Gewoontes & Beginsels wat jou lewe bestuur
INLEIDING As pelgrims op weg na ‘n suksesvolle lewe in Christus, is dit belangrik dat jy vleeslike en geestelike groei sal toon. Ons is geskape na die beeld en gelykenis van God, en hierdie hele kursus se doel is nog steeds om jou op ‘n weg te plaas waarin jy kan groei sodat jy suksesvol kan wees op alle vlakke van jou lewe.
In hierdie gedeelte van die kursus wil ek jou gewoontes leer wat jou sal ontwikkel van:
Afhanklikheid tot onafhanklikheid en dan na interafhanklikheid. Jy sal leer om die lewe uit ‘n ander hoek te sien, of soos die mense vandag sê: jy moet ‘n paradigma skyf ondervind. ‘n Paradigma is die manier waarop ‘n mens die wêreld om hom sien, verstaan en interpreteer. Dit is jou lewens uitkyk of die bril waardeur jy die dinge om jou is sien. (a Mental map)
Studies het getoon dat as ‘n mens ‘n gewoonte vir 21 dae beoefen dit deel van jou lewe word. Daar is so baie lelike gewoontes wat geensins voordele vir mense inhou nie. Hierdie gewoontes sal jou help om hoogs effektief te wees in jou alledaagse lewe en jou geestelike lewe. Voordat ons met die gewoontes begin is daar ‘n paar dinge wat jy moet weet.
As jy groot veranderings wil meebring moet jy eerstens ‘n paradigma skyf maak. Ons moet die ou manier van dink laat vaar en dit in ‘n nuwe lig aanskou.
As jy klein veranderings wil sien, werk aan jou handelinge; as jy geweldige groot veranderings wil sien, werk aan jou paradigmas. Stephen R. Convey
SELFVERVULDE PROFESIE
Ons paradigmas of persepsies van mense beinvloed hulle op die wyse wat ons hulle behandel. Deur ons denke van ander mense hanteer ons hulle, en dit gee hulle ‘n beeld van hulself wat hul prestasie beinvloed. Dit kom nie altyd net van woorde nie, die grootste deel kom van ons lyf taal wat hulle sien. Net so lees jy ook ander mense en vorm jy ‘n beeld van jouself. Met ander woorde die vordering van mense wat naby jou is (kinders) word deur jou denke beinvloed, net so beinvloed jy jou vriende sowel as jou huweliksmaat se lewe deur dit wat jy van hulle dink. Al sou jy mooi woorde vir hulle sê en al sou jy hulle aanmoedig met woorde sal dit geen uitwerking op hulle hê nie, om mense aan te moedig moet jy jou denke van hulle verander!
Hoe sien jy ander mense
Hier volg ‘n paar vrae waarmee jy kan vastel hoe jy teen ander mense optree:
PROSESSE
Elke gedeelte van hierdie kursus handel oor grondbeginsels en paradigmas wat deel uit maak van sekere gewoonte. Dit sal ook ‘n proses voorstel waarby jy moet hou om die gewoonte toe te pas. Soos jy daardeur werk gebruik dit en implementeer dit in jou lewe. Die proses vorm dan ‘n nuwe gewoonte. Dit is die gereedskap wat jy gaan gebruik om ‘n gewoonte te vorm en dit instand te hou. Die vraag is: Wil jy bly soos jy is, of wil jy jouself verbeter? Dit is jou keuse! Dit hang af of jy sukses vol wil wees of nie.
KARAKTER EN BEVOEGDHEID
Karakter: ‘n Persoon met ‘n sterk karakter vertoon integriteit, volwassenheid en oorvloedige mentaliteit (geeskrag of denkwyse).
Bevoegdheid: ‘n Persoon met ‘n hoë bevoegdheid het kennis en vermoë op ‘n sekere gebied.
Om effektief te wees op enige gebied is dit belangrik dat daar ‘n balans gehou moet word tussen ‘n sterk karakter en hoë bevoegdheid. As mense hierdie balans behou, sal hulle, hulle betroubaarheid bou asook hulle vertroue in ander mense.
WAARDES-is veranderbaar
Die waarde of prioriteit wat ons op mense, dinge, idees of grondbeginsels plaas.
Eie keuses; geloof en idees
Kom van binne die mens, subjektief (persoonlike seining of oordeel), gebaseer op jou siening van die wêreld
Beinvloed deur ouers, samelewing en persoonlike ondervindings
GRONDBEGINSELS ( PRINSIEP, UITGANGSPUNT)-onveranderbaar
Grondbeginsels is die natuur wette, fondamentele waarhede asook Bybelse beginsels. Dit is die grondslag waarop jy jou fondasie bou, soos natuur wette wat nie kan verander nie. Indien jy dit verander sal jou lewe inmekaar val!
Onderhouds Beginsels
Sorg jy slegs vir vandag, of maak jy seker dat jou bronne vir jou toekoms sorg
Die eerste beginsel wat jy moet leer is om dit wat jy besit op te pas en te waardeer. Jou gesondheid, jou vriende, jou huweliksmaat, jou werk, ens.
Die verhaal word vertel van ‘n plaas Boer wat op ‘n dag op sy plaas gestap het. Net naby ‘n dam wat vir die eende ingerig was het hy iets wat ‘n hoë glans in die nes van ‘n eend gesien. Hy het dit opgetel. Groot was sy verbasing toe hy vind dat dit ‘n goue eier was. Omdat hy finansieel swaar gekry het, het hy dadelik na die dorp vertrek om die eier te verkoop. Die volgende dag het hy weer gaan kyk in die nes van die eend, en weer het hy ‘n goue eier daar gevind. Dit het so aangegaan vir twee weke, en dit het ‘n goeie inkomste vir die Boer gebring. Maar die proses was te stadig vir die Boer, hy wou meer as net een eier op ‘n dag hê. Hy het toe besluit om die eend te slag en dit wat die goue eiers maak uit die eend te verwyder sodat hy self vinniger goue eiers kon maak.
Maar nadat hy die eend geslag het, kom hy niks vind in die eend wat goud maak nie. Gevolglik het sy bron van inkomste opgehou. Die eend was dood, en hy was self die oorsaak van sy probleem. Omdat hy nie vir die eend gesorg het nie, het hy die bron van sy inkomste verloor.
Kom ons kyk na ‘n paar voorbeelde:
Verhouding Beginsels
DIE EMOSIONELE BANK
Die emosionele bank is die metafoor (beeldspraak); van vertroue wat bestaan in ‘n verhouding. Dit word voorgestel as die interaksie tussen twee persone waar daar inbetalings en onttrekking plaas vind. Inbetalings bou die verhouding en onttrekking breek die verhouding af. Kyk na die inkomste en die uitgawe staat hieronder. Vergelyk dit met jou verhouding met die mense by jou huis, by die werk en met jou vriende en mede gelowiges.
Inkomste Uitgawe
Vriendelikheid Onvriendelikheid
Hoflikheid Ongemanierdheid
Hou Beloftes Kom beloftes nie na nie
Praat nie uit nie. Skinder
Erken eie foute. Vol verskonings
Daar is nog baie wat jy kan byvoeg.
Hoe verder jou Emosionele Bank in die rooi is, hoe langer neem dit om dit weer in die blou te kry. Dit is ongelukkig in die mens se natuur om die negatiewe eerder te onthou as die positiewe. Daarom is dit so belangrik dat jy, in jou verhoudings met alle mense sal sorg dat jou Emosionele Bank, altyd in die blou is. Sodra daar om een of ander rede ‘n onttrekking plaasvind, sorg dan dat jy dadelik ‘n inbetaling doen.
“Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle doen” Matt. 7:12
Lees ook Mat 5:38-48
“Niks kan jou minderwaardig laat voel sonder jou eie keuse nie” Eleanor Roosevelt
“Hulle kan nie jou self-respek wegneem as jy dit nie vir hulle gee nie” Mahatma Gandi
Hierdie gewoontes kan toegepas word op al vier vlakke van leierskap:
Persoonlike vertroue, interpersoonlike vertroue, bestuursvermoë en organiseringsvermoë.
Hoewel hierdie kursus konsentreer op die bestuurs en organiseerings vermoë.
Leierskap groei uit persoonlike vertroue en onderlinge vertroue. Om ander mense te lei en hulle vertroue te wen moet die leier ‘n sterk karakter en persoonlike vermoë besit om die taak te verrig, hy moet ook die voorbeeld stel sodat hy ander se vertroue kan wen. (sien hierbo wat karakter en vermoë is)
Interpersoonlike leierskap word gebou op vertroue. Vertroue kom van betrouenswaardige persone en dit bring samewerking en spanwerk. Vetroue is die hoogste vorm van motifering tussen mense, en dit alleen bou sterk verhoudings. Vertroue kan nie afgedwing word nie, dit moet verdien word.
“Sow a thought, reap an action
Sow an action, reap a habit
Sow a habit, reap a character
Sow a character, reap a destiny”
Ons vorm eers ons gewoontes, dan vorm ons gewoontes ons!
Die eerste gewoonte is: WEES PROAKTIEF.
Die gewoonte van beplanning of programmering van ‘n nuwe lewe. Dit is hier waar u begin om `n gesonde grondslag neer te lê
Sleutel Paradigm of jou nuwe sienswyse
Proaktiewe gedrag.
Proaktiewe mense maak gebruik van hul vryheid om te kies, sodat hulle reageer volgens hulle waardes (sien waardes hierbo). Dit vergroot die afstand tussen die stimulus (dit wat gebeur) en die respons (reaksie)
Hulle dink voordat hulle optree: Hulle maak seker dat hulle verstaan voordat hulle riageer!
Voorbeelde:
Viktor Frankl, ‘n Joodse gevangene in die konsentrasie kamp gedurende die tweede wêreld oorlog. Hy het uitgevind dat ‘n proaktiewe houding werklik die laaste van ‘n mens se vryhede is.
Hy het soos volg gesê:
“Ons wat in die konsentrasie kampe was weet wat dit beteken om ander mense wat in dieselfde omstandighede as ons was, te bemoedig deur jou laaste stukkie brood aan hulle te gee. Daar mag min van ons wees wat dit gedoen het, maar ons het geleer dat ons alles kan verloor. Maar niemand kan ons vryheid van keuse wegneem nie. Om jou eie houding te kies in alle omstandighede is jou keuse, en niemand kan dit van jou wegneem nie.”
Daar word vertel van die man wat na ‘n besige dag ontspan het in ‘n park. Terwyl hy daar sit, kom daar ‘n pa en sy kinders aan. Die pa het langs hom op die bankie gaan sit, terwyl dit kinders ‘n geweldige geraas gemaak het. Hy het na die pa gekyk, en hom vererg vir die kinders. Hy kon nie verstaan waarom die pa nie sy kinders maniere kon leer nie. Na ‘n ruk kon hy dit nie meer uithou nie. Hy het na die pa gekyk en hom gevra: “Ag nee man, praat tog met jou kinders hulle steur almal in die park! “ Die pa het hom aangekyk en gesê: “Ek wens ek het geweet wat om vir hulle te sê, hulle moeder het gesterf en ek weet nie hoe om dit vir hulle te sê nie, hulle was so lief vir haar...” Die man het na die kinders gekyk en hulle baie jammer gekry. Omdat hy nou die omstandighede verstaan het, het hy die kinders in ‘n heel ander lig aanskou.
Proaktiewe mense spring nie dadelik tot gevolgtrekkings nie. Voordat hulle riageer maak hulle eers seker wat die toestand is voordat optree. Net so kan jy jou optrede self kies en nie toelaat dat omstandighede jou beheer nie.
Mense vertel soms stories wat ander mense baie bekommerd maak, dan vergroot jy dit nog deur daarby negatiewe gedagtes te voeg. Proaktiewe mense wag totdat hulle die volle waarheid hoor voordat hulle reageer.
Dit is nie wat mense aan ons doen wat ons seermaak nie. In werklikheid is dit ons reaksie wat volg nadat mense ons seergemaak het, wat ons seer maak. (hoe ons dit verwerk)
Onafhanklike Wil:
God het vir elke mense die reg van eie keuse gegee het. Dit kan hanteer word, onafhanklik van uiterlike invloede. Indien jy nie beheer daaroor het nie, word die keuses uitgevoer deur die inligting wat in jou onderbewussyn is. – Dit wat jy voorheen ervaar het, of dit wat ander jou vertel het, en wat jy as waarheid aangeneem het.
Persoonlike oeffening:
Dink aan 'n situasie wat jou gefrustreerd of ongelukkig gemaak het, skryf dit neer.
TAAL VAN PROAKTIEWE EN REAKTIEWE MENSE
Proaktiewe fokus Reaktiwe fokus
“Ek kies my eie weg” “Ek moet gaan”
“Ek kan my emosies beheer.” “Ek word so kwaad.”
“Kom ons vind alternatiewe” “Daar is niks wat ek kan doen nie.”
“Ek kan………..” “As ek maar net………”
“Elke keer as jy dink dat daar ‘n probleem is, is jou gedagte die probleem.”
“Elke mens het die keuse om sy eie besluite te neem.
“Nothing can make you feel inferior without your consent.” – Eleanor Roosevelt
“They cannot take away our self-respect if we do not give it to them.” -Mahatma Gandhi
Mense wat 'n reaktiewe fokus het, word beheer deur omstandighede rondom hulle. Hulle is so besorg oor probleme dat hul invloed krimp. Hulle is mense wat gewoonlik sê: "As maar net..." Hulle sien net die struikelblokke en is blind vir die openinge om uit hul omstandighede te kom.
Mense met 'n proaktiewe fokus gebruik hul invloed om te verander wat hulle kan verander. Omdat hulle nie tyd en energie bestee aan dinge wat hulle nie kan beheer nie, het hulle meer tyd en energie om te bestee aan dit waaroor hulle wel invloed het.
Reaktiewe mense se besluite word deur hul emosies, gevoelens en omstandighede beïnvloed. Hulle blameer hul houding op die dinge wat hulle nie kan beheer nie.
Proaktiewe mense definieer liefde as 'n werkwoord wat beteken dat hulle diens lewer. Liefde soos hulle dit sien, is iets waaraan hulle kan werk. Proaktiewe mense vertrou op die Here en hulle is in beheer van hul lewens:
Rom 8:31 Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees?
Ps 18:30 Want met U loop ek ‘n bende storm, en met my God spring ek oor ‘n muur.
TEORIE OOR DETERMINISME
(determinisme beteken dat die resultaat van 'n gebeurtenis onvermydelik is)
Raktiewe mense blameer hulle houding en gedrag op dinge wat hulle nie kan beheer nie. Hulle verskoning is:
Geneties; Ons het dit van ons voorvaders geërf.
DIE VIER MENSLIKE TALENTE
Proaktiewe mense beoefen vier talente:
Selfbewustheid:
GEWOONTE TWEE: BEGIN MET DIE EINDE IN SIG
Sleutel Paradigm of seining.
Die skepping van jou gedagtes kom voor jou fisise ontwikkeling.
Fil 4:8 Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is—watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.
Die meeste mense vorm 'n beeld van hulself, deur mense se opinies, paradigmas en persepsies rondom hulle waar te neem. Hulle laat toe dat omstandighede, gebeure, sosiale beeld en toestande dit vorm. Hul selfbeeld wat hulle van ander mense ontvang, vorm hul toekoms. Hierdie lyftaal en wat ander mense uitstuur, is die spieël waarin hulle kyk om hulself te sien!
Jy is deur God geskep en het die vermoë en potensiaal om te ontwikkel na die beeld en gelykenis van God. Moenie toelaat dat omstandighede en mense die wonderlike skepping van God ontsier nie. Deur reg te dink kan jy meer bereik as wat jy werklik besef. Jy is nie wat mense sê jy is nie, jy is nie 'n slagoffer van die omstandighede en gebeure rondom jou nie. Jy is wat jy glo jy is!
Spe.23:7 Want soos hy in sy siel bereken, so is hy; eet en drink, sê hy vir jou, maar sy hart is nie met jou nie
Sien die lesing oor selfbeeld
Die belangrike taak van gewoonte twee is om jou gedagte se rigting vas te stel en te beplan, en om die regte plan in plek te stel deur gedagtes te skep wat jou sal lei om die regte resultaat te bereik van jou eie lewens doel.
Jou gedagtes bepaal jou lewens rigting, en vorm jou houding!
Miga 2:1 Wee die wat onreg uitdink en kwaad smee op hulle bedde; by die môrelig voer hulle dit uit, want dit is in die mag van hulle hand.
OM TE BEGIN MET DIE EINDE IN SIG BEPAAL JY DIE REGTE RIGTING
As jy weet wat jy wil bereik met ‘n vergadering, kan jy die rigting van ‘n vergadering bepaal, en jy kan die lede van die vergadering lei om jou doel te bereik.
Missie is dit wat jy na buite wil uitdra. Dit sê wie en wat jy is; wat jou identiteit en waardes is. Omdat 'n missie oor sake gaan wat jare geneem het om op te bou, word 'n missie selde verander.
STEL `N PERSOONLIKE MISSIE OP
‘n Mens kan nie net doelloos voort strompel deur die lewe nie. God het jou geskape met ‘n doel. As jy jou bediening vasgestel het moet jy in beheer kom van jou lewe, en jouself met die hulp van die Heilige Gees in die rigting van jou bediening beweeg, sodat jy ‘n kragtige instrument in die hande van die Here kan word. Om hierdie doel te bereik moet jy eerstens vir jou self en dan vir jou gesin ‘n missie skryf. Dit is ‘n tipe padkaart wat jou gaan lei van waar jy nou is, tot waar jy wil kom, en dan verder na nog hoër hoogtes in die Here, sowel as in jou tydelike lewe. Ja, jy hoef nie net een missie te skryf nie, maar ten minste drie of vier, en as jy dit bereik het, skryf jy weer drie of vier, en so hou jy aan.
Sodra jy jou missie klaar geskryf het moet jy dit ten minste drie maal per dag deur werk. ‘n Mens se brein bestaan uit die bewusyn, onder-bewusyn en die kriatiewe onderbewusyn. Dit wat in jou onderbewusyn is, is dit wat jou laat handel sonder om daaroor te dink. Daar is baie voorbeelde daarvan in elke mens se lewe. Een voorbeeld daarvan is hoe jy jou motor bestuur, toe jy geleer het moes jy baie konsentreer om die koppelaar stadig te los om gelyk weg te trek, maar nadat jy ingeoefen is en lank bestuur; dink jy nie meer daaraan nie, want dit is in jou onderbewussyn ingebou en jy doen dit outomaties. Net so word ‘n missie deel van jou outomatiese handeling as jy dit in jou onderbewusyn oor plant. Onthou as jy slegs jou missie lees, het dit 10% inpak in jou onderbewussyn. As jy dit lees en ‘n prentjie daarvan vorm in jou gedagtes het dit 55% inpak, en as jy dit lees en die prentjie vorm, asook dit deur jou emosies kan voel hoe jy die einddoel bereik het, dan is die inpak 100%.
Hoe meer jy die Woord van God bestudeer hoe meer word jy verander na Sy Beeld en Gelykenis. Omdat jy jou onderbewusyn programeer met God se Woord en die Heilige Gees jou kan verander in ‘n Geestelike mens. Jou onderbewusyn is jou beheer kamer wat jou laat optree sonder om eers daaroor te dink.
Voorbeeld: As jy glo volgens Rom.8:31. Dat God vir jou is en dat geen teëstander jou kan oorwin nie, jy sal elke taak kan hanteer en jou vyande kan oorwin want jy sal weet dat jy 'n oorwinnaar in Christus is en dat jy nie alleen is nie maar dat die Here en jy 'n span is. is een wat sal en sal wen!
Kom ons kyk na ‘n paar missie voorbeelde:
Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. (2Kor. 5:17)
Gebruik Bybelse slagspreuke om jou humeer, emosies, houding en wat ook al te verander. Sê vir jouself: Sien die kursus: “Selfbeeld”
Gewoonte Drie Plaas Die Eeste Dinge Eerste
Tyd in belangrik, en tog besef die meeste mense nie die belangrikheid tyd is nie. God het jou lewensduur bepaal, en as jy jou tyd nie reg bestuur nie, sal dit eers te laat agter kom!
Sleutel paradigm:
JOU EERSTE DINGE
Wat kom eerste? Dit is die dinge wat jy persoonlik vind wat werklik nodig is om te doen. As jy dit eerste stel sal dit jou in die regte rigting lei. Deur die regte take eerste te stel sal jy ‘n mens word wat deur sy grondbeginsels bestuur word en wat sy missie uitleef.
Die sleutel is nie om jou skedule te prioritiseer nie, maar om jou prioriteite te skeduleer.
Wat is die verskil tussen Belangrik en Dringend?
Belangrik is die dinge wat vir jou persoonlik belangrik is en wat waarde toevoeg, wat jou missie en waardes asook jou hoë prioriteite ondersteun sodat jy jou lewens doel kan bereik. Dringende dinge is die dinge wat jy en ander mense beskou as dringend en dit moet dadelik aandag kry, hoewel dit nie belangrik is nie.
Waar spandeur jy jou meeste tyd?
Kwadrant 1: Take wat Dringend en Belangrik; indien jy jou tyd reg gebruik sal jy nie hier beland nie. Dit kom van uitstel en nie aandag daaraan gee nie.
Kwadrant 2: Nie dringend maar belangrik; hier moet jy jou meeste tyd deurbring.
Kwadrant 3: Dringend maar nie belangrik; Hier moet jy “Nee kan sê” vermy hierdie onbelangrike tye wat jou onnodig besig hou.
Kwadrant 4: Nie belangrik nie dringend; jy moenie jou kosbare tyd onnodig hier mors nie.
Om jou te help moet jy gebruik maak van ‘n dagboek, en jou doelwitte indeel in kort termyn en langtermyn tydperke. Kort termyn moet op ‘n weeklikse basis gehanteer word en ‘n langtermyn in ‘n maand of jaarlikes doelwitte. Neem byvoorbeeld ‘n langtermyn doelwit van ‘n jaar en deel dit in 12 gelyke dele en bepaal dan wat jy maandeliks moet doen om jou doel te bereik, jy kan dan ook die maandelikse doelwit in vierdele indeel om sodoende jou maandlikse doelwit te bereik. As jy dit doen, bly jy gefokus op kwadrant 2 en word jou doel nie uitgestel totdat dit ‘n krisis in kwadrant 1word nie. Kry vir jou ‘n dagboek waarin jy jou beplaning kan doen, en kweek die gewoonte om dit daagliks te gebruik.
Gewoonte drie het ses stappe om jou te help om te prioritiseer:
Die eerste drie gewoontes het gegaan oor jouself, dit wat jou help om jouself te help en persoonlik onafhanklik te word. Die volgende drie gaan oor jou verhouding met die mense om jou. Dit is belangrik dat jy eers in beheer van jou eie lewe kom voordat jy jou verhouding met ander mense kan uitbrei. Jy kan ander net nader aan jou trek en beindruk as jy jou eie lewe kan beheer.
Gelukkig die mens wat wysheid gevind het, en die mens wat verstand verkry; want die verkryging daarvan is beter as dié van silwer, en die verwerwing daarvan beter as van goud; dit is kosteliker as korale, en al jou kleinode kan daar nie mee vergelyk word nie. In sy regterhand is lengte van dae, in sy linkerhand rykdom en eer; sy weë is lieflike weë, en al sy paaie is vrede. Dit is ‘n lewensboom vir die wat dit aangryp, en elkeen wat dit vashou, is gelukkig. (Spr. 3:13-18)
Geliefdes, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel; en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon, sodat as hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, hulle op grond van die goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik in die dag van besoeking. Wees dan onderdanig aan elke menslike verordening ter wille van die Here—of dit die koning is as opperheer. (1Pe 2:11-13)
Gewoonte Vier: Dink Wen-Wen
Sleutel paradigm:
Ses Paradigm Van Menslike Interaksie;
1 Wen-wen.
Mense wie se keuse dit is om te wen en wat seker maak dat die ander partye ook wen. Hulle neem nie oorhastige besluite nie, maar soek die regte oplossing wat beide partye beginstig.
Hulle Karaktertrekke is:
Mense met ‘n wen-verloor houding dink en voorsien net vir hulself. Hulle wil net wen en hou daarvan as ander verloor. Hulle begin met hulself en eindig met hulself. Hulle werk slegs vir hul eie sukses ten spyte van ander. Hulle dryfkrag is: Kompetisie; krag; posisie en kompronie.
Hulle Karaktertrekke is:
3 Verloor-Wen
Mense wat kies om te verloor sodat ander kan wen. Hulle gee om vir ander mense en het nie die behoefte om teen ander op te tree nie, want hulle het nie die moed om hul eie gevoelens en oortuigings bekend te maak nie. Hulle word maklik getem en kry hul krag uit aanvaarding en gewildheid. (solank ek aanvaar kan word en die ander nie agterkom hoe swak en ellendig ek is nie)
Hulle Karaktertrekke is:
4 Verloor-Verloor
Mense wat ‘n verloor-verloor paradigma het, het nie moed en inagneming vir ander nie. Hulle is jaloers en kriteseer ander mense. Hulle verneder hulself en ander mense.
Hulle Karaktertrekke is:
5 Wen
Mense wat net wil wen dink net aan hulself. Hoewel hulle nie daarop uit is dat ander verloor nie, het hulle in persoonlike ingesteldheid om te wen. Hulle dink en handel onafhanklik sonder om sensetief en bewus van ander mense.
Hulle Karaktertrekke is:
6 Wen-Wen of geen ooreenkoms
Dit is die hoogste vorm van wen-wen. Hulle soek eerste vir wen-wen. As hulle nie ‘n aanvaarbare oplossing vind nie, maak hulle seker en sorg dat hulle nie aan die kortste end trek nie, en dra sorg dat alby partye verloor.
Hulle Karaktertrekke is:
Ons word groot met die gedagte van kompetiesie en vergelykings. Ons dink die lewe gaan om sukses te behaal en om oorwinning oor ander mense te kry. Terwyl samewerkinig, verhoudinge bou en beter resultate verkry. Wanneer ‘n mens op ‘n wen-wen basis werk is dit tot die voordeel van alle mense. Dit bou jou karakter positief en maak jou gewild, dit verskaf ook ‘n innerlike tevredenheid wat nie by die ander paradigmas van menslike interaksie teenwoordig is nie.
VIER DEMENSIES VAN WEN-WEN
Dit word gebore uit integriteit, volwassenheid en ‘n oopenlike gemoed. Dit ontspring uit goeie verhoudings en dit groei uit effectiewe verwagtinge en goeie resultate vir almal. Ons kan die wen-wen paradigma in vier dimensies plaas:
DIE WEN-WEN KARAKTER
Integriteit
Mense met integriteit is opreg en eerlik met hulle eie gevoelens, waardes en beloftes
Volwassenheid
Volwasse mense in nie skaam om hul ideas en gevoelens dapper uit te spreek nie en het gevoel en empatie vir ander mense.
Oorvloedige mentaliteit
Mense met oorvloedige mentaliteit glo dat daar genoeg is vir almal
WEN-WEN OOREENKOMSTE
‘n Effektiewe wen-wen ooreenkoms skep: Duidelike gemeenskaplike ooreenkomste gebaseer op vyf arias:
Mense wat nie mekaar vertrou nie, kan nie ‘n wen-wen verhouding bou nie. Vertroue word gebou deur gereelde belegings in die emosinele bank en word verbreek deur ontrekkings. Dit is ook ‘n Bybelse beginsel om in mense te belê.
Mat 7:12 Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete.
1Kor 10:24 Laat niemand sy eie voordeel soek nie, maar elkeen die voordeel van ‘n ander.
Gewoonte Vyf: Verstaan Eers Voordat Jy Verstaan Word.
Hierdie gewoonte gaan oor jou houding en verhouding met mense asook jou komminukasie vermoë, en dit gaan oor empatie in mense verhoudings.
Sleutel paradigm:
Ek neem aan dat ek nie ten volle verstaan nie, daarom moet moet ek eers luister.
As ek eers luister om te verstaan, sal ek beter verstaan word.
Luister met empatie:
Die woord empatie beteken:
Em - innerlike
Patie -gevoel
Komminukasie Hindernisse.
Dink aan die groot moeilikheid wat jy gehad het om ander mense te verstaan, of wanneer jy mense probeer oortuig het om jou te verstaan. Baie keer het jy jouself geoordeel of is jy verkeerd beoordeel. (Jy verstaan nie!) Dit het jou kwaad gemaak omdat ander jou nie verstaan het nie en jy nie hul optrede kon verstaan nie. Dink ook aan die tye toe jou emosies oorgeloop het en jy nie die regte woorde kon sê nie.
Diagnose moet voor voorskrifte kom
Die belangrikste deel van komminukasie word deur so baie mense verwaarloos, naamlik, om te luister. Hulle luister nie met empatie nie, maar luister en vergelyk dit wat hulle hoor met hul eie ondervinding en gee raad en mening voordat hulle werklik verstaan wat ander bedoel.
Ons jaag so deur die lewe en het werklik nie meer tyd vir mekaar nie wat nog van gevoel. Ons moet meer tyd neem en probeer om mekaar te verstaan. Probeer om jou self in ‘n ander se posisie te plaas; sodat jy kan ervaar wat hy ervaar. Vra jou self af: “Hoe sou ek gevoel het as dit met my gebeur het?” Skep ruimte vir ander mense, en betoon die nodige respek vir ander mense. Bid en vra die Heilige Gees vir leiding. As die mense sien dat jy werklik omgee en hulle verstaan, sal hulle, hulself meer oopmaak en jou hulp en leiding aanvaar.
Verskillende Luister Vlakke
Ons word van ons skool jare geleer om te praat, te skryf en te lees, maar baie min tyd word werklik gebruik om jou te leer luister. Dit is, as jy werklik daaraan dink; die grootste behoefte van ons tyd is om iemand te vind wat kan luister, en nie uitpraat nie!
Ek is seker dat die meeste selfmoorde, oorloë, en probleme opgelos kan word as ons mekaar beter leer ken en werklik verstaan. Daar is 5 vlakke van luister. Op watter luister vlak is jy?
Nommer 5 is die regte manier!
Elke persoon is uniek, wat sal luister en die uniekheid van 'n persoon verstaan? Stephen R.Convey
Autobiografise Reaksie
Een van die grootste hindernise in interpersoonlike komminukasie is die gewoonte om te reageer deur vergelykings te maak met eie ondervindings. Ons gee raad; intepeteer en evalueer ander mense se boodskappe autobiografies. Kom ons kyk byvoorbeeld na:
Stel vrae: Vra mense uit volgens ons eie raamwerk en agenda.
Interpetasie: Verstaan ander mense se motiewe en handelwyses gebaseer op eie ondervinding. Probeer om mense te verstaan, maar slaag nie werklik daarin nie.
Evaluering: Beoordeel, en veroordeel volgens jou siening en verstaan nie werklik die ander nie.
As ons die menslike gewoonte kan oorwin wat ander gou oordeel, diagnoseer, gevolgterkings maak en ons self te verdedig, of om ons eie idees op ander mense te forseer sal ons komminikasie met ander verbeter. Ons moet ophou om deur ons eie bril of paradigm na ander te kyk en te handel.
Sodra ons met meer deurnis en empatie luister, en probeer om jou self in ‘n ander mens se skoene plaas sal komminukasie werklik plaasvind. Maar dit is belangrik om jouself en jou eie ondervinding uit te skakel sodat jy ‘n ander beter kan verstaan.
Dit is nie altyd wat gesê word wat gehoor word nie maar hoe jy dit ontvang. Kyk hoe ‘n boodskap uitgestuur word, dit word nie slegs deur woorde vertel nie. Vra jou self af of jy werklik hoor wat gesê word. Kyk na die persoon se lyftaal sien die emosies raak en indien jy nog nie verstaan nie vra: “Hoe voel jy daaroor?” “Wat beteken dit vir jou?” “Wat dink jy moet gedoen word”? ens.
Die boodskap wat uit gaan word soos volg ontvang:
Van die woorde word slegs 7% gehoor
Die lyftaal bevat 55% van die boodskap
Hoe dit boodskap gesê (gevoel), word bevat 38% van die boodskap
EFFEKTIEWE LUISTER
Rom 15:1-3 En op ons wat sterk is, rus die verpligting om die swakhede te dra van die wat nie sterk is nie, en nie onsself te behaag nie. Want elkeen van ons moet die naaste behaag met die oog op wat goed is tot stigting. Want ook Christus het Homself nie behaag nie, maar soos geskrywe is: Die smaadhede van die wat U smaad, het op My geval.
Gal 6:1-2 Broeders, as iemand ewenwel deur een of ander misdaad oorval word, moet julle wat geestelik is, so een reghelp met die gees van sagmoedigheid, terwyl jy op jouself let, dat jy ook nie versoek word nie. Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus.
GEWOONTE SES: SINERGIE (Spanwerk)
Sinergie is wanneer twee of meer mense in ‘n span meer bereik as wat hulle op hul eie kon bereik het.
Sleutel paradigm:
Om sinergie is `n komenasie van gewoonte 4 & 5
RUGLYNE VIR SINERGIE
WAT IS SINERGIE?
Gewoonte Sewe
Skerp Maak; Om jouself vars te hou deur jouself op te skerp
"'n Lang, gesonde en gelukkige lewe is die resultaat van die maak van bydraes, van betekenisvolle projekte wat persoonlik opwindend is en bydra tot en seën die lewens van ander." – Hans Selye
Die mens is ‘n wonderlike skepping van ‘n wonderlike God. Jy kan bly soos jy is, of jy kan ontwikkel tot die beeld en Gelykenis van God. Om te ontwikkel beteken jy moet ten eerste ‘n besluit neem om te verander. Daar is nie ‘n ouderdom waar jy kan sê, ek is te jonk of te oud om te leer, of om te verander nie. Ons het in die eerste ses gewoontes geleer dat jy jou lewe meer effektief kan bestuur. Die sewende gewoonte wat jy moet aanleer is om aanhoudend te groei en jou lewe skerp te maak, soos ‘n mens ‘n stomp saag sou skerp maak dat dit beter kan sny.
Die Vier Areas Wat Gereeld Ontwikkel Moet Word.
"Dit is edeler om jouself heeltemal aan een individu te gee as om ywerig te werk vir die redding van die massas." – Dag Hammarskjöld
masses.” – Dag Hammarskjold

- Hoe sien jy ander mense, wat dink jy van hulle? Wat hulle vermoë is en watter tipe mens hulle is.
- Hoe beinvloed hierdie siening of paradigma van jou die persoon se gedrag?
- Is jou paradigma en gedrag teenoor die persoon deel van die probleem?
- Omdat jou paradigma verkeerd oor die persoon kan wees, hoe kan jy jou siening van die persoon verander, sodat jy ‘n beter perspektief van die persoon kan kry?
PROSESSE
Elke gedeelte van hierdie kursus handel oor grondbeginsels en paradigmas wat deel uit maak van sekere gewoonte. Dit sal ook ‘n proses voorstel waarby jy moet hou om die gewoonte toe te pas. Soos jy daardeur werk gebruik dit en implementeer dit in jou lewe. Die proses vorm dan ‘n nuwe gewoonte. Dit is die gereedskap wat jy gaan gebruik om ‘n gewoonte te vorm en dit instand te hou. Die vraag is: Wil jy bly soos jy is, of wil jy jouself verbeter? Dit is jou keuse! Dit hang af of jy sukses vol wil wees of nie.
KARAKTER EN BEVOEGDHEID
Karakter: ‘n Persoon met ‘n sterk karakter vertoon integriteit, volwassenheid en oorvloedige mentaliteit (geeskrag of denkwyse).
Bevoegdheid: ‘n Persoon met ‘n hoë bevoegdheid het kennis en vermoë op ‘n sekere gebied.
Om effektief te wees op enige gebied is dit belangrik dat daar ‘n balans gehou moet word tussen ‘n sterk karakter en hoë bevoegdheid. As mense hierdie balans behou, sal hulle, hulle betroubaarheid bou asook hulle vertroue in ander mense.
WAARDES-is veranderbaar
Die waarde of prioriteit wat ons op mense, dinge, idees of grondbeginsels plaas.
Eie keuses; geloof en idees
Kom van binne die mens, subjektief (persoonlike seining of oordeel), gebaseer op jou siening van die wêreld
Beinvloed deur ouers, samelewing en persoonlike ondervindings
GRONDBEGINSELS ( PRINSIEP, UITGANGSPUNT)-onveranderbaar
Grondbeginsels is die natuur wette, fondamentele waarhede asook Bybelse beginsels. Dit is die grondslag waarop jy jou fondasie bou, soos natuur wette wat nie kan verander nie. Indien jy dit verander sal jou lewe inmekaar val!
- Universeel, tydloos
- Bring voorspelbare resultate
- Buite ons beheer
- Gebeur met en sonder ons eie goedkeuring
Onderhouds Beginsels
Sorg jy slegs vir vandag, of maak jy seker dat jou bronne vir jou toekoms sorg
Die eerste beginsel wat jy moet leer is om dit wat jy besit op te pas en te waardeer. Jou gesondheid, jou vriende, jou huweliksmaat, jou werk, ens.
Die verhaal word vertel van ‘n plaas Boer wat op ‘n dag op sy plaas gestap het. Net naby ‘n dam wat vir die eende ingerig was het hy iets wat ‘n hoë glans in die nes van ‘n eend gesien. Hy het dit opgetel. Groot was sy verbasing toe hy vind dat dit ‘n goue eier was. Omdat hy finansieel swaar gekry het, het hy dadelik na die dorp vertrek om die eier te verkoop. Die volgende dag het hy weer gaan kyk in die nes van die eend, en weer het hy ‘n goue eier daar gevind. Dit het so aangegaan vir twee weke, en dit het ‘n goeie inkomste vir die Boer gebring. Maar die proses was te stadig vir die Boer, hy wou meer as net een eier op ‘n dag hê. Hy het toe besluit om die eend te slag en dit wat die goue eiers maak uit die eend te verwyder sodat hy self vinniger goue eiers kon maak.
Maar nadat hy die eend geslag het, kom hy niks vind in die eend wat goud maak nie. Gevolglik het sy bron van inkomste opgehou. Die eend was dood, en hy was self die oorsaak van sy probleem. Omdat hy nie vir die eend gesorg het nie, het hy die bron van sy inkomste verloor.
Kom ons kyk na ‘n paar voorbeelde:
- ‘n Grasmasjien, as jy dit nie versorg en in ‘n werkende toestand hou nie, sal dit nie lank hou nie, en jou in die steek laat wanneer jy dit die nodigste het.
- As jy nie bevredigende diens vir jou werkgewer lewer nie, sal jy jou werk verloor.
- As jy nie vir jou gesondheid sorg nie, sal jou liggaam ingee en jy sal nie kan doen wat jy graag wil doen nie.
- As jy nie leer nie sal jy nie vorder in jou beroep nie.
- As jy nie jou motor nie in stand hou nie, sal hy nie vir jou die resultaat lewer wat jy van hom verwag nie.
- Die mees belangrike bron in die lewe van elke mens is sy verhouding met ander mense. Hoe is jou houding met ander mense?
- As jou verhouding met jou huweliks maat en jou kinders nie reg is nie, sal jy hulle verloor.
- As jy God nie gehoorsaam nie, sal jou verhouding met Hom verbrokkel, en jy sal geestelik agteruitgaan totdat jy terug val in sonde, en sodoende die ewige lewe verloor.
Verhouding Beginsels
DIE EMOSIONELE BANK
Die emosionele bank is die metafoor (beeldspraak); van vertroue wat bestaan in ‘n verhouding. Dit word voorgestel as die interaksie tussen twee persone waar daar inbetalings en onttrekking plaas vind. Inbetalings bou die verhouding en onttrekking breek die verhouding af. Kyk na die inkomste en die uitgawe staat hieronder. Vergelyk dit met jou verhouding met die mense by jou huis, by die werk en met jou vriende en mede gelowiges.
Inkomste Uitgawe
Vriendelikheid Onvriendelikheid
Hoflikheid Ongemanierdheid
Hou Beloftes Kom beloftes nie na nie
Praat nie uit nie. Skinder
Erken eie foute. Vol verskonings
Daar is nog baie wat jy kan byvoeg.
Hoe verder jou Emosionele Bank in die rooi is, hoe langer neem dit om dit weer in die blou te kry. Dit is ongelukkig in die mens se natuur om die negatiewe eerder te onthou as die positiewe. Daarom is dit so belangrik dat jy, in jou verhoudings met alle mense sal sorg dat jou Emosionele Bank, altyd in die blou is. Sodra daar om een of ander rede ‘n onttrekking plaasvind, sorg dan dat jy dadelik ‘n inbetaling doen.
“Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle doen” Matt. 7:12
Lees ook Mat 5:38-48
“Niks kan jou minderwaardig laat voel sonder jou eie keuse nie” Eleanor Roosevelt
“Hulle kan nie jou self-respek wegneem as jy dit nie vir hulle gee nie” Mahatma Gandi
Hierdie gewoontes kan toegepas word op al vier vlakke van leierskap:
Persoonlike vertroue, interpersoonlike vertroue, bestuursvermoë en organiseringsvermoë.
Hoewel hierdie kursus konsentreer op die bestuurs en organiseerings vermoë.
Leierskap groei uit persoonlike vertroue en onderlinge vertroue. Om ander mense te lei en hulle vertroue te wen moet die leier ‘n sterk karakter en persoonlike vermoë besit om die taak te verrig, hy moet ook die voorbeeld stel sodat hy ander se vertroue kan wen. (sien hierbo wat karakter en vermoë is)
Interpersoonlike leierskap word gebou op vertroue. Vertroue kom van betrouenswaardige persone en dit bring samewerking en spanwerk. Vetroue is die hoogste vorm van motifering tussen mense, en dit alleen bou sterk verhoudings. Vertroue kan nie afgedwing word nie, dit moet verdien word.
“Sow a thought, reap an action
Sow an action, reap a habit
Sow a habit, reap a character
Sow a character, reap a destiny”
Ons vorm eers ons gewoontes, dan vorm ons gewoontes ons!
Die eerste gewoonte is: WEES PROAKTIEF.
Die gewoonte van beplanning of programmering van ‘n nuwe lewe. Dit is hier waar u begin om `n gesonde grondslag neer te lê
Sleutel Paradigm of jou nuwe sienswyse
- Ek is verantwoordelik vir my houding en die keuses wat ek maak.
- Ek kan my invloed uitbrei deur proaktief te wees.
Proaktiewe gedrag.
Proaktiewe mense maak gebruik van hul vryheid om te kies, sodat hulle reageer volgens hulle waardes (sien waardes hierbo). Dit vergroot die afstand tussen die stimulus (dit wat gebeur) en die respons (reaksie)
Hulle dink voordat hulle optree: Hulle maak seker dat hulle verstaan voordat hulle riageer!
Voorbeelde:
Viktor Frankl, ‘n Joodse gevangene in die konsentrasie kamp gedurende die tweede wêreld oorlog. Hy het uitgevind dat ‘n proaktiewe houding werklik die laaste van ‘n mens se vryhede is.
Hy het soos volg gesê:
“Ons wat in die konsentrasie kampe was weet wat dit beteken om ander mense wat in dieselfde omstandighede as ons was, te bemoedig deur jou laaste stukkie brood aan hulle te gee. Daar mag min van ons wees wat dit gedoen het, maar ons het geleer dat ons alles kan verloor. Maar niemand kan ons vryheid van keuse wegneem nie. Om jou eie houding te kies in alle omstandighede is jou keuse, en niemand kan dit van jou wegneem nie.”
Daar word vertel van die man wat na ‘n besige dag ontspan het in ‘n park. Terwyl hy daar sit, kom daar ‘n pa en sy kinders aan. Die pa het langs hom op die bankie gaan sit, terwyl dit kinders ‘n geweldige geraas gemaak het. Hy het na die pa gekyk, en hom vererg vir die kinders. Hy kon nie verstaan waarom die pa nie sy kinders maniere kon leer nie. Na ‘n ruk kon hy dit nie meer uithou nie. Hy het na die pa gekyk en hom gevra: “Ag nee man, praat tog met jou kinders hulle steur almal in die park! “ Die pa het hom aangekyk en gesê: “Ek wens ek het geweet wat om vir hulle te sê, hulle moeder het gesterf en ek weet nie hoe om dit vir hulle te sê nie, hulle was so lief vir haar...” Die man het na die kinders gekyk en hulle baie jammer gekry. Omdat hy nou die omstandighede verstaan het, het hy die kinders in ‘n heel ander lig aanskou.
Proaktiewe mense spring nie dadelik tot gevolgtrekkings nie. Voordat hulle riageer maak hulle eers seker wat die toestand is voordat optree. Net so kan jy jou optrede self kies en nie toelaat dat omstandighede jou beheer nie.
Mense vertel soms stories wat ander mense baie bekommerd maak, dan vergroot jy dit nog deur daarby negatiewe gedagtes te voeg. Proaktiewe mense wag totdat hulle die volle waarheid hoor voordat hulle reageer.
Dit is nie wat mense aan ons doen wat ons seermaak nie. In werklikheid is dit ons reaksie wat volg nadat mense ons seergemaak het, wat ons seer maak. (hoe ons dit verwerk)
Onafhanklike Wil:
God het vir elke mense die reg van eie keuse gegee het. Dit kan hanteer word, onafhanklik van uiterlike invloede. Indien jy nie beheer daaroor het nie, word die keuses uitgevoer deur die inligting wat in jou onderbewussyn is. – Dit wat jy voorheen ervaar het, of dit wat ander jou vertel het, en wat jy as waarheid aangeneem het.
Persoonlike oeffening:
Dink aan 'n situasie wat jou gefrustreerd of ongelukkig gemaak het, skryf dit neer.
- Identifiseer die omstandighede, jou gevoel en die oorsaak. Skryf dit neer asook wat jou riaksie was.
- Gebruik jou vryheid van keuse om self jou reaksie te kies, en te besluit om self in te beheer te kom sodat jy meer effektief die situasie kan beheer.
Jy het beheer oor jou handelinge, maar jy kan nie die gevolge kies nie! Dit word beheer deur die grondbeginsels en natuur wette.
TAAL VAN PROAKTIEWE EN REAKTIEWE MENSE
Proaktiewe fokus Reaktiwe fokus
“Ek kies my eie weg” “Ek moet gaan”
“Ek kan my emosies beheer.” “Ek word so kwaad.”
“Kom ons vind alternatiewe” “Daar is niks wat ek kan doen nie.”
“Ek kan………..” “As ek maar net………”
“Elke keer as jy dink dat daar ‘n probleem is, is jou gedagte die probleem.”
“Elke mens het die keuse om sy eie besluite te neem.
“Nothing can make you feel inferior without your consent.” – Eleanor Roosevelt
“They cannot take away our self-respect if we do not give it to them.” -Mahatma Gandhi
Mense wat 'n reaktiewe fokus het, word beheer deur omstandighede rondom hulle. Hulle is so besorg oor probleme dat hul invloed krimp. Hulle is mense wat gewoonlik sê: "As maar net..." Hulle sien net die struikelblokke en is blind vir die openinge om uit hul omstandighede te kom.
Mense met 'n proaktiewe fokus gebruik hul invloed om te verander wat hulle kan verander. Omdat hulle nie tyd en energie bestee aan dinge wat hulle nie kan beheer nie, het hulle meer tyd en energie om te bestee aan dit waaroor hulle wel invloed het.
Reaktiewe mense se besluite word deur hul emosies, gevoelens en omstandighede beïnvloed. Hulle blameer hul houding op die dinge wat hulle nie kan beheer nie.
Proaktiewe mense definieer liefde as 'n werkwoord wat beteken dat hulle diens lewer. Liefde soos hulle dit sien, is iets waaraan hulle kan werk. Proaktiewe mense vertrou op die Here en hulle is in beheer van hul lewens:
Rom 8:31 Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees?
Ps 18:30 Want met U loop ek ‘n bende storm, en met my God spring ek oor ‘n muur.
TEORIE OOR DETERMINISME
(determinisme beteken dat die resultaat van 'n gebeurtenis onvermydelik is)
Raktiewe mense blameer hulle houding en gedrag op dinge wat hulle nie kan beheer nie. Hulle verskoning is:
Geneties; Ons het dit van ons voorvaders geërf.
- Fisies; Ons het so groot geword. (dit is my ouer se skuld)
- Omgewing; Dit is die omstandighede waarin ons lewe.
DIE VIER MENSLIKE TALENTE
Proaktiewe mense beoefen vier talente:
Selfbewustheid:
- Ondersoek gedagtes, stemming, emosie of buie asook hul gedrag. (hoekom voel ek so)
- Verbeelding:
Visualiseer verby ondervindings en huidige werklikhede. (dit is hier waar geloof gebore kan word Heb.11:1) (sien lesings oor; “Beheer deur die verlede” en “Vergifnis”)
GEWOONTE TWEE: BEGIN MET DIE EINDE IN SIG
Sleutel Paradigm of seining.
- Ek kan my eie toekoms kies en my eie visie skep.
- Ek sal die regte resultate skep deur dit in my gedagte te beplan voordat ek dit uitvoer.
Die skepping van jou gedagtes kom voor jou fisise ontwikkeling.
Fil 4:8 Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is—watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.
Die meeste mense vorm 'n beeld van hulself, deur mense se opinies, paradigmas en persepsies rondom hulle waar te neem. Hulle laat toe dat omstandighede, gebeure, sosiale beeld en toestande dit vorm. Hul selfbeeld wat hulle van ander mense ontvang, vorm hul toekoms. Hierdie lyftaal en wat ander mense uitstuur, is die spieël waarin hulle kyk om hulself te sien!
Jy is deur God geskep en het die vermoë en potensiaal om te ontwikkel na die beeld en gelykenis van God. Moenie toelaat dat omstandighede en mense die wonderlike skepping van God ontsier nie. Deur reg te dink kan jy meer bereik as wat jy werklik besef. Jy is nie wat mense sê jy is nie, jy is nie 'n slagoffer van die omstandighede en gebeure rondom jou nie. Jy is wat jy glo jy is!
Spe.23:7 Want soos hy in sy siel bereken, so is hy; eet en drink, sê hy vir jou, maar sy hart is nie met jou nie
Sien die lesing oor selfbeeld
Die belangrike taak van gewoonte twee is om jou gedagte se rigting vas te stel en te beplan, en om die regte plan in plek te stel deur gedagtes te skep wat jou sal lei om die regte resultaat te bereik van jou eie lewens doel.
Jou gedagtes bepaal jou lewens rigting, en vorm jou houding!
Miga 2:1 Wee die wat onreg uitdink en kwaad smee op hulle bedde; by die môrelig voer hulle dit uit, want dit is in die mag van hulle hand.
OM TE BEGIN MET DIE EINDE IN SIG BEPAAL JY DIE REGTE RIGTING
As jy weet wat jy wil bereik met ‘n vergadering, kan jy die rigting van ‘n vergadering bepaal, en jy kan die lede van die vergadering lei om jou doel te bereik.
- As jy eenheid in jou gesin wil bereik, kan jy 'n gesinsmissie opstel en die regte gesindheid of interaksie tussen al die lede van die gesin kweek om in lyn te wees met jou missie, Jy, sit in hulle gedagtes wat jy wil bereik! Indien jy geestelik wil groei moet jy jou eie missie opstel wat in lyn is met God se Woord. Fil 1:21 Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins.
- Indien jy jou eie begrafnis kon bywoon, wat sou jy wou hê die volgende mense moet van jou getuig:
- Jou ouers, jou vriende, jou gade, jou kollegas? Ens.
- Die Skilder sien eers in sy gedagtes dit wat hy skilder voordat hy daarmee begin. Die Argitek sien die gebou in sy gedagte voordat hy die planne teken.
- As jy weet wat jy wil bereik in jou lewe, het jy ‘n doel vir jou lewe gevind. Werk daarna en skep vir jou lewe ‘n lewe van sukses. Maar jy moet nooit toelaat dat jy jou eindpint bereik nie, soos die horison altyd voor jou uit beweeg na ‘n nuwe horison so moet jy altyd uitreik na nuwe vlakke en ‘n nuwe horison in jou lewe.
Missie is dit wat jy na buite wil uitdra. Dit sê wie en wat jy is; wat jou identiteit en waardes is. Omdat 'n missie oor sake gaan wat jare geneem het om op te bou, word 'n missie selde verander.
STEL `N PERSOONLIKE MISSIE OP
‘n Mens kan nie net doelloos voort strompel deur die lewe nie. God het jou geskape met ‘n doel. As jy jou bediening vasgestel het moet jy in beheer kom van jou lewe, en jouself met die hulp van die Heilige Gees in die rigting van jou bediening beweeg, sodat jy ‘n kragtige instrument in die hande van die Here kan word. Om hierdie doel te bereik moet jy eerstens vir jou self en dan vir jou gesin ‘n missie skryf. Dit is ‘n tipe padkaart wat jou gaan lei van waar jy nou is, tot waar jy wil kom, en dan verder na nog hoër hoogtes in die Here, sowel as in jou tydelike lewe. Ja, jy hoef nie net een missie te skryf nie, maar ten minste drie of vier, en as jy dit bereik het, skryf jy weer drie of vier, en so hou jy aan.
Sodra jy jou missie klaar geskryf het moet jy dit ten minste drie maal per dag deur werk. ‘n Mens se brein bestaan uit die bewusyn, onder-bewusyn en die kriatiewe onderbewusyn. Dit wat in jou onderbewusyn is, is dit wat jou laat handel sonder om daaroor te dink. Daar is baie voorbeelde daarvan in elke mens se lewe. Een voorbeeld daarvan is hoe jy jou motor bestuur, toe jy geleer het moes jy baie konsentreer om die koppelaar stadig te los om gelyk weg te trek, maar nadat jy ingeoefen is en lank bestuur; dink jy nie meer daaraan nie, want dit is in jou onderbewussyn ingebou en jy doen dit outomaties. Net so word ‘n missie deel van jou outomatiese handeling as jy dit in jou onderbewusyn oor plant. Onthou as jy slegs jou missie lees, het dit 10% inpak in jou onderbewussyn. As jy dit lees en ‘n prentjie daarvan vorm in jou gedagtes het dit 55% inpak, en as jy dit lees en die prentjie vorm, asook dit deur jou emosies kan voel hoe jy die einddoel bereik het, dan is die inpak 100%.
Hoe meer jy die Woord van God bestudeer hoe meer word jy verander na Sy Beeld en Gelykenis. Omdat jy jou onderbewusyn programeer met God se Woord en die Heilige Gees jou kan verander in ‘n Geestelike mens. Jou onderbewusyn is jou beheer kamer wat jou laat optree sonder om eers daaroor te dink.
Voorbeeld: As jy glo volgens Rom.8:31. Dat God vir jou is en dat geen teëstander jou kan oorwin nie, jy sal elke taak kan hanteer en jou vyande kan oorwin want jy sal weet dat jy 'n oorwinnaar in Christus is en dat jy nie alleen is nie maar dat die Here en jy 'n span is. is een wat sal en sal wen!
Kom ons kyk na ‘n paar missie voorbeelde:
- Omdat ek ‘n positiewe voorbeeld stel vir my gesin lei ek hulle in die rigting van ‘n suksesvolle lewe.
- Ek is positief en vol lewenslus, daarom hanteer ek terugslae as tydelik en leerkurwes wat my net meer inspereer om sukses te behaal.
- My liefde vir die Here en Sy Woord laat my skrifte onthou en dit gee my die vermoë om ander mense te leer in die wonderlike weë van die Here.
- Ek hou van mense en help ander wat minderbevooreg is.
- My gedagtes en die manier waarmeer ek met myself praat is altyd positief.
- Ek is baie lankmoedig met mense en met dit waarmee ek besig is.
- Ek hou daarvan om te lag.
- Die lewe is wonderlik en ek is ‘n wonderlike mens.
- Ek sien net die goeie in mense raak, en as ek van hulle praat, sê ek net dit wat tot hul voordeel is. As daar dinge is wat hulle verkeerd doen dra ek dit op aan die Here, soos Jesus dit op die kruis gedoen het.
- Ek is ‘n bidder en dit is vir my lekker om met die Here te praat.
Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. (2Kor. 5:17)
Gebruik Bybelse slagspreuke om jou humeer, emosies, houding en wat ook al te verander. Sê vir jouself: Sien die kursus: “Selfbeeld”
Gewoonte Drie Plaas Die Eeste Dinge Eerste
Tyd in belangrik, en tog besef die meeste mense nie die belangrikheid tyd is nie. God het jou lewensduur bepaal, en as jy jou tyd nie reg bestuur nie, sal dit eers te laat agter kom!
Sleutel paradigm:
- Ek sal seker maak dat my instandhouding in plek is.
- Ek sal dit my doel maak om op die dinge wat belangrik is te konsentreer en nie op dit dringend is nie.
- Ek sal my missie vervul deur my aksies op die belangrike take te konsentreer.
- My fokus op dit wat belangrik is en om nee te sê vir dit wat onbelangrik is.
- Ek gaan weekliks beplan en daagliks uitvoer gebaseer op my missie; doel en prioriteite.
JOU EERSTE DINGE
Wat kom eerste? Dit is die dinge wat jy persoonlik vind wat werklik nodig is om te doen. As jy dit eerste stel sal dit jou in die regte rigting lei. Deur die regte take eerste te stel sal jy ‘n mens word wat deur sy grondbeginsels bestuur word en wat sy missie uitleef.
Die sleutel is nie om jou skedule te prioritiseer nie, maar om jou prioriteite te skeduleer.
Wat is die verskil tussen Belangrik en Dringend?
Belangrik is die dinge wat vir jou persoonlik belangrik is en wat waarde toevoeg, wat jou missie en waardes asook jou hoë prioriteite ondersteun sodat jy jou lewens doel kan bereik. Dringende dinge is die dinge wat jy en ander mense beskou as dringend en dit moet dadelik aandag kry, hoewel dit nie belangrik is nie.
Waar spandeur jy jou meeste tyd?
Kwadrant 1: Take wat Dringend en Belangrik; indien jy jou tyd reg gebruik sal jy nie hier beland nie. Dit kom van uitstel en nie aandag daaraan gee nie.
- Krisis
- Nood optrede
- Tyd het verby gegaan, en jy het nie aandag gegee aan om daaraan aandag te gee nie: projekte, voorbereidings, dit wat jy uitgestel het ens.
- Nood gebede
Kwadrant 2: Nie dringend maar belangrik; hier moet jy jou meeste tyd deurbring.
- Voorbereiding
- Voorkoming
- Beplaning
- Bou verhoudings
- Bybelstudie & Gebed
Kwadrant 3: Dringend maar nie belangrik; Hier moet jy “Nee kan sê” vermy hierdie onbelangrike tye wat jou onnodig besig hou.
- Ontydige telefoon oproepe
- Onnodige vergaderings
- Onbelangrike aktieweteite
- Skinder
Kwadrant 4: Nie belangrik nie dringend; jy moenie jou kosbare tyd onnodig hier mors nie.
- Speletjies, FaceBook ens.
- Kuier op telefoon.
- Lang T.V. Kyk.
- Tyd vermorsing.
Om jou te help moet jy gebruik maak van ‘n dagboek, en jou doelwitte indeel in kort termyn en langtermyn tydperke. Kort termyn moet op ‘n weeklikse basis gehanteer word en ‘n langtermyn in ‘n maand of jaarlikes doelwitte. Neem byvoorbeeld ‘n langtermyn doelwit van ‘n jaar en deel dit in 12 gelyke dele en bepaal dan wat jy maandeliks moet doen om jou doel te bereik, jy kan dan ook die maandelikse doelwit in vierdele indeel om sodoende jou maandlikse doelwit te bereik. As jy dit doen, bly jy gefokus op kwadrant 2 en word jou doel nie uitgestel totdat dit ‘n krisis in kwadrant 1word nie. Kry vir jou ‘n dagboek waarin jy jou beplaning kan doen, en kweek die gewoonte om dit daagliks te gebruik.
Gewoonte drie het ses stappe om jou te help om te prioritiseer:
- 1. Stel jou verstand en hart op 'n beginselgesentreerde doelwit.
- Deur die rolle te hersien kan jy help om die emosionele Bank in die blou te hou.
- Identifiseer doelstellings, vra jou self: “Wat staan my te doen om my missie of doel te bereik?”
- Om jou tyd indeling in kwadrant 2 te hou, moet jy vooraf beplan.
- Beoefen intergriteit deur jou self te vra: “Sal hierdie doel of missie my die resultaat gee wat ek regtig verlang?”
- Evalueer die lesse wat jy leer, en hersien die missie of doel en implimenteer die gevolgtrekking van die resultate wat jy geleer het.
Die eerste drie gewoontes het gegaan oor jouself, dit wat jou help om jouself te help en persoonlik onafhanklik te word. Die volgende drie gaan oor jou verhouding met die mense om jou. Dit is belangrik dat jy eers in beheer van jou eie lewe kom voordat jy jou verhouding met ander mense kan uitbrei. Jy kan ander net nader aan jou trek en beindruk as jy jou eie lewe kan beheer.
Gelukkig die mens wat wysheid gevind het, en die mens wat verstand verkry; want die verkryging daarvan is beter as dié van silwer, en die verwerwing daarvan beter as van goud; dit is kosteliker as korale, en al jou kleinode kan daar nie mee vergelyk word nie. In sy regterhand is lengte van dae, in sy linkerhand rykdom en eer; sy weë is lieflike weë, en al sy paaie is vrede. Dit is ‘n lewensboom vir die wat dit aangryp, en elkeen wat dit vashou, is gelukkig. (Spr. 3:13-18)
Geliefdes, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel; en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon, sodat as hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, hulle op grond van die goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik in die dag van besoeking. Wees dan onderdanig aan elke menslike verordening ter wille van die Here—of dit die koning is as opperheer. (1Pe 2:11-13)
Gewoonte Vier: Dink Wen-Wen
Sleutel paradigm:
- Ek wil hê dat ander mense en ek voordeel trek.
- Ek sal beter resultate kry in my verhouding met ander mense deur interpersoonlik op te tree en nie onafhanklik my eie voordeel te soek nie.
Ses Paradigm Van Menslike Interaksie;
1 Wen-wen.
Mense wie se keuse dit is om te wen en wat seker maak dat die ander partye ook wen. Hulle neem nie oorhastige besluite nie, maar soek die regte oplossing wat beide partye beginstig.
Hulle Karaktertrekke is:
- Soek gemeenskaplike belange.
- Hulle samewerkend en nie mededingend nie
- Luister graag, bly langer betrokke in besprekings, en het meer vertroue in huleself en hul mede mens.
Mense met ‘n wen-verloor houding dink en voorsien net vir hulself. Hulle wil net wen en hou daarvan as ander verloor. Hulle begin met hulself en eindig met hulself. Hulle werk slegs vir hul eie sukses ten spyte van ander. Hulle dryfkrag is: Kompetisie; krag; posisie en kompronie.
Hulle Karaktertrekke is:
- Hulle is algemeen voorskriftelik vir ander mense.
- Hulle het ‘n gesagtelike aanvoering
- Maak gebruik van hul posisie, persoonlikheid en geloofsoortuiging om te kry wat hulle wil hê.
3 Verloor-Wen
Mense wat kies om te verloor sodat ander kan wen. Hulle gee om vir ander mense en het nie die behoefte om teen ander op te tree nie, want hulle het nie die moed om hul eie gevoelens en oortuigings bekend te maak nie. Hulle word maklik getem en kry hul krag uit aanvaarding en gewildheid. (solank ek aanvaar kan word en die ander nie agterkom hoe swak en ellendig ek is nie)
Hulle Karaktertrekke is:
- Het geen standaard, geen vereiste en het geen verwagting vir ander mense nie.
- Hulle is vinnig om ander te bevredig en te gehoorsaam.
- Hulle verberg hul eie gevoel en verwagtings.
4 Verloor-Verloor
Mense wat ‘n verloor-verloor paradigma het, het nie moed en inagneming vir ander nie. Hulle is jaloers en kriteseer ander mense. Hulle verneder hulself en ander mense.
Hulle Karaktertrekke is:
- Hierdie mense voel hoogs afhanklik van ander.
- Hulle is dieselfde as mense wat nie wil hê dat iemand moet wen nie.
- In die lang termyn is hul uitkyk na wen-verloor, verloor-wen of slegs wen.
5 Wen
Mense wat net wil wen dink net aan hulself. Hoewel hulle nie daarop uit is dat ander verloor nie, het hulle in persoonlike ingesteldheid om te wen. Hulle dink en handel onafhanklik sonder om sensetief en bewus van ander mense.
Hulle Karaktertrekke is:
- Hulle is self gesentreerd.
- Hulle denke is “Ek kom eerste”
- Gee nie om of ander mense verloor of wen nie.
- Hulle is onvergenoegt en begeer altyd meer.
6 Wen-Wen of geen ooreenkoms
Dit is die hoogste vorm van wen-wen. Hulle soek eerste vir wen-wen. As hulle nie ‘n aanvaarbare oplossing vind nie, maak hulle seker en sorg dat hulle nie aan die kortste end trek nie, en dra sorg dat alby partye verloor.
Hulle Karaktertrekke is:
- Laat toe dat alby kante saamstem dat niemand wen nie.
- Is baie realisties in die begin van ‘n verhouding of vergadering.
- Dit is die sterkste vorm van wen.
Ons word groot met die gedagte van kompetiesie en vergelykings. Ons dink die lewe gaan om sukses te behaal en om oorwinning oor ander mense te kry. Terwyl samewerkinig, verhoudinge bou en beter resultate verkry. Wanneer ‘n mens op ‘n wen-wen basis werk is dit tot die voordeel van alle mense. Dit bou jou karakter positief en maak jou gewild, dit verskaf ook ‘n innerlike tevredenheid wat nie by die ander paradigmas van menslike interaksie teenwoordig is nie.
VIER DEMENSIES VAN WEN-WEN
Dit word gebore uit integriteit, volwassenheid en ‘n oopenlike gemoed. Dit ontspring uit goeie verhoudings en dit groei uit effectiewe verwagtinge en goeie resultate vir almal. Ons kan die wen-wen paradigma in vier dimensies plaas:
- Karakter
- Verhoudings
- Ooreenkoms
- Sisteme & Prosesse
DIE WEN-WEN KARAKTER
Integriteit
Mense met integriteit is opreg en eerlik met hulle eie gevoelens, waardes en beloftes
Volwassenheid
Volwasse mense in nie skaam om hul ideas en gevoelens dapper uit te spreek nie en het gevoel en empatie vir ander mense.
Oorvloedige mentaliteit
Mense met oorvloedige mentaliteit glo dat daar genoeg is vir almal
WEN-WEN OOREENKOMSTE
‘n Effektiewe wen-wen ooreenkoms skep: Duidelike gemeenskaplike ooreenkomste gebaseer op vyf arias:
- Verwagte resultate,
Maak die verwagte eindoel duidelik ( wat jy wil bereik) - Duidelike ruglyne,
Lê vaste ruglyne en sperdatums vas. - Hulpbronne,
Maak 'n lys van name van mense, finansieel, tegnies, organisasies, ens. Wat benodig word om die taak te voltooi. - Verantwoordelikhede
Wees duidelik met wie vir wat verantwoordelik is, en stel ‘n aksie plan op. - Gevolge.
Bereken die gevolge of dit ‘n Wen-Wen resultate gaan lewer.
Mense wat nie mekaar vertrou nie, kan nie ‘n wen-wen verhouding bou nie. Vertroue word gebou deur gereelde belegings in die emosinele bank en word verbreek deur ontrekkings. Dit is ook ‘n Bybelse beginsel om in mense te belê.
Mat 7:12 Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete.
1Kor 10:24 Laat niemand sy eie voordeel soek nie, maar elkeen die voordeel van ‘n ander.
Gewoonte Vyf: Verstaan Eers Voordat Jy Verstaan Word.
Hierdie gewoonte gaan oor jou houding en verhouding met mense asook jou komminukasie vermoë, en dit gaan oor empatie in mense verhoudings.
Sleutel paradigm:
Ek neem aan dat ek nie ten volle verstaan nie, daarom moet moet ek eers luister.
As ek eers luister om te verstaan, sal ek beter verstaan word.
Luister met empatie:
Die woord empatie beteken:
Em - innerlike
Patie -gevoel
Komminukasie Hindernisse.
Dink aan die groot moeilikheid wat jy gehad het om ander mense te verstaan, of wanneer jy mense probeer oortuig het om jou te verstaan. Baie keer het jy jouself geoordeel of is jy verkeerd beoordeel. (Jy verstaan nie!) Dit het jou kwaad gemaak omdat ander jou nie verstaan het nie en jy nie hul optrede kon verstaan nie. Dink ook aan die tye toe jou emosies oorgeloop het en jy nie die regte woorde kon sê nie.
Diagnose moet voor voorskrifte kom
Die belangrikste deel van komminukasie word deur so baie mense verwaarloos, naamlik, om te luister. Hulle luister nie met empatie nie, maar luister en vergelyk dit wat hulle hoor met hul eie ondervinding en gee raad en mening voordat hulle werklik verstaan wat ander bedoel.
Ons jaag so deur die lewe en het werklik nie meer tyd vir mekaar nie wat nog van gevoel. Ons moet meer tyd neem en probeer om mekaar te verstaan. Probeer om jou self in ‘n ander se posisie te plaas; sodat jy kan ervaar wat hy ervaar. Vra jou self af: “Hoe sou ek gevoel het as dit met my gebeur het?” Skep ruimte vir ander mense, en betoon die nodige respek vir ander mense. Bid en vra die Heilige Gees vir leiding. As die mense sien dat jy werklik omgee en hulle verstaan, sal hulle, hulself meer oopmaak en jou hulp en leiding aanvaar.
Verskillende Luister Vlakke
Ons word van ons skool jare geleer om te praat, te skryf en te lees, maar baie min tyd word werklik gebruik om jou te leer luister. Dit is, as jy werklik daaraan dink; die grootste behoefte van ons tyd is om iemand te vind wat kan luister, en nie uitpraat nie!
Ek is seker dat die meeste selfmoorde, oorloë, en probleme opgelos kan word as ons mekaar beter leer ken en werklik verstaan. Daar is 5 vlakke van luister. Op watter luister vlak is jy?
- Ignoreer
Maak geen moeite om te luister nie, jy gee glad nie om nie. Kyk weg as iemand met jou praat of skryf of werk met een of die ander ding; kyk TV ens. Het iemand dit al met jou gedoen? Dan weet jy hoe voel ‘n ander persoon wie jy ignoreer! - Gee voor dat jy luister
Luister met ‘n dowe oor, gee voor dat jy luister. Terwyl die persoon met jou praat is jou gedagtes nie by dit wat hy sê nie maar op ‘n ander plek. Hoe voel jy as iemand dit met jou doen? Net so voel ander mense as jy dit met hulle doen! - Luister selektief
Hoor net wat hy wil hoor. Terwyl `n ander persoon praat en jou verduidelik, vang jy slegs een woord waarop jy riageer en hoor jy nie die volle verduideliking nie, ‘n halwe boodskap wat heel moontlik glad nie dit is wat bedoel word nie. Het dit al met jou gebeur? - Luister met aandag
Om aandagtig te luister wat gesê word, en dat dit met jou eie ondervinding te vergelyk, en dan komentaar te lewer soos jy die verstaan het: “Kom ek vertel jou wat met my gebeur het” Dit is nie wat ‘n persoon wil weet nie want hy is nie jy nie! Hy soek ‘n antwoord vir sy probleem. - Om te luister met empatie.
Nommer 5 is die regte manier!
Elke persoon is uniek, wat sal luister en die uniekheid van 'n persoon verstaan? Stephen R.Convey
Autobiografise Reaksie
Een van die grootste hindernise in interpersoonlike komminukasie is die gewoonte om te reageer deur vergelykings te maak met eie ondervindings. Ons gee raad; intepeteer en evalueer ander mense se boodskappe autobiografies. Kom ons kyk byvoorbeeld na:
Stel vrae: Vra mense uit volgens ons eie raamwerk en agenda.
Interpetasie: Verstaan ander mense se motiewe en handelwyses gebaseer op eie ondervinding. Probeer om mense te verstaan, maar slaag nie werklik daarin nie.
Evaluering: Beoordeel, en veroordeel volgens jou siening en verstaan nie werklik die ander nie.
As ons die menslike gewoonte kan oorwin wat ander gou oordeel, diagnoseer, gevolgterkings maak en ons self te verdedig, of om ons eie idees op ander mense te forseer sal ons komminikasie met ander verbeter. Ons moet ophou om deur ons eie bril of paradigm na ander te kyk en te handel.
Sodra ons met meer deurnis en empatie luister, en probeer om jou self in ‘n ander mens se skoene plaas sal komminukasie werklik plaasvind. Maar dit is belangrik om jouself en jou eie ondervinding uit te skakel sodat jy ‘n ander beter kan verstaan.
Dit is nie altyd wat gesê word wat gehoor word nie maar hoe jy dit ontvang. Kyk hoe ‘n boodskap uitgestuur word, dit word nie slegs deur woorde vertel nie. Vra jou self af of jy werklik hoor wat gesê word. Kyk na die persoon se lyftaal sien die emosies raak en indien jy nog nie verstaan nie vra: “Hoe voel jy daaroor?” “Wat beteken dit vir jou?” “Wat dink jy moet gedoen word”? ens.
Die boodskap wat uit gaan word soos volg ontvang:
Van die woorde word slegs 7% gehoor
Die lyftaal bevat 55% van die boodskap
Hoe dit boodskap gesê (gevoel), word bevat 38% van die boodskap
EFFEKTIEWE LUISTER
- Luister met empatie
- Skakel eie ondervinding uit en plaas jou in die persoon se posisie
- Bid en vra die Heilige Gees vir leiding
- Let op na lyftaal
- Let op na die emosies in die uitspreek van die woorde
- Vra vrae soos: “Hoe het jy gevoel?” “Hoe voel jy nou daaroor?”
- Skakel jou innerlike geraas uit (jou gedagtes moet by die spreker wees)
- Behou oogkontak, en moet nie verveelig met jou hande, voete of wat ook al beweeg nie. Wys dat jy omgee en belang stel.
- Moenie dadelik raad gee nie maar bid eers daaroor en gebruik proaktiewe denke soos in gewoonte een bespreek.
- Evalieer en laat die persoon die regte besluit neem, jy moet slegs die voorstel maak en hom lei om die regte besluit te maak.
Rom 15:1-3 En op ons wat sterk is, rus die verpligting om die swakhede te dra van die wat nie sterk is nie, en nie onsself te behaag nie. Want elkeen van ons moet die naaste behaag met die oog op wat goed is tot stigting. Want ook Christus het Homself nie behaag nie, maar soos geskrywe is: Die smaadhede van die wat U smaad, het op My geval.
Gal 6:1-2 Broeders, as iemand ewenwel deur een of ander misdaad oorval word, moet julle wat geestelik is, so een reghelp met die gees van sagmoedigheid, terwyl jy op jouself let, dat jy ook nie versoek word nie. Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus.
GEWOONTE SES: SINERGIE (Spanwerk)
Sinergie is wanneer twee of meer mense in ‘n span meer bereik as wat hulle op hul eie kon bereik het.
Sleutel paradigm:
- Al is verskil ek van ander mense, soek ek die derde alternatief.
- Samewerking neem tyd maar dit lewe beter resultale op die langduur.
Om sinergie is `n komenasie van gewoonte 4 & 5
RUGLYNE VIR SINERGIE
- Weer bereid om ‘n oplossing te vind wat beter is as wat julle nou van weet
- Werk op ‘n wen-wen beginsel. As almal saamwerk met planne en met passie sal daar ‘n oplossing gevind word wat vir almal sal werk.
- Herken almal se sienings, insette en voorstelle. Hou ‘n oop gemoed om selfs na die grootste droom te kyk.
- Beweeg uit die gewone na beter gedagtes en nuwe rigtings.
- Onthou jy kan nie jou punt plaas as jy nie bereid is om na ‘n ander se voorstel te luister nie, en verstaan het wat die inhoud daarvan is nie.
- Praat totdat daar ‘n oplossing gevind is wat almal laat goed voel.
- Elkeen moet ‘n kans kry om sy gevoel uit te spreek
WAT IS SINERGIE?
- Beteken om saam ‘n oplosing te vind wat ons nie op ons eie sal vind nie.
- Dit is om in die sirkel van invloed te werk en sodoende ‘n klimaat van “ons het mekaar nodig” te skep. Gewoonte 1
- Die is ‘n samevating van gewoonte 4 en gewoonte 5
Gewoonte Sewe
Skerp Maak; Om jouself vars te hou deur jouself op te skerp
"'n Lang, gesonde en gelukkige lewe is die resultaat van die maak van bydraes, van betekenisvolle projekte wat persoonlik opwindend is en bydra tot en seën die lewens van ander." – Hans Selye
Die mens is ‘n wonderlike skepping van ‘n wonderlike God. Jy kan bly soos jy is, of jy kan ontwikkel tot die beeld en Gelykenis van God. Om te ontwikkel beteken jy moet ten eerste ‘n besluit neem om te verander. Daar is nie ‘n ouderdom waar jy kan sê, ek is te jonk of te oud om te leer, of om te verander nie. Ons het in die eerste ses gewoontes geleer dat jy jou lewe meer effektief kan bestuur. Die sewende gewoonte wat jy moet aanleer is om aanhoudend te groei en jou lewe skerp te maak, soos ‘n mens ‘n stomp saag sou skerp maak dat dit beter kan sny.
Die Vier Areas Wat Gereeld Ontwikkel Moet Word.
- Fisiese
Ons bou en verbeter ons fiesiese gesondheid deur gereeld te oefen, gesonde kos te eet, genoeg rus en om jou stress vlakke laag te hou. - Verstand
Ons bou ons kennis en ontwikkel ons brein deur om meer inligting te versamel deur lees, skryf en te dink. Moenie alles aanvaar nie maar ondersoek dit. - Geestelike
Ons ontwikkel geestelik deur Bybel lees, asook geestelike boeke, deur gebed en die bywoon van geestelike byeenkomste. - Emosiele en Sosiale
Ons ontwikkel op emosieele en sosiale vlakke as ons gereeld inbetalings doen in die emosiele bank van ander mense. Deur ander mense te help bou jy jou eie selfbeeld en jou gevoel van persoonlike waarde.
“It is more noble to give yourself completely to one individual than to labour diligently for the salvation of the masses.” – Dag Hammarskjold.