Hantering van Konflik
Konflik is kragtig – Dit kan enige verhouding maak of breek.
Spr. 6:12-14 ‘n Deugniet, ‘n kwaaddoener is hy wat met ‘n valse mond rondloop, wat met sy oë knip, met sy voete beduie, met sy vingers tekens gee; in wie se hart valse streke is, wat altyd onheil bewerk en tweedrag saai.
Die effek van konflik op die verhouding tussen mense, kan drie dinge laat gebeur.
Konflik kan as eerlike verskille beskou word, as die betrokke partye bereid is om mekaar met respek te behandel en mekaar op 'n liefdevolle manier met die waarheid te konfronteer. Alle mense verskil van mekaar; almal se siening is nie dieselfde nie. Ons moet mekaar ruimte gee. As jy van ander verskil, moet jy probeer om hulle te verstaan voordat jy jou eie siening op hulle afdwing! God het elke mens uniek gemaak! Jy kan nie soos ander wees nie en ander kan nie soos jy wees nie! Dit is belangrik dat ons van mekaar verskil anders sal ons nie goeie gesonde besluite kan neem nie! Daar is mense wat:
Al hierdie sienings is belangrik dat ons die regte besluite kan neem! Dit is belangrik dat ons nie onnodig ons eie siening op ander forseer nie maar na almal luister. Redeneer met mekaar en gebruik positewe konflik om die regte besluit te neem. Moenie net vir jouself lewe nie; maak ruimte vir ander in jou lewe!
Die onderskeiding tussen Assertiewe, Onderdanige en Aggressiewe Gedrag
Assertiewe Gedrag
(Om met selfvertoue op te tree met wedersydse respek)
Doel
Die doel van assertiewe gedrag is kommunikasie; wedersydse respek en die aangaan van `n kompromis indien persone se regte of behoeftes konflikteer.
Toepassing van regte
Eie persoonlike regte word uitgeoefen en die regte van andere word gerespekteer
Moontlike nadele
Eerlike optrede kan lei tot konfrontasie en teleurstelling. Die gedrag verg `n herwaardering van eie basiese lewens waardes. Moet verantwoordelikhad vir eie lewe neem. Dit verg wilskrag om die ou gebruiklike patroon te wysig.
Onderdanige Gedrag
Doel
Die doel van onderdanige gedrag is om ander teverde te stel, en om konflik ten alle koste te vermy
Toepassing van regte
Die persoon minag sy eie basiese regte en dit word ook deur ander verontagsaam.
Moontlike nadele
Leef nie eie lewe nie. Verlies aan selfbeeld. Verhoudings is onbevredgend en minder intiem. Ander se belangstelling neem gou af. Ander voel skuldig, jammer, geirriteerd en kwaad teenoor die persoon. Het nie beheer oor eie emosies nie. Kom tot uitbarstings. Is indirek foutsoekerig, ondermynend en sarkasties. Ervaar interne spanning. Kan sielkundig en fisioliiese nadele hê.
Aggressiewe gedrag
Doel
Die doel van aggressiewe gedrag is om andere te domineer en om die “oorwinning” te behaal ten koste van andere wat “verloor”. Hierdie “oorwinning” gaan gepaard met die vernedering en oorheersing van ander.
Toepassings rede
Eie persoonlike regte word oormatig beklemtoon en die regte van andere word geminag.
Moontlike nadele
Raak in argumente betrokke, Andere voel verneder, Die gedrag maak vyande ontlok teen agressie en weerstand, Bang vir vergeldigstappe. Wanneer opposisie die aggressie beheer, verloor hulle beheer oor hulself en moet altyd hulself verdedig. Voel later skuldig, dat die aanvaller hom nie vertrou nie. Word geisoleer, vervreem en verloor self vertroue. Kan nie eie woede hanteer nie. Gesondsrisiko. Dit Skep `n gevaarlike samelewing.
Deelname en riglyne vir positiewe konflik onderhandeling
Gewilligheid om te praat: Teen die agtergrond van wat hierbo reeds oor die belangrikheid van kommunikasie gesê is, is dit hier van selfsprekend dat alle partye hulle daartoe moet verbind om vir mekaar ruimte tot deelname aan die gesprek te gee en ook hulle daartoe verbind om gewillig te wees om self, deel te hê met die gesprek.
Die middelaar moet uit die aard van die saak 'n persoon wees wat werklik objektief na alle kante van die saak te luister en die gesprek te begely na 'n oplossing. Sy taak is nie om namens die partye besluite te neem nie, maar om hulle na die besluite te begelei.
Waneer `n derde party betrek word kan jy die volgende riglyn gebruik:
Besluit voordat dit handuit ruk. Moenie voorgee dat julle nie 'n probleem ondervind nie. Die derde party moet:
Matt.7:12 Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete.
Pas die vrug van die gees toe:
Gal.5: 22 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.
Wees vriendelik
2 Tim.2: 23-24 En die dwase en onverstandige strydvrae moet jy afwys, omdat jy weet dat dit twis verwek; en ’n dienskneg van die Here moet nie twis nie, maar vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om te onderrig en een wat kwaad kan verdra.
Wees nie strydlustig nie.
1Tim 3:1-2 HERINNER hulle daaraan om onderdanig te wees aan owerhede en magte, om gehoorsaam te wees, bereid tot elke goeie werk; om niemand te belaster nie, nie strydlustig te wees nie, vriendelik te wees en aan alle mense alle sagmoedigheid te bewys.
Vergeld niemand kwaad vir kwaad nie.
Rom.12: 16 wees eensgesind onder mekaar; moenie na hoë dinge streef nie, maar voeg julle by die nederige; moenie eiewys wees nie; vergeld niemand kwaad vir kwaad nie; bedink wat goed is voor alle mense;

- Dit kan mense nader aan mekaar bring en hulle help om mekaar beter te verstaan.
Dit kan gevoelens van goedgesindheid en liefde neuteliseer, wanneer mense betrokke is in “`n wen – verloor –magstryd” en lei tot `n koue admosfeer. - Onopgeloste gevoelens, skep afstand en kan lei tot permanente afstand tussen mense.
- Konflik is natuurlik en normaal. Sommige mense sal selfs sê dat konflik genotvol is. Dit is ‘n situasie wat aanwesig is waar twee of meer mense saam werk of lewe. Dit hoef nie tot ‘n pynlike rampspoedige einde te lei nie! Dit is egter nie oor die konflik wat ons bekommerd moet wees nie, maar oor ons hantering van konflik! Hoe ons verskille beskou, benader en verwerk, dit bepaal ons lewenspatroon en lewens gehalte.
Konflik kan as eerlike verskille beskou word, as die betrokke partye bereid is om mekaar met respek te behandel en mekaar op 'n liefdevolle manier met die waarheid te konfronteer. Alle mense verskil van mekaar; almal se siening is nie dieselfde nie. Ons moet mekaar ruimte gee. As jy van ander verskil, moet jy probeer om hulle te verstaan voordat jy jou eie siening op hulle afdwing! God het elke mens uniek gemaak! Jy kan nie soos ander wees nie en ander kan nie soos jy wees nie! Dit is belangrik dat ons van mekaar verskil anders sal ons nie goeie gesonde besluite kan neem nie! Daar is mense wat:
- Hulle bepaal wat nou belangrik is en gee nie om wat gaan gebeur nie.
- Ander bepaal eers die rigting waarheen hulle beweeg; en vra of ons met die regte dinge besig is. (soos die persoon wat `n huis moet verf, en maak nie seker of hy die regte huis verf nie)
- Ander konsentreer op die einddoel; sonder deuglike beplanning om dit te bereik.
- Ander sien versperings; wat gaan verhinder om die doel te bereik.
- Daar is ook die mense wat alles haarfyn beplan voordat hulle `n besluit kan neem.
- Daar is ook mense wat deur hul gevoel gedryf word. (Dit wat volgens hulle moet moet gebeur)
Al hierdie sienings is belangrik dat ons die regte besluite kan neem! Dit is belangrik dat ons nie onnodig ons eie siening op ander forseer nie maar na almal luister. Redeneer met mekaar en gebruik positewe konflik om die regte besluit te neem. Moenie net vir jouself lewe nie; maak ruimte vir ander in jou lewe!
Die onderskeiding tussen Assertiewe, Onderdanige en Aggressiewe Gedrag
Assertiewe Gedrag
(Om met selfvertoue op te tree met wedersydse respek)
Doel
Die doel van assertiewe gedrag is kommunikasie; wedersydse respek en die aangaan van `n kompromis indien persone se regte of behoeftes konflikteer.
Toepassing van regte
Eie persoonlike regte word uitgeoefen en die regte van andere word gerespekteer
Moontlike nadele
Eerlike optrede kan lei tot konfrontasie en teleurstelling. Die gedrag verg `n herwaardering van eie basiese lewens waardes. Moet verantwoordelikhad vir eie lewe neem. Dit verg wilskrag om die ou gebruiklike patroon te wysig.
Onderdanige Gedrag
Doel
Die doel van onderdanige gedrag is om ander teverde te stel, en om konflik ten alle koste te vermy
Toepassing van regte
Die persoon minag sy eie basiese regte en dit word ook deur ander verontagsaam.
Moontlike nadele
Leef nie eie lewe nie. Verlies aan selfbeeld. Verhoudings is onbevredgend en minder intiem. Ander se belangstelling neem gou af. Ander voel skuldig, jammer, geirriteerd en kwaad teenoor die persoon. Het nie beheer oor eie emosies nie. Kom tot uitbarstings. Is indirek foutsoekerig, ondermynend en sarkasties. Ervaar interne spanning. Kan sielkundig en fisioliiese nadele hê.
Aggressiewe gedrag
Doel
Die doel van aggressiewe gedrag is om andere te domineer en om die “oorwinning” te behaal ten koste van andere wat “verloor”. Hierdie “oorwinning” gaan gepaard met die vernedering en oorheersing van ander.
Toepassings rede
Eie persoonlike regte word oormatig beklemtoon en die regte van andere word geminag.
Moontlike nadele
Raak in argumente betrokke, Andere voel verneder, Die gedrag maak vyande ontlok teen agressie en weerstand, Bang vir vergeldigstappe. Wanneer opposisie die aggressie beheer, verloor hulle beheer oor hulself en moet altyd hulself verdedig. Voel later skuldig, dat die aanvaller hom nie vertrou nie. Word geisoleer, vervreem en verloor self vertroue. Kan nie eie woede hanteer nie. Gesondsrisiko. Dit Skep `n gevaarlike samelewing.
Deelname en riglyne vir positiewe konflik onderhandeling
- Onderhandeling: Dit is 'n proses waarin alle betrokke partye gewillig is om op verskillende maniere saam te werk om uiteindelik 'n bevredigende oplossing vir die konflik te bereik.
- Vrywillige vennootskap: Die partye moet sonder dwang gewillig wees om deel te neem. Die oomblik wat iemand gedwing moet word, val 'n belangrike fondament in die gesprek weg en kan nie op volle samewerking gereken word nie. Daarby moet almal besef dat dit gaan om 'n vennootskap waarin die een pary nie oor die ander heers of meerdere gesag dra nie. Almal bevind hulle op gelyke voet en die partye moet ook instem om mekaar daardie posisie te gun.
Gewilligheid om te praat: Teen die agtergrond van wat hierbo reeds oor die belangrikheid van kommunikasie gesê is, is dit hier van selfsprekend dat alle partye hulle daartoe moet verbind om vir mekaar ruimte tot deelname aan die gesprek te gee en ook hulle daartoe verbind om gewillig te wees om self, deel te hê met die gesprek.
- Gewilligheid om te luister (Jak 1:19-20): Jakobus plaas geweldige klem op die noodsaaklikheid om na mekaar te luister. Mens sou amper kon sê dat die noodsaaklikheid om te luister selfs van nog groter belang is as om te praat. Met luister word hier natuurlik al die komponente van kwaliteit luister bedoel. Luister is meer as hoor, luister is aandag gee, seker maak dat jy die feite reg hoor, jou afleidings telkens kontroleer sodat jy nie hoor wat jy wil nie, maar die werklike bedoeling van die spreker verstaan.
- Saamwerk aan 'n oplossing: Alle partye moet gewillig wees om saam te werk aan 'n nuwe oplossing waarmee almal tevrede sal wees. Dit beteken dat partye hulle eie belange sal aanpas ter wille van ander se belange en dit nie ten alle koste daaroor sal laat heers nie.
- Die regte gesindheid: Die gesindheid waarmee partye aan 'n konflikgesprek deelneem is die fondasie waarop verhoudings gebou word en is noodsaaklik vir die sukses van die hele saak. Miskien word hierdie gesindheid die mooiste beskryf in Fil 2:3 & 4 met die volgende woorde: "Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander."
- Bemiddeling: As partye nie daarin kan slaag om vrywillig op volwasse manier met mekaar in onderhandeling kan gaan nie, moet die moontlikheid oorweeg word om 'n derde party in te roep om as bemiddelaar tussen die partye op te tree. Al die partye betrokke in die konflik moet egter bereid wees om hulle aan so 'n middelaar se leiding te onderwerp en saam te werk
Die middelaar moet uit die aard van die saak 'n persoon wees wat werklik objektief na alle kante van die saak te luister en die gesprek te begely na 'n oplossing. Sy taak is nie om namens die partye besluite te neem nie, maar om hulle na die besluite te begelei.
Waneer `n derde party betrek word kan jy die volgende riglyn gebruik:
Besluit voordat dit handuit ruk. Moenie voorgee dat julle nie 'n probleem ondervind nie. Die derde party moet:
- Moedig "Ek" boodskappe aan. (Die Ek-boodskap beklemtoon jou gevoel) Om persoonlike aanvalle en beskuldigings te vermy. Versoek dat die deelnemers hul bekommernisse as "Ek" boodskappe weer te gee en nie mekaar aan te spreek nie, hulle moet hul gevoel aanspreek, so in plaas van sê: "Jy is agterlosig en het nie reg opgetree nie” Sal soos volg klik met die “EK” boodskap: “Ek het sleg gevoel toe ek merk dat jy dit nie gedoen het nie” Elke persoon praat oor sy gevoel en val nie die ander aan nie, Identifiseer die probleem nie die person nie!
- Vra elke persoon wat betrokke is om te verduidelik, sonder onderbreking, wat hy of sy voel die probleem is. Luister aandagtig na wat die persoon sê en vermy om kant te kies of om hul weergawe met jou aannames te hanteer.
- Laat elkeen moontlike oplossings van die probleem gee sonder dat ander hom in die rede val. Maak notas van die oplossings om later te bespreek.
- Fokus op, spesifieke gedrag. Weereens, probeer persoonlike aanvalle te vermy deur deelnemers te fokus op spesifieke gedrag. Probeer verstaan waaroor dit werklik gaan! Dit kon die eerste en enigste keer wees wat dit gebeur het, en so kan die gevoel daar agter, aangespreek en hanteer word.
- Vra die betrokke parye om te herhaal wat hulle gehoor het, en hulle sienning daarvan. Dit sal jou help om te bepaal of dit wat hulle gehoor het waar is. As daar dan enige misverstand is, moet dit hanteer word.
- Vra vrae wanneer iets onduidelik is. As jy iets nie verstaan nie, dit is belangrik dat almal duidelikheid het, vra spesifieke vrae sonder om kant te kies.
- Identifiseer oplossings. Vra albei wat verwag hulle moet die uitkoms moet wees en hoe hulle plan is om die probleem te hanteer. As daar nie 'n duidelike oplossing is nie, probeer om 'n kompromie te bereik. Dit moet op `n wen wen basis hanteer word. U kan ook die moontlike oplossings wat gegee was bespreek en laat die groep besluit wat die regte oplossing is.
- Stel `n plan van aksie op. Maak seker dat al die partye tot die oplossing of kompromie kom en by die aksie plan inval. Elke persoon moet weet wat sy of haar rol in die plan sal wees. Hulle moet dit in hul eie woorde uitspreek om seker te maak dat hulle verstaan wat die plan van aksie is.
- Indien geen oplossing of kompromie bereik kan word nie, help die partye om tydelik saam te stem om te fokus op die groter gemeenskaplike doel, wat help om die doelwitte van die organisasie te bereik. Vertel hulle dat jy buite advies vir raad sal soek, indien nodig of hulle verwys na 'n spesialis om hulle te help die probleem op te los.
- Reël weer `n datum en tyd om weer die aangeleenheid bespreek indien nodig as almal daaroor gedink het en kalm is.
- Het die Bybel vir ons enige voorskrifte oor wat om te doen en wat om te vermy om konflik reg te hanteer.