As kinders ‘n probleem ondervind,” help” ouers maar te geredelik met “goeie raad”, straaltjies uit eie ervaring of ondervraging om die “feite” bloot te lê. Die volgene twaalf pogings wat die ouer soms gebruik om die kind te help; om die probleem op te los; is goeie pogings wat in werklikheid nie help om die probleem aan te spreek nie. Al het die ouer goeie bedoelings skep hierdie pogings soms meer probleme as wat dit die kind help, en kan hul verhouding en vertroue met die kind benadeel:
Beveel: “Jy moet…,” Jy sal……”, “Jy is verplig….” a Kan vrees of aktiewe weerstand meebring b Moedig uitdaging aan c Bevorder opstandige gedrag en weerwraak
Waarsku,“As jy nie…….dan….” Jy beter of…” a Kan vrees en onderdanigheid meebring b Moedig uitdaging van die dreigement aan. c Kan weersin, opstand aanmoedig.
Vermaan of Preek: “Jy behoort…”Jy moes…” “Dit is jou plig..” a. Skep skuld gevoelens. b. Kan kind sy siening hardnekkiger laat verdedig (“Wie sê) c. Kind verstaan dat sy verantwoordelikheid sin gewantrou word.
Raad of Oplossings gee: “Wat ek sou doen, is….” Waarom…jy nie…” Laat ek voorstel…” a Impliseer kind se onvermoë om eie probleme op te los. b Verhinder kind om eie probleme te hanteer of om alternatiewe oplossings te oorweeg en toe te pas. c Kan afhanklikheid of teenstand veroorsaak.
Oorreed met Logika, Stry:.“Om hierdie rede is jy verkeerd…..” “Die feite is….” “Ja, maar..” a Lok verdedigende houding en teen argumente uit. b Kind “skakel” dikwels af - hou op luister. c Kan gevoel van minderwaardigheid of onbevoegdheid meebring.
Oordeel, Kritiseer, Blameer:“Jy dink klein….” “Jy is lui….” a Impliseer onbevoegdheid, onnoselheid, swak oordeel. b Kind swyg uit vrees vir negatiewe oordeel. c Kind aanvaar dikwels oordele (“Ek is sleg”) of kap terug (“Jy is self nie so wonderlik nie”)
Aanprys, Saamstem: “Wel ek dink jy doen uitstekend ! “.. “Jy is reg ! - daardie onderwyser is hopeloos. a Impliseer hoë ouer-verwagting sowel en dat jy die kind se gedrag dophou. b Kan vertolk word as heling of manipulering in eie belang. c Kan geïnterpreteer word as genesing of manipulasie in eie belang; wat spanning veroorsaak en nie die . . . kind se probleem oplos nie.
Belediging, Spot, Vernedering: “Tjankbalie” “Goed, meneer Slimkop…” a Kan kind minderwaardig en onbemind laat voel. b Kan kind se eiewaarde verpletter. c Veroorsaak dikwels teëpratery.
Ontleed, Diagnoseer: “Wat met jou skort, is….” “Jy is net moeg….” “Jy bedoel dit nie regtig nie..” a Kan bedreigend en frustrerend wees. b Kind voel vasgekeer en ontbloot dit laat die kind sleg oor hulself voel. c Verhoed kommunikasie van kind uit vrees vir verdraaing of ontmaskering.
Troos, Meegevoel:“Moenie vrees nie…” “ Jy sal beter voel..” a Kind voel hy word nie verstaan nie. b Ontlok sterk vyandig gevoelens. (“Dis maklik vir jou om so te sê.”) c Kind vertolk dikwels die boodskap as “Dis verkeerd om sleg te voel.”
Oopkrap en ondervra: “Waarom….” “Wie…..” “Wat het jy….” “Hoe….” a Kinders se antwoorde is gewoonlik niks beduidend, vermydend, halwe waarheid of leuens, want hulle, verwag kritiek of verkeerde oplossings. b Vrae word gewoonlik met vrees en agterdog bejeën omdat kinders nie weet wat daaragter steek nie. c Daar kan by die kind se probleem verby gekyk word, terwyl hy vrae moet antwoord wat spruit uit ouers se bekommernisse.
Wegpraat, Sarkasme, Onttrek:“ Kom ons praat oor aangename…” Waarom probeer jy nie die wêreld regeer nie..” of Swyg, rug draai. a Impliseer vermyding eerder as oplossing van probleme. b Kan aflei dat sy probleem onbelangrik, kleinlik, ongegrond is. c Verhoed open hartigheid wanneer moeilikhede ervaar word. Dit is belangrik om eers seker te maak dat jy die kind verstaan voordat jy probeer om hom te help!
Drie stappe om aktief te luister:
Die kind wat `n probleem ondervind stuur `n leidraad – hetsy in woorde, optrede of liggaamshouding. Die ouer ontsyfer die waarneembare leidrade en voer dan dit wat hy ervaar of verstaan aan die kind terug – sodoende maak hy seker dat sy vertolking van die kind se probleem wel korrek is. Die kind bevestig hierdie terugvoering (en gaan voort met sy kommunikasie) of ontken dit en probeer dan `n dudeliker boodskap deurstuur.
Stel vas wie die probleem ondervind voordat jy optree: jy of jou kind.
Dit is wanneer jy vining optree met raad en leiding dat jy die grootste fout begaan! Dink voordat jy praat. Jou houding en die manier wat jy jou kind nader is baie belangrik. Hoewel jy baie meer lewens ervaaring as die kind het; is jou oplossing nie altyd reg nie! Jy moet die gevoel aanspreek en nie dit wat gebeur het nie! - Hoe voel die kind nou dat dit gebeur het en hoe voel jy nou dat jy dit gehoor het? Om vas te stel hoe die kind voel nadat dit gebeur het en hoe jy daaroor voel sal jou help om die probleem aan te spreek! Praat met die kind en bespreek dit wat gebeur het; en laat die kind jou help om die oplossing te vind. Maar as ouer moet jy die leiding neem. Liefde en omgee kom altyd eerste en nooit vergelding en straf nie. Wanneer die kind gestraf word moet die doel wees om die kind te help en nie te oordeel nie. Dit is nie nodig om onmiddelike `n oplossing te hê nie; wag en oordink die gevolge daarvan. Vra die Heilige Gees vir leiding. God ken die kind beter as jy en sal jou dit regte weg wys. Die beste is om saam met die kind te bid en God te vra om julle te help; dit sal die kind meer bewus maak van die bestaan van God. Skep altyd `n admosfeer wat die kind die vrymoedigheid gee om openlik met jou te praat. Al is jy baie besig maak tyd vir jou kind; wanneer die kind jou hulp nodig het!
GEVOELENS WOORDESKAT Dit is bewys dat ‘n groot gedeelte van ons kommunikasie met andere nie verbaal is nie. Dit is nie wat jy in woorde sê nie, maar wel hoe jy dit sê; asook dit wat jou lyftaal verkondig. Ons dra ons gevoelens aan andere oor met liggaamshouding, gesig uitdrukkings, gebare en stem toon. Neem kennis van jou kind se lyftaal; en die uitdrukking van die boodskap wat hy na jou stuur. Netso moet jy na jouself kyk wanneer jy hom antwoord of `n boodskap na ander stuur; kyk in ‘n spiel en sê dit soos jy dit aan ‘n persoon sou sê, en leer jouself om met die regte houding, jouself uit te druk.
Soms is dit moeilik om gevoelens wat ons ervaar uit te druk, omdat ons rondtas vir die regte woorde om die gevoel of die graad van erns daarvan, uit te druk. Maak seker dat jy verstaan wat die kind vir jou sê; en hoe die kind daaroor voel voordat jy jou eie afleiding maak! Vertoon hy vrees (Bv. Bang; ontstemd; getap; lastig geval; angstig ens.)
Onthou dat jy en jou kind moet leer uit die foute wat julle maak. Niemand is volmaak nie en ons almal neem verkeerde besluite en doen soms dom dinge!
Om die probleem aan te spreek en nie die kind te beledig of te oordeel nie; kan jy die die drie ledige “EK” boodskap gebruik. Die “EK” boodskap plaas die klem op jou as `n persoon.
DIE DRIE-LEDIGE EK BOODSKAP Wat is `n “EK BOODSKAP”? Die beskryf jou gevoel (of hoe dit jou raak), en nie wat jy van die kind dink nie of oor die kind voel nie. Die “Ek-boodskap” gaan oor “jou” as persoon. Die uitstuur van “Ek-boodskap” help jou tot voller selfkennis en selfervaring. dit help die kinders om jou regtig te ken en te verstaan; moedig hulle op hul beurt aan, om meer eerlik en oop met jou te wees. Die boodskap wat hierdie elemente bevat, noem ons 'n drie-ledige "ek-boodskap" (Dit bestaan uit: beskrywing, uitwerking en gevoel). Die beskrywing van die probleem; die montlike uitwerking of gevolge en die gevoel wat daarmee gepaard gaan.
Dit is ontwerp om die kind te beïnvloed om sy gedrag so te verander dat dit meer aanvaarbaar sal wees. As 'n drie-ledige “ek-boodskap” werk, kan dit aan drie goeie redes toegeskryf word.
Dit sal dit kind wys dat sy gedrag ‘n tasbare uitwerking op jou het, of sal hê. Dit sal die kind laat besluit om aan te pas by jou of nie. Kan dit op 'n ander manier opgelos word? Met ander woorde, as die kind besef dat sy gedrag 'n werklike probleem vir jou skep, sal hy dit verander om jou te help. Die nuwe gedrag is dalk presies wat jy verwag het – of dit kan heeltemal onverwags wees. Die "ek-boodskap" kan 'n belangrike rol speel wanneer jy jou kind se gedrag afkeur. Asook wanneer jy jou kind wil leer om sy eie besluite te neem. Want ’n “ek-boodskap” verklap hoe die kind se optrede jou persoonlik raak. Hierdie boodskap word gebruik om jou gevoel uit te druk, en hier is veral jou lyftaal baie belangrik. Indien jou kind sy gedrag vrywillig en uit agting vir jou sou verander, moet hy weet wat jou probleem is. Dit vereis drie brokke inligting:
1 Met watter gedrag veroorsaak hy die probleem 2 Hoe daardie gedrag jou raak. 3 Watter gevoel dit by jou wek.
Die moeilikste taak is seker om te leer hoe om “Ek-boodskappe” te stuur. Emosionele openhartigheid behoort nie net tot die drie-ledige “Ek-boodskap” beperk te word nie. Dit is omtrent altyd wedersyds meer bevrediging om jou gevoelens te openbaar eerder as om ‘n ander te evalueer.
Die “Ek-boodskappe” werk veral in kind ouer verhouding. Wanneer jy met ‘n groot mens of kinders werk kan dieselfde metode toegepas word, die “Ek-boodskappe” kan ook vervang word met “Jesus-boodskappe”. (Weet jy hoe voel Jesus hieroor)
Die doel moet altyd wees om die kind te help en nie om te oordeel nie! Vergifnis is baie belangrik; jy moet die kind vergewe as hy sy gedrag verander; die kind moet leer om ander mense te vergewe. Hy moet leer dat Jesus hom vergewe as hy na Jesus gaan en bely. Vergifnis beteken om dit heeltemal uit te vee en dit nooit weer ter sprake te bring nie!
VERSORGING VAN EK-BOODSKAPPE
Om jou te help om boodskappe so te formuleer dat dit by die kind ‘n begeerte sal wek om jou te help deur sy onaanneemlike gedrag te verander, Omdat die boodskap die afsender (ouer) se gevoel beskryf, en nie die ontvanger (kind) se gevoel nie, word dit “Ek-boodskappe” genoem. Wanneer ‘n kind se gedrag ‘n werklike, ongewenste uitwerking op jou het en jy kan hom laat besef watter uitwerking dit op jou en jou gevoelens het, sal kind vrywillig sy gedrag verander om jou te help met jou probleem
Die drie dele van ‘n volle “Ek-boodskap” is:
Moenie oordeel nie, ook nie "Jy mag nooit weer .., of "Jy hou altyd aan daarmee en leer nooit Dit gaan oor jou die kind se gedrag en die uitwerking op jou. Jou gevoelens oor die gedrag of oor die uitwerking daarvan. (hartseer; pyn; vrees en teleurstelling)
Definieer die probleem in terme van behoeftes (nie mededingende oplossings nie) Hierdie is die kritieke stap van die probleem oplossing. Jou stelling moet nie verwyt of oordeel oordra nie. Die stuur van “Ek-boodskap” is die mees doeltreffende manier om jou behoeftes mee uit te druk.
Vertel die kind hoe jy sy behoeftes verstaan nadat jy jou behoeftes en gevoelens gestel het. Vra die kind vir 'n beskrywing van sy kant af, as jy nie seker is nie. Op hierdie stadium is luister jou beste hulpmiddel. Laat genoeg tyd toe vir die kind om die probleem akkuraat te beskryf en om aktief na die kind se gevoelens te luister (veral as daar woede of versigtigheid was) voordat jy verder gaan na die volgende stap.
Hou 'n breinskrum vir oplossings. Bespreek oplossings gee die kind 'n geleentheid (wat dink jy moet ons doen?)
Dit is die kreatiewe deel van probleemoplossing. Dit word gedoen om aan baie oplossings te dink, soos dit by jou opkom. Dit moet van die onmoontlike na die moontlike wees. Maak 'n speletjie daarvan. Skryf dit alles neer, maak nie saak hoe dit klink nie. Prioritiseer dit en haal die beste vyf daaruit.
Evaluering van oplossings
Op hierdie stadium moet jy eerlik wees en sal jy verwag dat jou kind ook eerlik moet wees. Beide sal sake taamlik krities moet benader.
Is daar swakhede in enige van die moontlike oplossings?