Jy is in beheer van jou lewe!
Geen Vergelykings
Wanneer ons, ons vergelyk met ander mense, om soos hulle te wees, en ons bereik dit nie veroorsaak dit spanning en teleurstelling wat onnodige stres veroorsaak. Jy kan wel na ander se lewe kyk en leer, maar moenie probeer om soos hulle te wees nie. Jy is uniek deur God geskep om jouself te wees.
Kyk na die wiel hierbo en bepaal of jou lewe gebalanseerd is; Kyk waaraan jy die meeste aandag gee deur dit volgens jou aandag te nommer.
Jou lewe is jou verantwoordelikheid! Dit is nie die mense om jou nie, nie jou omstandighede, of wat ook al wat die sukses of mislukking van jou lewe bepaal nie, dit is jyself wat jou mislukking of sukses van jou lewe bepaal!
Om te bereik wat jy wil bereik, en om dit wat in jou onderbewussyn is te verander, sodat jou selfbeeld verander en jy jou grense kan verskuif, moet jy vir jouself slagspreuke opstel wat ’n invloed op jou lewe sal hê. Onthou ons het geleer dat verandering van binne moet kom.
Verander jou siening van jouself en jy skep 'n nuwe lewe. Balanseer jou lewe deur in die sirkel te identifiseer wat verander moet word.
Onthou die drie dimensies: Woorde, prentjie en gevoel. Skep die regte woorde sien jou toekoms, en ervaar die nuwe omgewing waarin jy is!
Sp 4:20-27 My seun, luister na wat ek sê, neig jou oor tot my woorde, laat hulle nie wyk uit jou oë nie, bewaar hulle binne-in jou hart. Want hulle is die lewe vir die wat hulle vind, en ‘n genesing vir hulle hele liggaam. Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe. Verwyder van jou die valsheid van mond, en hou ver van jou af die verkeerdheid van lippe. Laat jou oë reguit kyk en jou ooglede hulle reg voor jou uit hou. Maak die pad van jou voet gelyk, en laat al jou weë vas wees, wyk nie regs of links af nie, hou jou voet ver van boosheid.
Onthou ons werk nie in die eerste natuur nie, maar wel in die tweede. Ons kyk nie wie ons nou is nie, maar wie ons van nou af is.
- Elke slagspreek moet persoonlik aan jou gerig wees: “Ek vind die maklik”, “Dit pas by my”
- Elke slagspreek moet positive wees.
- Bevat die slagspeek wat ek wil hê? Of is dit iets waarvan ek nie hou nie? Is dit die prent wat ek van myself wil en waar ek wil wees?
- Omdat ons in prente sien wil ek nie in my onderbewusyn ‘n gedagte skep wat my sal lei waar ek nie wil wees nie!
- Vra jouself: Hoe gaan dit lyk as jy dit bereik het, en hoe gaan jy voel as jy die ervaar.
- Elke slagspreek moet in die teenswoordigetyd wees.
- Dit moet gekryf word afof dit nou gebeur. Die sal ‘n”Gestalt” veroorsaak want energie opwek en kreatiweteit skep om te verander.
- Elke slagspreek moet wys dat dit bereik is.
- Dit moet geskryf word asof dit al bereik is.
Gestalt (in Duits, ‘n patroon of struktuur) Die psigologiese teorie dat die mens slegs kan verstaan as dit gesien word as in die vorm van ‘n struktuur, geheel georganiseerd. Spesifiek in hierdie leerplan, die begeerte om te werk vir volgorde in die verstand.
Nadat jy jou slagspreek opgestel het toets dit soos volg:
- Bevat my slagspreek emosie? Wek dit emosie in my op? Wek dit positiewe emosie op wat ek begeer?
- Aksie prent; Skep die slagspreek ‘n aksie prent, wat krag, spoed, energie, dryf en passie bevat?
Kom ons kyk na ‘n paar Bybelse voorbeelde:
Ek is ‘n wonderlike mens!
“Ek is ‘n wonderlike mens God ken my by my naam.”
“Die HERE het My geroep van die moederskoot af, van my geboorte af het Hy my naam genoem.” Jes 49:1
Ek is hooggeag!
“Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet.” Jes.43:4
Ek is suksesvol!
“Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.” Fil. 4:13
Ek is kragtig in die Here!
“Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.” Luk. 10:19
Ek is ‘n oorwinnaar niks kan my keer nie!
“Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees?” Rom.8:31
Ek is nooit alleen nie, God woon in my!
“En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid” Joh.14:16
Ek het dieselfde krag wat Jesus gehad het!
“Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo—die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan.” Joh.14:12
Moenie toelaat dat die duiwel en mense om jou steel wat jy van God ontvang het nie. Bewaar dit en gebruik dit!
Indien jy net die bostaande gedeeltes van Skrif jou eie maak sal jy ‘n ander mens wees. Dit is nie daar vir Pastore nie, ook nie vir ander mense nie dit is: VIR JOU GESKYF. Neem dit, lees dit, sien jouself daarin en ervaar wie jy werklik is!
Ondersoek jou lewe, bepaal jou tekorte, deur gebruik te maak van die sirkel en skep ‘n nuwe jy!
Kom ons maak ‘n paar slagspreke op. Hier is nog voorbeelde om te help:
- “Ek het ‘n positiewe verwagting en bereik dit wat ek wil hê, terugslae is tydelik en motifeer my om my doel te bereik”
- “Ek is ontspanne en gereed om daaglikse uitdaagings te hanteer”
Kom ons kyk na die sirkel en bou slagspreeke om dit te balanseer:
Selfbeeld
- “Ek is ‘n gebore wenner, niks kan my onderkry nie”
- “Ek is ‘n mooi mens met groot potensiaal”
- “Ek is spesiaal, omdat ek die skepping van ‘n wonderlike God is.”
- “Ek is gesond en lewe gesond”
- “My liggaam is kosbaar daarom pas ek myself op, eet reg, leef reg, praat reg.”
- “Omdat ek ‘n mooi mens is, daarom maak ek seker dat my liggaam altyd goed versorg is”
- “Mense hou van my, en ek hou van mense”
- “Ek geniet dit om tussen mense te wees”
- “Ek is het vertroue in myself en straal hoop uit vir mense wat my lewe sien”
- “Ek het empatie met mense en ek voel so gelukkig nadat ek ander gehelp het.”
- “Ek is God se spesiaale kind”
- “Dit is so lekker om God in my lewe te hê”
- “Ek leef elke dag vir die Here.”
- “Ek in nooit alleen nie, wat ook al gebeur die Here is altyd naby om my te help.”
- “Ek het krag van God om duiwels uit te dryf, siekes gesond te bid, en om mense te lei na Jesus”
- “Die Bybel is ‘n wonderlike boek, ek geniet die Bybel.”
- “God hoor my gebede en antwoord elke keer as ek Hom aanroep.”
- “Ek geniet die teenwoordigheid van die Here, en leef elke dag in Sy teenwoordigheid”
- “Ek sien uit na elke dag se uitdagings by die werk.”
- “Dit is lekker om te werk en myself te ontwikkel”
- “Ek is ‘n aktiewe mens en uitdagings by die werk is dit wat my energie los maak.”
- “Ek hou van my vriende, en hulle hou van my.”
- “Ek maak maklik vriende.”
- “Ek is versigtig en kies vriende wat my positief beinvloed.”
- “Ek vermy negatiewe mense, omdat ek positief is.”
- “Ek is die sout wat mense verander, die voorbeeld wat ek stel het ‘n positiewe invloed op alle mense wat ek ontmoet.”
- “Ek sien uit na dit wat nog kom.”
- “Voorspoed en sukses sal my volg al die dae van my lewe.”
- “Omdat ek suksesvol is, is die toekoms ‘n uitdaging.”
- “God het my toekoms bepaal, God wag daar vir my.”
- Ek gaan my toekoms versigting beplan, my gedagte programeer om die regte doel vastestel
- Ek gaan terugvoering erenstig opneem om vinnig die regte arias van my lewe aantepas waar ek wil groei.
Ons loop altyd en voortdurend die gevaar om nie akteurs in die drama van ons lewe te wees nie, maar om te reageer met die stroom wat die sterkste vloei van wat op die oomblik met ons gebeur.
Wie beheer jou lewe?
God het vir elke mens ‘n lewe geskenk, jy is nie die eienaar van jou lewe nie. Dit kom van God. Die lewe wat jy van God ontvang het is tydelik, dit het ‘n begin en ‘n einde. Van jou geboorte af tot jou sterfdag is jy in beheer van jou lewe. Jy het jou eie wil en kan jou eie keuses uitvoer. Die dag wanneer jou tydelike lewe eindig, sal jy moet rekenskap gee! As dit bevind is dat jy jou lewe reg beheer het en gehoorsaam was aan God sal jy die ewige lewe ontvang, indien jy ongehoorsaam was sal jy die ewige verderf ontvang.
In dit tydperk van jou tydelike lewe het jy die mag om dit in die regte rigting te stuur sodat jy jou ewige lewe kan verseker en jou tydelike lewe ‘n sukses te maak. Sukses en die ewige lewe hang nie af van jou omstandighede nie. Dit word nie bepaal deur jou opvoeding nie, nie deur jou verstandelike vermoë nie,, nie deur wie jy is nie en ook nie deur dit wat mense van jou sê nie! Jy moet in beheer kom van jou lewe sodat jy ‘n sukses daarvan kan maak!
“Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.”
Die betekenis van die word “oorspronge” in Grieks is: “towtsa’ah [to-tsaw-aw] wat beteken “grense”
Met ander woorde jou gedagte en dit wat in jou hart is bepaal die grense waarin jy wandel! Om hierdie grense uit te brei moet jy jou self beter verstaan en in beheer kom van jou lewe. Moenie toelaat dat externe invloede of jou verlede, of die mense om jou die grense bepaal nie, kom in beheer sodat jy ‘n sukses van jou tydelike lewe op aarde kan maak en as belonging die ewige lewe kan ontvang.
Sp 12:28 Op die pad van geregtigheid is lewe, en die rigting van dié pad is onsterflikheid.
Die natuur van die mens
Die mens is 'n tipe missiel wat geprogrammeer is om 'n teiken te soek. Die rigting van ons lewe word bepaal deur wat ons teiken! Die sukses van elke mens se lewe word bepaal deur die kwaliteit en die omvang van sy doel of teiken. Daarom is dit baie belangrik om seker te maak dat ons teiken korrek is.
“Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word,”
Daarom moet ons die rol van terugvoering ook verstaan, om die regte doel daar te stel wat genoegsame kriatiwiteit sal aanwakker, en om jou ‘n passie te gee om die doel te bereik.
Teleologiese Natuur.
Ons teleologiese aard beteken dat ons doelgerig leef en dat dit nodig is om voortdurend na 'n doel of teiken te soek. Teleogie is die teorie wat uiteindelik die rigting bepaal van alles wat bestaan net soos die orde in die Kosmos nie wisselvallig is nie maar in 'n vaste rigting beweeg.
Terugvoering
Dit is die informasie wat ons van ons sintuie ontvang, wat kom van die omgewing om ons, wat vir ons aandui wat ons vordering is. Dit sal ons help om te besluit om ons houding te verander of om daarmee aan te gaan; dit is ons psigologiese en sintuiglike informasie. (psigologiese: menslike se gedragspatroon)
Natuurlike Kratiwiteit
Alles wat ons deur die lewe ervaar het word in die “neurons” van ons brein gestoor, al die boeke wat ons gelees het, al die flieks wat ons gesien het, alles wat ons op TV gekyk het, elke gesprek wat ons gevoer en gehoor het, elke preek waarna ons geluister het! Die mens is ‘n wonderwerk met ‘n databases wat meer bevat as wat die grootste rekenaar nie kan hanteer nie.
Dit wat in die onderbewusyn van die mens is beheer sy optrede, sy houding en sy reaksies op gebeure. Dit is nie altyd gebaseer op die waarheid nie, maar soos hy dit persoonlik ervaar het! Dit is ook nie onbeweeglik vas gestel in die mens nie maar kan verander word, sodat die mense se uitkyk van die lewe verander kan word.
Konflik
Daar is altyd ‘n innerlike geveg in die mens se gedagte wêreld. Ons kan nie twee teenstrydige idees in ons gedagtes hou nie, want die een rebileer teen die ander! Dit skep konflik in ons:
Gal 5:17 want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.
Rom 7:19-20 Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek. Maar as ek doen wat ek nie wil nie, dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde wat in my woon.
Dit wat in my “neurone” gestoor is neem beheer oor en bepaal die rigting van my denke dit verskaf ook die bril waardeur ek kyk, en dit bots met dit wat ek ervaar!
Inkubasie
Wanneer ek twee teenstrydige idees of gedagtes het, kom die volgende aksie in werking wat ons inkubasie noem (om uit te broei) Dit is wanneer ons onderbewusyn aan die werk spring en vir ‘n antwoord gaan soek in ons bastaandte databasis wat deur lewens ervaaring in die “neurous” van ons brein gestoor is. Indien dit nie daar opgelos word nie soek ons na oplossings by ander mense, of in boeke, in die Bybel en soms op verkeerde plekke soos in dwelms, drank, by mense wat waarsê, toordokters ens, totdat die konflik hanteer is. Dit kan ook vir onvlugting soek deur selfmoord en moord gedagtes op te wek.
Verligting
Dit is wanneer jy dink dat jy die oplossing gevind het, wanneer die lig aangaan in jou onsekerheid verlig! Nou is dit belangrik om die regte keuse te maak en seker te maak dat dit wat vir jou na die oplossing klink, reg is. So maklik neem ons besluite wat reg klink vir ons maar waarvan die gevolge nadelig is. Indien ons besluite neem wat verkeerd is, waarvan die gevloge daarvan nadelig is, sal die hele proses homself net weer herhaal en die konflik sal grooter word. Voordat jy oorgaan na die volgende stadium, maak seker dat jy reg besluit het. Bid en vra leiding van die Here, raadpleeg ‘n vriend wat die Here dien en vir jou omgee. Oorweeg dink aan die gevolge, en wag op die Here totdat jy seker is dat dit werklik die antwoord is. Onthou jy het dit reg om jou eie keuse te maak, maar jou keuse bepaal die resultaat nie jy nie! Dit is belangrik om die verligte antwoord wat jy ontvang neer te skryf, want dit kom in die meeste gevalle slegs een keer.
Jes 8:19 En as hulle vir julle sê: Raadpleeg die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê, wat piep en mompel—moet ‘n volk nie sy God raadpleeg nie; moet vir die lewendes die dooies gevra word?
Lees ook: 1Joh.4:1-6 & Matt.7:15-20
Implementering
Dit is wanneer jy dit wat jy jou besluit in werking stel. Soms voel jy onseker oor dit wat jy besluit het. Vra jouself: Dit wat jy besluit het, wat sal die gevolge wees as jy dit doen? Indien dit negatief sal wees vir jou of vir ander mense, moet jy dit nie doen nie!
Mat 7:12 "Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en die profete."
Dit is goed dat jy ander mense raadpleeg maar dink mooi en oorweeg versigtig wat hulle daaroor dink. Moenie ‘n besluit neem wat teenstrydig is met God se Woord nie, Bid vir leiding van die Heilige Gees. Indien jy ‘n besluit geneem het wat nie reg is nie sal jy weer oor moet begin, met moontlike skade wat die verkeerde besluit veroorsaak het! Daar is geen beter Vriend as die Here nie, weet dat Hy jou gebede hoor en omgee, om jou met die beste raad te bedien. As jy met iemand moet praat, kies iemand wat lief is vir die Here, ‘n persoon wie se lewe getuig dat hy die Here dien, nie ‘n persoon sê hy dien die Here nie, maar een wat die vrugte van bekeering dra!
Ons Doelwit se oorsprong
Kom ons praat van die krag van die vasstelling van ‘n doelwit, om veranderings in jou lewe en in die lewens van die mense om jou, in jou familie en jou werk te bring. Indien jy leef soos jy nou leef en geen verandering in jou lewe toepas nie, wat gaan die uiteinde van jou lewe wees?
Dit kan vir jou nou reg lyk omdat jy nie nou oor die toekoms bekommerd is nie, maar onthou die sukses van jou lewe is nie in die hande van die mense om jou nie en ook nie van die Here nie, God het jou die lewe geskenk, dit is in jou hande solank as wat jy leef om dit te bestuur, nadat jou lewens tyd verby is sal Hy rekenskap van jou eis:
Open. 20:13 Die see het die dooies teruggegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dooies teruggegee wat in hulle was, en oor elkeen is geoordeel volgens wat hy gedoen het.
Omdat jy in beheer is van jou lewe, moet jy eers jou eie natuur verstaan, voordat jy in beheer kan kom van jou lewe. Dit is belangrik dat jy jou lewens rigting moet vasstel op die weg wat deur God bepaal is. Jou huidige omstandighede moet die wegspring plek wees om sukses te behaal. Jou huidige omstandighede is nie ‘n rem nie maar wel die krag om jou te help met die wegspring!
Onthou die lewe skuld jou niks, God skuld jou niks! Jou lewe is ‘n geskenk wat van God kom, in jou is die potensiaal om ‘n sukses van jou lewe te maak. Jy is dit aan jouself, aan die wereld om jou en aan God verskuldig om in beheer te kom van jou lewe en dit wat God jou gegee het te gebruik om sukses te behaal.
God het vir jou en my in die lewe gestuur nadat Hy ons toegerus het om ‘n sukses te maak. Moses het ook nie sy toerusting verstaan nie, en tog was dit sy sterkste wapens:
Exo 4:1-10 Toe antwoord Moses en sê: Maar as hulle my nie glo en na my stem nie luister nie, maar sê: Die HERE het nie aan jou verskyn nie? Daarop vra die HERE vir hom: Wat is daar in jou hand? En hy antwoord: ‘n Staf.En Hy sê: Gooi dit op die grond. Toe gooi hy dit op die grond, en dit het ‘n slang geword; en Moses het daarvoor gevlug.Toe sê die HERE vir Moses: Steek jou hand uit en gryp dit aan die stert. Hierop het hy sy hand uitgesteek en dit gegryp, en dit het ‘n staf in sy hand geword—sodat hulle kan glo dat die HERE, die God van hulle vaders, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob, aan jou verskyn het.En die HERE het verder vir hom gesê: Steek tog jou hand in jou boesem. En hy het sy hand in sy boesem gesteek; en toe hy dit uittrek, was sy hand melaats, soos sneeu!En Hy sê: Steek jou hand weer in jou boesem. En hy het sy hand weer in sy boesem gesteek; en toe hy dit uit sy boesem uittrek, was dit weer soos sy ander vlees! En as hulle jou nie glo en aan die eerste teken geen gehoor gee nie, dan sal hulle die laaste teken glo.En as hulle ook hierdie twee tekens nie glo en na jou stem nie luister nie, neem dan van die Nyl se water en giet dit op die droë grond uit; dan sal die water wat jy uit die Nyl neem, op die droë grond bloed word.Toe sê Moses aan die HERE: Ag, Here, ek is nie ‘n man van woorde nie—van gister of van eergister of vandat U met u kneg gespreek het nie; want ek is swaar van mond en swaar van tong.
Sukses word gebore in die innerlike mens en dit wat gebore is in die innerlike mens kan nie deur die uiterlike beinvloed word nie. Indien die mens toelaat dat die uiterlike hom beheer of as hy sukses soek in die uiterlike sal hy sy innerlike onvrugbaar maak sodat die geboorte van ware sukses nie kan plaas vind nie.
Hy wat is jou is , is groter as wat in die wereld is.