ‘n stuk kleinvee uit die trop wegdra, dan gaan ek uit agter hom aan en verslaan hom en ruk dit uit sy bek uit; en as hy my aanval, gryp ek hom aan sy baard en verslaan hom en maak hom dood. U dienaar het die leeu sowel as die beer doodgeslaan, en met hierdie onbesnede Filistyn sal dit gaan net soos met een van hulle, omdat hy die slagordes van die lewende God uitgedaag het.
Wanneer jy na jou vermoë kyk en sien hoe swak jy is, het jy klaar verloor. Wanneer jy in jouself en in God glo sal jy oorwin!
4 Jou Beheer sentrum
- Jou beheer sentrum is:
- Jou gedagtes.
- Jou emosies
- Jou voorige ervaarings wat in jou onderbewusyn gestoor word.
Emosionele Intelligensie:
- Selfbewusheid. (Maak besluite op gevoel)
- Selfdissipline. (Doen wat jy moet doen al is dit nie aangenaam nie)
- Selfmotivering. (Om resiltaat te kry al is dit nie maklik nie)
- Empathy. (Om saam te voel met ander mense)
- Sosiale. vaardigheid (Meng maklik met ander mense)
5 Die tweede natuur
Dit wat jy kies om van jouself te maak. Dit is jou houding, jou gewoontes die emosies wat jy ontwikkel. Jy is die skepper en onderhouer van jou tweede natuur!
Dit is jou keuse, dit is jy wat moet kies! Wil jy aangaan soos jy is of wil jy verander? Wil jy dat Jesus jou lewe beheer of vertrou jy net jouself en jou eie beginsels?
2Kor 5:17 Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.
Die saad wat jy deur jou beheer sentrum in jou lewe saai sal jou lewe vorm! God het in elkeen van ons die vermoë geplaas om ons eie lewe te beheer en te skep.
Dit wat jy van jouself dink en sê, is wie jy is!
Sp. 23:7 Want soos hy in sy siel bereken, so is hy
2Sag 22:26 By die liefderyke betoon U Uself liefderyk, by die opregte man opreg, by die reine, rein; maar by die valse betoon U Uself verkeerd. En U verlos die verdrukte volk, maar u oë is teen die hoogmoediges; U verneder hulle. Want U is my lamp, o HERE! En die HERE laat my duisternis opklaar. Want met U loop ek ‘n bende storm, met my God spring ek oor ‘n muur. Die weg van God is volmaak; die woord van die HERE is gelouter; Hy is ‘n skild vir almal wat by Hom skuil. Want wie is God buiten die HERE, en wie ‘n rots buiten onse God? Die God wat my sterk toevlug is, en Hy het vir my ‘n weg volkomelik uitgesoek.
Die Sukses model:
Die suksesvolle mense in die wêreld maak gebruik van hul verbeelding, om vooruit te beplan, hulle skep hul eie geestelike prent, en ‘n weg om dit te bereik. Wanneer jy ‘n huis bou, sien jy eers die gebou in jou beplanning voordat jy begin bou. Net so moet jy weet waar jy wil wees en wat jy wil bereik.
Kom ons kyk na:
- Die huidige weklikheid
- Jou visie (wat jy wil bereik)
- Motifeering en passie om jou vise te bereik
Wanneer ons die feite het soos dit nou is, en as ons ‘n duidelike visie het wat ons wil bereik, sal dit dit energie ontwikkel asook die kriatiweteit om die werklikheid met die visie te vereenig en die konflik wat ontstaan oplos.
Wat belangrik is om jou visie te bereik is om toegewyd te wees. Kompromie sal veroorsaak dat jou kriatiewe onderbewussyn die energie om jou visie te bereik afskakel asook die kriatiwiteit wat sal veroorsaak dat jy nie jou visie kan bereik nie. (Dit is wanneer jou huidige omstandighede jou verhinder)
Doelwit
- Die belangrikheid is om die feite van die werklikheid te verstaan.
- Die belangrikheid is om my visie neer te skryf sodat dit duidelik verstaanbaar is.
- Dat dit nie nodig is om te weet wat die stappe is om my visie te bereik nie.
Slagspreek: (sê dit hardop vir jouself)
“Ek gaan my eie toekoms bepaal, ek is uniek, ek sal my eie rigting bepaal en is self verantwoordelik om sukses te behaal om elke doelwit te bereik.”
“Ek toegewyd is om my visie te bereik sal die oplossings van van tyd tot tyd kom en my help om die probleme wat ontstaan op te los”
“Ek kan en wil en sal”.
Kyk na jou lewe en stel vas wat jy wil verander en waar is daar tekorte wat jy kan verander of nuwes skep. Oorweeg die volgende:
- In jou persoonlike lewe
- In jou gesins lewe
- In jou liefdes lewe
- In jou geestelike lewe
- In jou verhouding met ander mense om jou, vriende, ouers ens.
- In jou jou verhouding met God
- Dit wat jy graag wil bereik in die lewe
- Die tiepe mens wat jy graag wil weer vir jouself en vir ander.
Hoe gaan ek my visie bereik?
Moenie vir jouself ‘n val stel wat jou sal vashou by die “hoe” nie. Jy moet konsentreer wat jy wil bereik en Bid vir wysheid van die Here om dit te bereik.
Jou kreatiewe onderbewussyn sal daardie energie en kreatiwiteit ontwikkel om die "hoe" te bepaal. Skep vir jouself ’n toekomsvisie en sien jouself in wat jy wil bereik asof jy dit reeds bereik het. Dit sal spanning veroorsaak tussen die huidige werklikheid en jou visie. Dit sal die orde in jou lewe versteur. Wat jou sal motiveer en nuwe uitdagings in jou te skep.
Wees net versigtig dat jy nie terug beweeg na die huidige werklikheid nie, maar staan vas en hou jou visie. So maklik raak ‘n mens moedeloos en beweeg terug waar jy was en na die plek waar jy gemaklik is. Dit sal jou verhoed om jou visie te bereik, en jou visie sal altyd ‘n visie bly en nooit ‘n werklikheid word nie.
Gewoontes en Gesindheid
Om te wen en jou visie te bereik, vorm ‘n gewoonte en wil om te wen, ongelukkig word daar ook ‘n gewoonte gevorm as ons verloor.
Ons gaan in hierdie gedeelte na twee ander aspekte van ons onderbewusyn kyk: gewoontes en gesindhede.
Ons verstaan nou dat ons onderbewusyn baie take in ons allerdaagse lewe oorneem; soos bestuur van ‘n voertuig, tik werk dit wat ons doen sonder om dit self te beheer. Maar in ‘n wêreld wat aanhoudend verander is dit baie belangrik dat ons, ons gewoontes moet verander, anders bly ons agter in ons eie ontwikkeling.
Slagspreek:
“Dit is maklik vir my om my gewoontes en gesindheid te verander!”
Gesindheid
Dit is ‘n innerlike, emosie wat bepaal word deur dit wat met jou gebeur. Dit is ook die rigting wat jou lei na die doel wat jy wil bereik.
Wat gaan gebeur as jy ‘n groot droom het wat jy nie bereik nie? Vriende sal jou heelwaarskynlik aanraai om te bly soos jy is en tevrede te wees met jouself, omdat hulle nie wil hê dat jy vir jouself die lewe moelik maak nie. Dit is nie verkeerd om te faal nie. Jy het die vermoë om weer te probeer. As jy ophou droom en nie aanhou om te probeer nie sal jy nooit jou eie potensiaal ontdek nie.
As jy jouself nie kan sien in dit wat jy droom nie, sal jy dit nie bereik nie, omrede jy dit nooit sal probeer nie.
‘n Goeie afrigter
Wat doen ‘n goeie afrigter in my? Hy sien meer in my, as wat ek self sien! Kan ek my gesindheid verander? Mense wat ons vertel van ons swak gesindheid kan ons nie help om ons gesindheid te verander nie, omdat hulle nie weet wat gesindheid is nie.
Swak Gesindheid
- Het iemand al vir jou gesê dat jy ‘n swak gesindheid het?
- Het hulle jou gevra om jou gesindheid te verander?
- Om jou gesindheid te verander is om te weet wat gesindheid is.
Die loots van ‘n vliegtuig bepaal die gesindheid van sy vliegtuig, in verhouding met dit helling van ‘n vaste pint, die horison. Dit bepaal of hy gelyk vlieg of daal of styg. Net so word die gesindheid van die mense bepaal deur ‘n vaste pint in verhouding met hulle doel. Indien ons oorleen in die rigting van ons doel het ons ‘n positiewe gesindheid, indien ons weg van ons doel leen het ons ‘n negatiwe gesindheid.
Ons praat van negatiewe en positiewe gesindhede nie van goeie en slegte gesindhede nie!
Wat is ‘n negatiewe gesindheid? Dit is wanneer ons wegleun van dit waarvan ons nie hou nie omdat ons meen dat dit ons gaan seermaak of dit ons ongemaklik maak (wanneer jy uit jou gemaksoon beweeg).
Ons onderbewusyn sal ons baie kriatief help om dit wat ons seermaak te voorkom. Negatiewe gesindhede word bepaal deur “gemors-in gemors-uit” klasifikasie. Dit voorkom dat ons, ons volle potensiaal bereik.
Dit is belangrik om te weet dat ons nie gebore word met ons gesindheid nie. Ons het dit ontvang van ons eie ondervindings en van mense om ons. Dit is die tweede natuur van die mens. Verder moet u besef dat jou houding neutraal is totdat jou doel vasgestel is. Skaam of om huiwerig te wees is nie positief of negatief nie totdat ons, ons doel vasgestel het. Daarna sal ons vir sekere dinge skaam wees wat ons negatief maak en ander sal ons weer positief maak wat vir ons ‘n aanwins sal wees.
Volg ons gesindheid ons doel, of verhinder dit ons om ons doel te bereik? Daarom is dit belangrik dat ons dikwels ons gesindheid moet verander sodat ons, ons doel kan bereik. Dit kan gedoen word deur die verklaringsproses wat u nog gaan leer. Jy moet eerlik met jouself wees en mooi dink, sodat jy kan vastel watter gesindheid jou verhinder om jou doel te bereik. As jy dit vas gestel het moet jy dit verander! Dit is moontlik om jou gesindheid te verander maak nie saak wat dit is nie, jy is in beheer daarvan, tensy jy toelaat dat jou gesindheid jou beheer en jou toekoms bederf!
Gewoontes
Gewoontes is ook die mens se tweede natuur. Die tweede natuur is dit wat jy kan aanleer om deel van jou natuur te word. In die sewe gewoontes het ons gewoontes geleer wat ons effektief maak en wat ons help om die vorder van afhanklikheid na onafhanklikheid en tot interafhanklikheid. Slegte gewoontes kan jy afleer en goeie gewoontes kan jy aanleer. Dit is nie altyd maklik om nuwe gewoontes aan te leer nie, maar as dit eers daar is werk dit vanself. Dit is belangrik om gewoontes wat deel geword het van ons natuur te los, en nie daaraan te dink nie want dit steur die werking daarvan.
Visualisering
Baie mense probeer hard deur die dag om te wees wat hulle nie is nie. Hulle sien hulself in dit wat hulle graag wil wees. Moenie, want as jy hard probeer om te wees wat jy nie is nie, kry jy dit nie reg nie! Verandering kom van binne, en nie van buite nie. Om te verander moet jy jouself in die eerste persoon sien in die teenwoordige tyd, en verander jouself in jou innerlike en die uitterlike sal vanself verander. Ons gaan vervolgens kyk hoe dit wat ons glo in ons gekom het, en daarna hoe ons dit kan verander sodat ons, ons lewens kan verander.
Sp 23:7 Want soos hy in sy siel bereken, so is hy;
Sp 22:6 Gee leiding aan ‘n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie.
Om die werklikheid in te neem.
- Wanneer jy ‘n persoon sien wat jou beindruk en streef om sy voorbeeld te volg.
- Wanneer jy ‘n persoon sien wat nie reg optree nie ondersoek jouself.
Ons selfbeeld reguleer die hoeveelheid en kwaliteit van ons lewe. Waar kom ons selfbeeld vandaan? Dit word geskep en verander deur dit wat ons met onsself praat!
Die onderbewusyn ken nie die verskil tussen werklike ondervinding en ons verbeelding nie.
Doel
- Leer hoe om die negatiewe praatjies met jouself uit te skakel.
- Gebruik dit wat jy van jouself sê om jou sistematies te verander om jou doel te bereik.
Slagspreek:
“Dit is maklik om my prestasie te verbeter, ek moet net dit wat ek van myself sê verbeter.”
Sleutel gedagtes
Nederigheid
Dit is die ware skatting van ons vermoë en die herkenning, dat ons nooit iets sal bereik deur onsself nie.
Bekragtiging (erkening van swakheid, goedkeuring vas aan tradisie)
Om saam te stem met nederigheid
Selfbeeld
Dit is hoe jy jouself sien in vergelyking met ander mense. Dit kan wees hoe jy jouself fisies sien, of die idee wat jy van jouself het. Dit beïnvloed jou hele wese, en bepaal jou vooruitgang en jou gewildheid tussen jou vriende en familie. Die beeld wat jy van jouself het is hoe, jy dink, dat mense jou sien en wat hulle van jou dink, maar dit is nie altyd waar nie, dit is slegs jou siening! Dit is nie hoe ander mense jou ervaar nie. Indien jy ’n swak selfbeeld het, kritiseer jou jouself baie, en sien jy slegs jou swak punte raak en nie jou goeie punte nie, jy ontdek ook nie jou talente nie. Omdat jou swak selfbeeld dit verberg. Jou liggaamstaal, jou woorde en jou denke straal of verkondig jou selfbeeld uit, positief of negatief!
Denkwyse
Ons dink in drie dimensies: 1 Woorde; 2 Prente; 3 gevoel
Onthou dat jy verantwoordelik is vir die lewe wat jy van God ontvang het. Daar is verskillende magte wat inwerk om jou lewe te verwoes. Jy moet besluit of jy maar aangaan soos nou, en of jy wil verander. Die mens het drie hoofsaaklike vyande. Die Duiwel, die druk van die lewe, en jyself. Dit het tyd geword dat ons die Duiwel sal weerstaan, jou stand in te neem en nee vir die druk van die wêreld te sê, en ophou teen jouself te werk. Begin van binne jouself en verander jou uiterlike mens. Maak jou saak met God reg, nooi die Here in jou lewe, Hy sal jou krag gee om te verander. Laat toe dat God Sy doel in jou lewe bereik. Verwerklik jou droom en verskyf jou horison sodat jy jouself met God se hulp kan verander en vir jou ‘n nuwe lewe kan skep.
Jakobus 4:7 Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.
1Jon 5:19 Ons weet dat ons uit God is en die hele wêreld in die mag van die Bose lê.
Die grootste oorwinning wat jy by Jesus Christus ervaar is dat Hy jou verander om soos Hy te word; en as jy soos Jesus word dan oorwin jy die duiwel soos Jesus die duiwel oorwin het!
Joh 17:20-22 Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo—dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het. En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is.
Joh 15:7-8 As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry. Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal my dissipels wees.
Om met jouself te praat.
Alle mense praat met hulself. Dit wat jy dink en wat jy van jouself sê beheer jou lewe, dit wek jou emosies op en bepaal jou optrede. Ons dink in drie dimensies: Eerstens in woorde, die woorde skep prente en die prente skep die emosies, en ek riageer op my emosies. As iemand met my praat begin die proses, en soms gebeur dit dat die prentjie gevorm word voordat ek die volle boodskap gehoor het,wat veroorsaak dat ek verkeerd optree en verkeerd riageer omdat ek nie die volle boodskap ontvang het nie, of omdat ek my eie opienie vorm omdat ek nie die boodskap verstaan nie. Dit is hier wat gewoonte een van die sewe gewoontes toegepas moet word. (maak seker jy hoor reg voordat jy riageer)
Sodra iemand met my praat, praat ek ses keer vinniger met myself. Dit word beweer dat 50,000 gedagtes deur ons brein beweeg per dag. Elke gedagte word gestoor in die neuron’s van ons brein. Omdat ons onderbewusyn nie kan onderskei tussen die werklikheid en verbeelding nie aanvaar ons dit.
Kinders weet nie wie hulle is nie. Ouer mense, broers, susters onderwysers, ouers en vriende gee ons ‘n idee van wie ons is, of ons aantreklik of onaantreklik is, of ons slim of dom is. Omdat ons nie van beter weet nie aanvaar ons dit! Dit bekragting wat ons dink van onsself en skep tradisies in ons lewe wat die rigting van ons lewe bepaal. Ons gee in die meeste gevalle te veel krag aan ons ouers, en ander mense. Omdat ek aanneem wat ander van my sê vorm dit my selfbeeld.
In die besigheids wêreld word mense deur dieselfde manier opgesweep deur sanksies om te riageer. Wanneer ons ander se siening oor ons glo verloor ons wat aan ons behoort!
Ons moet versigting luister na al die opinies van ander mense wat oor ons uitgespreek word. Ons kan nie mense stop om ons te evalieer nie, maar ons is verantwoordelik om dit wat ons hoor te verwerp of aan te neem. Wanneer ons onsself verneder verlaag ons selfbeeld,
Negatiewe gedagtes verlaag ons selfbeeld en positiewe gedagtes verhoog ons selfbeeld.
Ons moet leer om dit wat ons van onself sê te beheer sodat dit positief en kostruktief (opbouend, wat voordeel inhou) sal wees,
Indien ons altyd positief en konstruktief van onsself praat, wat dan van nederigheid? Ons is geleer om nie te veel van onself te dink nie, en dat ons ander mense hoër as ons self te ag. Dit is waar, maar dit is nie nodig dat ons onself moet verlaag om laer as ander mense te wees nie, hoewel ons nie sleg van ander moet dink nie, net so moet ons onself oor nie verneder nie.
Nederigheid
Nederigheid is om jou eie waarde te waardeer. Wanneer komplemente van ander ontvang moet jy dit aanvaar. Ons moet vir die persoon bedank wat ons komplementeer en ons moet die mense wat tot ons sukses bydra hardop krediet gee. Die ware betekenis van nederigheid is die waarheid omtrent jouself.
Ware nederigheid het drie dele:
- Om dankbaar te wees en om ‘n ander te bedank daarvoor.
- Om hardop krediet te gee vir die mense wat jou aanmoedig om sukses te behaal.
- Om jouself krediet te gee vir dit wat jy bereik het.
So baie van ons beweeg so vinnig deur die sukses wat ons behaal dat ons dit nie regtig waarneem nie. Dit is nodig om van tyd tot tyd terug te kyk daarna sodat dit ons kan aanspoor om nuwe hoogtes te behaal. Dink maar aan Dawid wat terug gekyk het hoe hy die skape van ‘n leeu en beer verlos het, en dit hom aangespoor het om Goliat te veg. Net so het Josua klippe in Gilgal opgerig as teken hoe hulle deur die Jordaan getrek het.
Wees versigtig wat jy vir ander mense sê, en hoe jy dit sê. Neem Jesus as voorbeeld, Hy het nie mense afgebreek nie maar opgebou, omdat hy die potensiaal in alle mense raak gesien het.
Joh 3:17 Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.
Skep jou eie toekoms deur jou gedagtes en woorde te rig in die die rigting van die droom wat jy vir jouself het, en moedig ander aan en help hulle om hulle drome te bereik. Verban alle negatiewe gedagtes van jouself en van ander mense uit jou lewe!
Fokus op die Oplossing nie op die probleem nie.
Ons moet probleme erken, maar dit is nie nodig dat ons daarop fokus nie, ons moet ons fokus stel op die oplossing. Verander jou probleem in ‘n uitdaging en skep ‘n oorwinnende lewe vol uitdaagings.
Gemak Sone
“Glorie kom slegs na die mense wat altyd daarvan droom” Charles Gaulle
Daar kom tye in alle mense se lewens wanneer jy ongemaklik voel, dit is daardie tye wat jy op jou swakste voel. Wat is die rede daarvoor? As jy in jou gemaksone is voel jy gemaklik en is jy op jou beste, sodra jy daaruit beweeg voel jy ongemaklik, jou selfbeeld verander en jou gesindheid verander.
J
ou gemak sone kom ooreen met jou selfbeeld. Jou selfbeeld bepaal die grense om jou, as jy daaruit beweeg trek dit jouself weer terug waar jy gemaklik voel, en waar jy verkies om te wees. Hoe hoër en meer positief jou selfbeeld is hoe gemakliker voel jy in hoë plekke en hoë makliker is waar jy sukses kan behaal, as dit laag is beperk dit jou vooruitgang.
Doel stellings:
- Die praktiese belangrikheid van jou gemak sone.
- My gemak sone is die huidige werklikheid, maar dit hoef nie my vooruitgang te beperk nie en kan verander word.
- Ek het nie slegte en goeie dae nie – Ek het gemak sone.
“Ek geniet avontuur: Ek vergroot slegs my gemak sone deur my verbeelding en deur my siening”
Sleutel konsepte:
- Angs. Dit is ‘n ongemaklike, emosionele staat en veroorsaak vrees of nood.
- Persoonlike beheer. Die vermoë om jou self reg te ruk. Dit gebeur in jou selfbeeld
- Spanning. 'n Emosioneel toestand van rusteloosheid of geestelike uitputting.
Interne Gemak sone.
Wat ons terug hou is nie ons uiterlike omstandighede nie maar onsself. Kom ons kyk wat verhinder ons effektieweteit.
Kom ons kyk na voorbeelde: Wanneer ek moet optree voor mense vergeet ek wat ek wil sê; Wanneer mense aan my voorgestel word vergeet ek hulle name. Wat gebeur werklik? Wanneer ek deur my sintuie agterkom dat ek uit my plek is veroorsaak die angs, wat my kennis uitblok. My kennis kan heeltemaal of gedeeltelik uitgeskakel word. Die presentasie hiervan word bepaal deur hoeveel ek uit my pad voel.
Angs het fisiese uitwerking op jou liggaam.. Die spiere van die boonste gedeelte van jou liggaam span styf, wat veroorsaak dat jy onhandig word en maklik verkeerde dinge doen. Dit kan ook die spiere om jou bors laat saamtrek wat jou benoud laat voel. Die spiere in jou skouers kan saamtrek wat die bloed vloeing na jou brein beperk wat jou lighoofdig laat voel of jou ‘n hoofpyn gee. Omdat jy angs beleef gee jou maag meer suur af wat pyn op dit maag laat kry, dit verhoog jou bloeddruk. Die rede van hierdie simtome is ‘n waarskuwing van jou liggaam om jou te help om hier uit te kom. Dit is nie wat ons weet wat ons effektief maak nie, maar ons kan gebruik in moeilike omstandighede.
DIE SUKSES SIRKEL
“Ons is geneig om te kry wat ons verwag” Norman Vicent Peale
Spr. 10:28 Die verwagting van die regverdiges is vreugde, maar die hoop van die goddelose vergaan.
God het ons gemaak na Sy Beeld en Gelykenis, en die duiwel asook die mense om ons en dit wat ons deur ons opvoeding beleef het, is die anker wat ons vashou sodat ons nie vooruit kan gaan nie.. Om sukses te behaal moet ons stelselmatig begin om ons onderbewusyn te her-programeer, sodat ons weer herstel kan word na die skepping wat God beplan het. Onthou altyd dat wat ons ookal beplan ons nie sonder God kan uitvoer nie. Die weg na ware geluk en oorwinning is wanneer jy jou onderwerp aan God se leiding.
Dit is belangrik om te besef dat dit wat jy van jouself sê en dit wat jy van jouself dink ‘n geweldige invloed op jou lewe het.
“God maak nie ‘n gemors nie, Sy werk is volmaak, Jy is die kunswerk van ‘n Hemelse kunstenaar wat trots is op SY skepping.”
Lees Gideon se verhaal in Rigters hoofstuk 6 en 7 Eers wil Gideon seker maak dat God met hom is, daarna het hy met driehonderd man duisende Midianiete verslaan. Jy kan ook oorwin as jy reg optree, reg dink, God vertrou en beweeg na jou oorwinning.
Slagspreek:
“Dit wat ek van myself sê is positief en konstruktief, ek ontwikkel myself opsetlik en sistemarties. Ek skep my eie toekoms.”
Sleutels.
Werklike weegskaal
Die skaal wat ons wys hoe om ons positiewe en negatiewe gesindhede, gebaseer op ervaarings van die verlede te ontwikkel.
Outomatiese beheer.
Net soos ‘n vliegtuig hom self outomaties kan beheer op “auto pilot”, so stuur ons selfbeeld ons optrede en reaksies ons in ons onderbewusyn outomaties. Indien ons ons selfbeeld kan verander sal ons ook ons optrede en reaksies kan verander.
Die gebruik van slagspreke om jou onderbewusyn steselmatig te herprogrameer.
Die volgende belangrike riglyne is belangrik om toe te pas:
Persoonlik
Die slagspreke gaan oor jou en het geen betrekking met die mense om jou nie. Jy moet eerste verander, voordat jy ‘n invloed kan hê op ander mense. Onthou jy kan slegs vir jouself ‘n nuwe rigting bepaal deur ‘n doel daar te stel. Daarom moet “ek” of “myself” altyd voorkom in die doel wat jy opstel. As iemand anders jou slagspreek lees sal dit selfsugtig vir hulle voorkom. Dit gaan slegs oor jou as ‘n persoon, jy het beheer oor jou eie gedagtes en oor dit wat in jou onderbewusyn is, en het geen beheer oor ander mense se gedagte wêreld nie. Hoewel jy hulle kan beinvloed deur jou optrede.
“Die manier wat ek ander mense behandel, bepaal hulle verhouding met my”
Positief
Die volgende belangrike reël is dat jou slagspreek positief moet wees, Woorde skep prente, prente skep emosies. Ons beweeg in die rigting van wat ons sien, Daarom moet ons visialiseer wat ons graag wil hê, en nie wat ons nie wil hê nie. Bekommernis in negatief. Indien daar iets is waarvan jy nie hou nie vra jouself “Wat wil ek hê.” Dit antwoord moet positief wees. Indien daar ‘n klip in jou pad is, moet jou fokus nie op die klip wees nie, maar op die weg om nie klip.
Teenswoordigetyd
Die doel wat jy wil bereik en jou slagspreek moet wees asof jy dit reeds bereik het. Jy kan nie vir jou ‘n doen stel deur te sê “Ek wil in drie maande se tyd slegs 75kg weeg nie.” Ons onderbewusyn riageer net op wat NOU gebeur en nie wat in die toekoms sal gebeur nie. Daar word te veel dinge uitgestel wat nooit bereik word nie.
Prestasies.
Ons moet die prestasies aantoon in die teenwoordigetyd!
“Die geveg is gewen, ek is ‘n kind van God. Ek het my doel bereik.”
Emosie.
Dit is belangrik dat ons slagspreek altyd emosie bevat. Ons denke bestaan uit die dimensies: woorde, prente en gevoel. Hoe meer emosies hoe vinniger verander ons! Daarom benodig ons woorde soos: begeerte; opgewonde; heerlik; lekker; maklik ens....
Slagspreke is nie towerkuns nie. Dit is daar om ons gedagtes en handelinge te verander sodat ons leefwyse kan verander. Dit moet ook nie ‘n opstel wees nie, maar in een sin saamgestel word. Indien dit reg opgestel word sal dit die regte verbeelding opwek!
Riglyne vir doel vassteling.
Sonder stelselmatige beplanning kan jou doel vassteling net vir jou probleme veroorsaak. Vra jouself:
- Kan dit jou lewe help balanseer?
- Sluit dit aan by jou ander doel stellings?
- Is daar genoeg doel stellings
- Watter geestelike voordele is daar?