Kinder Ontwikkeling Algemeen: Niks trek kinders aan soos helde nie, hulle vereenselwig hulle met die helde. Dink maar aan Superman, Superwoman, Power Rangers en selfs die bonatuurlike wesens op die T.V. Hierdie eienskap moet ons gebruik om hulle voor te stel aan ons wonderlike God, en die helde in die Bybel asook vandag se helde in Christus. Mense wat alles geoffer het vir hul geloof in die Here. Wees versigtig en laat die klem altyd op die positiewe val. Want die Duiwel sal altyd probeer om sonde en die negatiewe as as ‘n uitdaging laat voorkom met heldevereering. Jesus sê dat aan kinders behoort die koninkryk van die Hemele Matt. 19:14 Mat 19:14 Maar Jesus sê: Laat die kindertjies staan en verhinder hulle nie om na My te kom nie; want aan sulkes behoort die koninkryk van die hemele. Mat 18:5-6 En elkeen wat een van sulke kindertjies in my Naam ontvang, ontvang My; maar elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is vir hom beter dat ‘n meulsteen aan sy nek gehang word en hy wegsink in die diepte van die see.
Hulle is oop is vir leiding, en soekend vir rol modele, sodat hulle hulself kan vereenselwig met die rolmodelle. As Groot mense nie word soos ‘n kind nie, kan hy die koninkryk van die hemel nie ingaan nie.
Groot mense is bang vir verandering, hulle vra baie vrae, en meet alles wat hulle hoor met vorige ondervindinge. Waar kinders in die begin is van hulle lewe en ‘n begeerte het om meer te leer. Hulle glo makliker en aanvaar makliker omdat hulle nog nie ‘n verwysings netwerk het nie.
Mat 18:1-4 In daardie uur het die dissipels na Jesus gekom en gesê: Wie is tog die grootste in die koninkryk van die hemele? Toe roep Jesus ‘n kindjie na Hom en laat hom in hulle midde staan en Hy sê: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie! Elkeen dan wat homself verneder soos hierdie kindjie, hy is die grootste in die koninkryk van die hemele. .
Kinders het die volgende eienskappe: Nederig, ontvanklik vir die Woord, vol vertroue, liefdevol, vergewensgesind, vol geloof, openheid, gretigheid.
Kinder Persoonlikheids stadiam Kinders gaan deur afsonderlike periodes van ontwikkeling as hulle beweeg van babas tot jong volwassenes. Gedurende elk van hierdie stadiums vind verskeie veranderinge in die ontwikkeling van die brein plaas. Dit word ook geneties bepaal wanneer hierdie ontwikkelings plaasvind. Maar die omgewing en omstandighede het 'n groot invloed op elke kind.
Ouderdomme en stadiums word gebruik word om menslike ontwikkeling te bepaal. Ons doel is om ouers te help om te verstaan wat plaasvind in hul kind se brein en liggaam tydens elke tydperk met die hoop dat hulle in staat sal wees om die nodige ondersteuning, aanmoediging, en struktuur te verskaf om 'n kind in staat te stel om te vorder deur middel van elke stadium, so maklik en suksesvol as moontlik op grond van elke kind se unieke stel eienskappe en belangstellings.
Babas (0-2 jaar) Die orale fase is die eerste fase in die geestelike ontwikkelings en het betrekking op die eerste 21 maande van die lewe. In hierdie fase drink die baba uit ‘n bottel of aan die ma se bors; neem semi-soliede voedsel in deur ‘n bottel of vanaf ‘n lepel, suig aan hul eie duime of suig aan ander voorwerpe. Die baba se mond en die suig-aksie verskaf plesier aan die baba en dien as stimulasie vir die baba. Laasgenoemde stimulasie staan ook bekend as orale stimulasie. Die baba leer om hierdie orale stimulasie te beheer en te manipuleer om hul eie behoefte te bevredig. Die moeder speel ‘n belangrike rol in die geestelike ontwikkeling van haar baba. As die moeder haar baba verwaarloos deur nie aan haar baba se behoeftes te voldoen nie, soos om die baba te los om sy eie ongemak uit te huil, kan veroorsaak dat die baba se vermoë belemmer word om behoeftes te uit te druk in die eerste jaar vanaf geboorte. As ‘n baba te veel aangename aandag geniet, kan die baba ontwikkel om ooroptimisties of baie afhanklik te wees.
Volwassenes wat die oraal-passiewe persoonlikheid ontwikkel het, is geneig om liggelowig en afhanklik van ander vir hul eie geluk te wees. Hierdie persone is geneig om heeltyd die aanvaarding van ander na te strewe en aandag en vertroeteling van die mense om hulle te soek. Dit is 'n tyd waar die innerlike hulpbronne, selfbeeld en die vermoë positiewe ontwikkel. Dit is ook die tyd vir ouers om te begin om te ontdek wie hierdie nuwe persoon werklik is. Elke kind is uniek en dit is noodsaaklik dat ouers leer om te verstaan, respek, ondersteuning en die unieke eienskappe en vermoëns van elke kind te moedig.
Anale fase 1½ tot 3 jaar Die anale fase is, die tweede fase in die geestelike ontwikkeling en duur van ongeveer 15 maande tot 3 jaar. Dit is die fase waar toilet-opvoeding geskied. Die kind het die interne dryfkrag om uiting aan liggaamlike afval te gee, waar en wanneer hulle wil, maar moet ook die sosiale norme rakende hierdie uitskeiding aanleer en gehoorsaam.
Die plesier in die onmiddellike bevrediging van interne dryfkragte word dus onderbreek. Die kind moet leer om onmiddellike bevrediging van dryfkragte te reguleer. Indien die kind nie laasgenoemde taak bemeester nie, kan dit tot verskerpte optrede van die ouers teenoor die kind lei. Die kind kan op een van twee maniere op die streng ouerskap reageer. Die kind kan tot groot frustrasie van die ouers liggaamlike afvalstowwe in onvanpaste situasies of plekke begin uitskei.
As die kind gereeld so optree, kan dit tot die anale aggressiewe persoonlikheidstipe in volwassenheid lei. Laasgenoemde volwassenes is dikwels impulsief, sadisties en vyandig. Die ander manier waarop die kind kan reageer, is om nie die liggaamlike afvalstowwe soos nodig uit te skei nie. Laasgenoemde gedrag kan ‘n gevoel van beheer aan die kind verskaf. Volgens Freud kan hierdie tipe kinders grootword om anaal-inhoudende volwassenes te wees wat hardkoppig en rigied is. Hierdie tipe persone kan ook kompulsief netjies en pligsgetrou in hul daaglikse funksionering wees.
Anale karakter: Dit verwys na die karakter van iemand wat (baie) hardkoppig, ordelik en spaarsamig is (en dan skielik uiters vrygewig). Die anale karakter is 'n (verdedigende) wapenrusting teen "vuil" en kenmerkend van sadisme wat skuil agter die mooi glimlag.
Die falliese fase van ontwikkeling 3 tot 7 jaar
Die volgende fase in die emosionele ontwikkeling van die voorskoolse kind is die falliese fase. Hierdie fase geskied ongeveer vanaf die ouderdom van vier jaar tot en met ses jaar in die kind se ontwikkeling. In hierdie fase ervaar die kind ‘n verhoogde graad van nuuskierigheid rakende hul eie geslagsdele. Kinders in hierdie fase raak bewus van die anatomie van verskillende geslagsdele en plesier word verkry deur die stimulasie van die geslagsdele. In hierdie fase moet die kind leer om met die ouer van dieselfde geslag te identifiseer. Dit vereis dat die oediplus-kompleks in seuns en die elektrakompleks in meisies aangespreek moet word.
Freud het die Oedipus-kompleks in seuns, toegeskryf aan kinders van ongeveer die ouderdom van drie tot vyf. Hy het gesê die stadium het gewoonlik geëindig wanneer die kind met die ouer van dieselfde geslag identifiseer en sy seksuele instinkte onderdruk het.
Die Electra-kompleks is 'n psigoanalitiese term wat gebruik word om 'n meisie se gevoel van mededinging met haar ma vir die liefde van haar pa te beskryf. Dit is vergelykbaar met die Oedipus-kompleks by mans. Volgens Freud is 'n jong meisie tydens vroulike psigoseksuele ontwikkeling aanvanklik geheg aan haar ma. Wanneer sy ontdek dat sy nie 'n penis het nie, raak sy geheg aan haar pa en begin sy haar ma vererg, wat sy vir haar "kastrasie" blameer.
Die oediplus-kompleks by seuns verwys na die seun se seksuele gevoelens teenoor sy eie moeder en die jaloerse gevoelens teenoor die vader, wat aandag van die moeder geniet. Die seun wil ontslae raak van sy vader om die volle aandag van sy moeder te kan geniet. Die seun kom egter agter dat sy vader hierdie gedrag nie sal verdra nie. Wanneer die seuns ongeveer tussen vyf en sewe jaar oud word, begin die seuns hulle seksuele begeertes teenoor hulle moeders onderdruk, en identifiseer hulle met hulle vaders; sodoende word die oediplus-kompleks opgelos.Indien hierdie kompleks nie reg hanteer word nie; bestaan die moontlikheid dat nie seun kan bedeer om soos sy ma te wees, en vroulik te wees.
Latere teoretikusse verwys na die elektra-kompleks by meisies, alhoewel Freud se oorspronklike werk na die oediplus-kompleks in meisies verwys. In hierdie kompleks dien die moeder as primêre bron van liefde en sorg sedert geboorte, maar meisies kom agter dat die moeder nie manlike is nie. Hulle begin dan die manlike begeer en hulle moeders te blameer dat hulle moeders nie manlike is nie. Die meisies raak openlik vyandig teenoor hulle moeders en wil eienaarskap oor hulle vaders hê. Hierdie kompleks word gewoonlik in die volgende stadium van ontwikkeling opgelos, die latente periode, wat vanaf die ouderdom van ses jaar tot en met twaalf jaar plaasvind. Indien hierdie kompleks nie reg hanteer word nie; bestaan die moontlikheid dat nie dogter kan begeer om soos haar pa te wees, en manlik te wees
Albei geslagte kinders aanvaar dat hulle nie die volle aandag van die teenoorgestelde geslag kan geniet nie, maar tog ook nie heeltemal die teenoorgestelde geslag se aandag hoef te verloor nie Kinders besef dat hul teenoorgestelde geslag ouer net so baie in hulle belangstel, soos wat hulle in mekaar belangstel. Die kind besef ook dat dieselfde geslag ouer sterker is as die kind en dat die kind heel moontlik die geveg sal verloor. Laasgenoemde fases van ontwikkeling van die kind word geassosieer met die ontwikkeling van persoonlikheidseienskappe wat met verhoudings en seksualiteit verband hou.
Latente Fase 6 tot 12 jaar Die latentiefase is, volgens Freud, die vierde fase van die psigo-seksuele ontwikkeling wat begin rondom die 6de levensjaar en duur tot 11 of 12 jaar. Die belangstelling van die kind kry dan 'n minder selfgesentreerd en seksueel karakter. Dit is 'n tydperk van tipies sake belangstelling en 'n groot drang om meer te weet. Die vorige periode maak nou plek vir 'n veel platter en vinnige verhouding met baie persone. Die aandag is volledig op die buitewêreld gerig. As die seksuele nuuskierigheid van die vorige fase al sterk onderdruk is, bestaan daar kans, dat hierdie drang nie by die kind nie sal voortduur nie.
Tussen die ouderdomme van 6 en 12 brei die kind se wêreld uitwaarts uit die familie uit, aangesien verhoudings met vriende, onderwysers, afrigters, versorgers en ander gevorm word. Omdat hul ervarings uitbrei, kan baie faktore kinders se optrede verander en beïnvloed hoe hulle leer om oor die weg te kom. Sommige situasies kan stres skep en selfbeeld beïnvloed. Die middeljarige kindertyd is 'n tyd om voor te berei vir adolessensie.
Volgens die Switserse sielkundige Jean Piaget ontwikkel kinders gedurende hierdie tydperk die vermoë om logies te dink en meer "volwasse soortgelyke" denkpatrone te hê wat onder andere die vermoë insluit om:
Kyk na dinge in diepte: te besef dat dinge nie altyd is soos hulle lyk nie en dat uiterlike voorkoms net een aspek is wat oorweeg moet word.
Bekyk sake vanuit verskillende hoeke: Benader voorwerpe of situasies met die vraag "wat as?" en kan verskillende scenario's voorspel wat kan uitspel op grond van spesifieke aksies.
Volgens Erik Erikson, in hierdie tyd, is 'n kind se belangrikste verhoudings dié met sy vriende en eweknieë. Alhoewel ouers natuurlik steeds baie belangrik is, het hulle nie dieselfde invloed en gesag soos in jonger jare nie.
As gevolg van hierdie verskuiwing is 'n kind se selfbeeld en selfvertroue geneig om meer vatbaar te wees vir hoe hy glo diegene buite sy familie hom sien.
Ondersteun jou kind om sy eie agenda, sy eie doelwitte te bereik, sy eie persoonlik gedefinieerde take.
Om jou kind te help, ervaar die basiese eksistensiële gevoel van, 'Ja, ek kan dit doen. Ek kan my eie doelwitte bereik "is uiters belangrik vir die bou van selfbeeld. Hierdie gevoel van 'ek kan' is wat jou kind sal uitbrand in die wêreld en eksperimenteer, toets en probeer wat vir hom weer met belangrike lewensvaardighede sal voorsien.
In my ervaring, hoe meer jou kind weet dat jy onvoorwaardelik lief is vir sy hom as `n persoon, en nie sy prestasies nie, hoe minder vatbaar sal hy wees vir eksterne evaluasies en oordele van buite.
'N ekstra bonus hier is ook dat as jy hom onvoorwaardelik lief het, hy meer geneig sal wees om sy eie doelwitte te volg, te besef en te bereik, eerder as om net iemand anders se idees te volg.
Genitale Fase 12 tot 18 jaar Kinders moet deur verskeie stadiums gaan, of spesifieke stappe doen, op hul pad na volwassenes. Jy kan hierdie ouderdomsgroep begin verstaan as jy na die plek van die groei kyk. Een van die eerste dinge wat hulle moet doen, is om hul eie besluite te neem. Om dit te doen moet hulle 'n klein afstand tussen hulself en hul ouers plaas. Dit beteken nie dat jy nie kan voortgaan om hulle te versorg nie, of om hulle te help wanneer dit nodig is. U moet soveel as moontlik van die resultate van hul optrede leer.
Die tienerjare word ook adolessensie genoem. Adolessensie is 'n tyd vir groeiproblemen en puberteit veranderinge. Adolessent kan oor 'n paar maande 'n paar duim groei, gevolg deur 'n tydperk van baie stadige groei, dan het hy nog 'n groeispruit. Veranderinge met puberteit (seksuele veroudering) kan geleidelik gebeur of verskeie tekens kan op dieselfde tyd sigbaar word.
Daar is 'n groot mate van variasie in die tempo van veranderinge wat mag gebeur. Sommige tieners kan hierdie tekens van volwassenheid vroeër of later ervaar as ander.
Seksuele en ander fisiese volwassenheid wat tydens puberteit plaasvind, is 'n gevolg van hormonale veranderinge. By seuns is dit moeilik om presies te weet wanneer puberteit kom. Daar is veranderinge wat gebeur, maar dit gebeur geleidelik en oor 'n tydperk, eerder as as 'n enkele gebeurtenis.
Meisies ervaar ook puberteit as 'n reeks gebeure, maar hul pubertalveranderinge begin gewoonlik voor seuns van dieselfde ouderdom. Elke meisie is anders en kan anders deur hierdie veranderinge vorder.
Die tienerjare bring baie veranderinge, nie net fisies nie, maar ook geestelik en sosiaal. Gedurende hierdie jare verhoog adolessente hul vermoë om abstrak te dink en uiteindelik planne te maak en langtermyndoelwitte te stel.
Elke kind kan teen 'n ander tempo vorder en kan 'n ander wêreldbeskouing hê.
Soos jou adolessent begin sukkel vir onafhanklikheid en beheer, kan baie veranderinge plaasvind. Die volgende is 'n paar van die probleme wat tydens hierdie jare by jou adolessent betrokke mag wees:
1. Wil onafhanklikheid van ouers. 2. Peer invloed en aanvaarding word baie belangrik. 3. Romantiese en seksuele verhoudings word belangrik. 4. Kan verlief wees.
Het langtermynverbintenis in verhouding. Hoe om jou adolessent te help om sosiaal te ontwikkel Oorweeg die volgende as maniere om jou adolessent se sosiale vermoëns te bevorder:
1. Moedig jou adolessent aan om nuwe uitdagings aan te pak. 2. Praat met jou adolessent om nie sy eie waardes te verloor in groepverhoudinge nie. 3. Moedig jou adolessent aan om met 'n vertroude volwassene te praat oor probleme of bekommernisse, selfs as jy nie met hom of haar praat nie. 4. Bespreek maniere om stres te bestuur en hanteer. 5. Voorsien konsekwente, liefdevolle dissipline met perke, beperkings en belonings. 6. Vind maniere om tyd saam te spandeer.
WAARSKUWING IN VERBAND MET KINDERS Die volwasse moet waak daarteen dat hulle die oorsaak is dat kinders sondig! So maklik kan ons deur ons houding kinders en mense seermaak. Jou houding speel ‘n belangker rol as jou woorde.
Kinders wat met: Kritiek--saamleef--leer om te veroordeel. Vyandigheids--saamleef--leer om te beklei. Bespoting--saamleef--leer om skaam te wees. Skande--saamleef--leer om skuldig te voel. Verdraagsaamheid--saamleef--leer om geduldig te wees. Aanmoediging--saamleef--leer selfvertroue. Geprys--saamleef--leer om waarderend te wees. Billike behandeling--saamleef--leer ‘n sin van geregtigheid. Goedkeuring--saamleef--leer om van homself te hou. Aanvaarding--saamleef--leer om lief te hê. Oorsake van kinders se gedrag: Kinders steel vir die volgende redes: Uit ‘n begeerte om te besit. Wanneer hulle ouers te veel van hulle verwag. Om in te wees by vriendekring. Of om aandag van sy ouers te kry. Hulle dit by hul ouers geleer het.
Kinders is bang vir die volgende redes: Hulle gestraf was, en in ‘n donker plek geplaas was. Verkeerde T.V. programme kyk Hulle ‘n slegte ondervinding deurgemaak het.
Kinders isparmantig vir die volgende redes: Hulle siels ongelukkig is Hulle verlang na liefde en warmte Hulle emosineel uitgehonger is
Kinders vertel leuens vir die volgende redes: Vrees vir straf. Volg in voorbeeld van ouers. Te veel beperk word. Sosiaal, ekonomies of verstandelik minderwaardig voel. Om mense te beindruk.
Kinders baklei vir die volgende redes: Onder druk is deur dissilpline. Nie hulle eie wil kan uitvoer nie. Hulle hul eie ego te beskerm. As hulle swak presteer op een of ander gebied, probeer hulle deur gesag hul eie onvermoë te beskerm. Swak selfbeeld probeer om hul self te bewys.
Kinders is ongehoorsaam vir die volgende redes: Te veel bederf. Swak dissipliene, hulle beheer gewoonlik hul ouers deur te skreeu, skop en “tantrims”. Verdeelde gesag tussen ma en pa. Deur verkeerde voorbeeld van ouers gelei word, deurdat die ouers vir hulle preek en self ‘n swak voorbeeld stel. Streng dissipliene toegepas.
Kinders stel hul ouers op skool teleur vir die volgende redes: Moed gebreek; deur onderwysers. Ouers meer van hulle verwag as wat hulle kan lewer. Hul selfvertroue verloor het, deur hul swak prestasie in ‘n vak. Agter raak deur siekte, of gestrem is. Word gespot voel minderwaardig. Onderwyser swak verduidelik of geen aandag gee aan die kind nie. Persoonlike en huislike probleme.
Kinders maak hul bed nat vir die volgende redes: Swak onderig van hul ouers ontvang. Onseker is oor hul verhouding met hul ouers. Ouers beloftes breek. Emosioneel verwaarloos word. Mamma ‘n nuwe baba ontvang het. Na ‘n lang siekbed die aandag wat hulle ontvang het mis noudat hulle gesond is. Vrees ondervind vir een of ander rede. Mediese probleme het.
DIE KIND SE SELFBEELD Kinders wat goed voel oor hulself, het die selfvertroue om nuwe dinge te probeer. Hulle is meer geneig om hul bes te probeer. Hulle voel trots op wat hulle kan doen. Selfbeeld help kinders om foute te hanteer. Dit help kinders om weer te probeer, selfs al mis hulle eers. As gevolg daarvan help die selfbeeld kinders om beter te doen by die skool, by die huis en by vriende.
Kinders met 'n lae selfbeeld voel onseker van hulself. Hulle dink dat ander hulle nie sal aanvaar nie, daarom hou hulle hulself eenkant. Hulle laat toe dat ander hulle sleg hanteer. Hulle kan nie in moeilike tye vir hulself opstaan nie. Hulle gee maklik op, of wil nie eers probeer nie. Kinders met 'n lae selfbeeld vind dit moeilik om die gevolge te hanteer wanneer hulle verloor of misluk. As gevolg daarvan mag hulle nie so goed doen as waar toe hulle in staat is nie.
Hoe selfvertroue ontwikkel Selfbeeld kan so vroeg as kinderjare begin. Dit ontwikkel oor die tyd stadig. Dit kan net begin omdat 'n kind veilig, geliefd en aanvaar word. Dit kan begin wanneer 'n baba positiewe aandag en liefdevolle sorg kry.
Aangesien babas kleuters en kleinkinders word, kan hulle vanself alles doen. Hulle voel goed oor hulself wanneer hulle hul nuwe vaardighede kan gebruik. Hul selfbeeld groei wanneer ouers aandag gee, laat 'n kind probeer glimlag en wys dat hulle trots is
Die selfbeeld kan wel verbeter word deur die kind Bybelse slagspreukete leer. Bv.” Jy is meer as ‘n oorwinnaar in Christus.” “Jesus het jou lief” ens (Gebruik Bybelse tekse) Dit kan ook gedoen word deur die kind te prys as hy goeie dinge doen. Dit is altyd baie belangrik om op sy goeie punte te konsentreer en nie sy swak punte nie.
KIND-OUER VERHOUDING Om vas te stel watter uitwerking die ouer op ‘n kind het kan gebruik gemaak word van die volgende vraë : Toets u self : Maak ‘n merk langs die woorde wat u gewoonlik vir u kind sê; tel dan die aantal soortgelyke merke op:
1 Nie nou nie. V 2 Ek hou werklik van die manier waarop jy dit gedoen het. W 3 Ek weet nie; vra vir jou pa /ma ON 4 Waaraan het jy gedink toe jy dit aangevang het? K 5 Doen dit nou! V 6 Ek is te ontsteld om met jou te praat. ON 7 Jy moet liewer dat ek jou help. O 8 Jou onnosel! K 9 Dit gaan jou nie aan nie. O 10 Ek haat jou! ON 11 Dit wys dat jy regtig jou bes gedoen het. W 12 Maak nou dadelik jou kamer aan die kant. V 13 Hiervoor gaan ek jou laat boet. ON 14 Ek is nou te besig; miskien later. ONB 15 Ek kan nie glo dat jy so iets kon doen nie! K 16 Jy kan niks daaraan doen nie, ons sal kyk wat ons kan doen om te help. O 17 Ek besef dat dit ‘n teleurstelling is, ek weet jy het werklik probeer. W 18 Omdat ek so sê! V 19 Ek kan niks belowe nie. ONB 20 Ek kan dit nie vat nie. ON 21 Ek is te moeg. ONB 22 Dis my reëls. Dis hoekom! V 23 Wat dink jy moet ek doen? ON 24 Jy lyk verskriklik. Gaan trek iets anders aan! K 25 Dink jy, jy is al gereed daarvoor? O 26 Ek is so trots op jou. W 27 Ek kan nie met hom gaan praat nie; jy moet met hom praat. ON 28 Kan jy nie sien ek is besig nie? ONB 29 Ek kan dit nie vir jou ma vertel nie dit gaan haar te veel ontstel. ON 30 Jy moet liewer nie op jou eie voortgaan sonder om my te vra nie. O 31 Nee! Omdat ek so gesê het. Jy hoef nie die rede te weet nie. V 32 Jy doen nooit iets reg nie. laat ek dit doen. K 33 Kom hier en doen wat ek sê. V 34 Jy het dit so goed gedoen. Wys my hoe kry ‘n mens dit reg. W 35 Miskien môre. ONB 36 Hou op daarmee! V 37 Ek kan nie glo jy doen dit weer nie; ek het mos gesê jy moenie. K 38 Wat dink jy vang jy nou aan. K 39 Wag, ek sal dit vir jou doen. O 40 Ek is bang jy kry seer. O 41 Jy is regtig ‘n groot hulp. W 42 Miskien kry ek later ‘n kans om dit te doen. ONB 43 Ek voel nie lekker nie; gee jy om, om my nou alleen te laat? ONB 44 Ek het jou gesê doen dit, doen dit dan. V 45 Jy wou dit nie regtig doen nie, nê? K 46 Het ek jou al vandag gesê hoe lief is ek vir jou? W 47 Toe ek jou ouderdom was, is ek nooit toegelaat om so iets te doen nie. O 48 Wat jy hiervan dink is vir my baie belangrik. W Tel nou hoeveel van elke letter jy het, en skryf die antwoord teenoor die letter, wees eerlik en moenie eers na die antwoord kyk nie: W - V - K - O - Onb - On -
Indien jy vier of meer van ‘n letter het, kan jy die gevolge daarvan hieronder lees:
DIE WAARDERENDE OUER ( Vier of meer W merke) Hierdie kinders hou van hulself. Die boodskap wat die ouers oordra: “Ek hou van jou, jy is ‘n aanvaarbare, aangeneme persoon”.
Die Kind reageer soos volg: “Ma hou van my.” Dis vir Pa lekker om by my te wees.” Pa vertrou my met verantwoordelike werk.” Mamma vind my bydra waardevol.” Ek kan met hulle praat.” Sy hou daarvan om my vas te hou.” Hulle erken as hulle ‘n fout begaan het.” “Hy behandel my met respek”. “Sy neem my ernstig op”.
Hierdie kinders se gedrag: Spontaan, aktief, energiek, gelukkig, in staat om geesdriftig te raak, vindingryk, vol selfvertroue, kinders met ‘n eie standpunt maar oop vir oortuiging, denkend en hulpvaardig.
VEELEISENDE OUER (vier of meer V merke) Ma bemoei haar altyd met my sake. Pa luister nooit na my nie. Hulle laat my voel soos ‘n ding, nie ‘n lewende mens nie. Ek is vir hulle net ‘n slaaf wat moet doen wat hulle sê, ek kon net sowel ‘n robot gewees het. Sy behandel my asof ek nog drie jaar oud is. Hulle is nooit vrolik nie. Ma - hulle weet nie hoe om te ontspan of enigiets te geniet nie. So ‘n kind voel teenoor sy ouers soos ‘n troepie teenoor sy sersant of drillmeester.
Hierdie kind reageer dan soos volg: Ek het hom nodig om vir my te sê hoe ek moet optree. Hy weet die beste; ek weet nie veel nie.
Kinders wat nie die boodskap aanvaar nie: Hy skree op my daarom skree ek terug. Ek steur my nie aan hom nie. Ek haat sy preekery. Ek weet hy haat dit as ek slordig is, daarom lyk ek moeswillig soos ‘n teertou. Ek doen dinge om haar te irriteer sodat sy moet weet dat ek my nie laat hiet en gebied nie. Ek weet sy wil hê dat ek goed moet doen op skool, daarom doen ek dit met opset. Ek voel eensaam, nogtans vermy ek hom. Dis net nie lekker vir my om in hul geselskap te wees nie. Ek haat hulle.
As jou kind dikwels die volgende gedragspatrone vertoon, vra jouself af wat jy doen om die gevoelens te veroorsaak, wat met hierdie simtome verband hou.
Murmurering, ‘n oneerdiedige of onhoflike houding, kwaai uitbarstings, hartkoppigheid, uitdagende gedrag, seksuele aktiwiteit, ‘n gebrek aan samewerking, onbekwaam en gereelde hoofpyne.
Waarom veeleisende ouers so geword het. Omdat ‘n mens die sort ouer word wat jy self gehad het! Hulle is bang ouers dat hul ouers sal dink, hulle sal nie die mas sal opkom nie, daarom projekteer hulle hul eie vrese op hulle kinders. Hulle slaag dikwels in die sake wêreld maar is ewe dikwels onsuksesvol in sake van die hart.
DIE ONTOEREIKENDE OUER ( Vier of meer “on” merke) Hierdie ouer is ongeskik vir die rol as ouer. Hulle is dikwels aan alkohol of ander gewoontevormende middle verslaaf.
Die boodskap wat die ouer aan die kind gee: Ek kan jou nie gee wat jy nodig het nie; ek is self oorweldig deur my probleme.
Die kind se reaksie: Ek kan nie op my ma staatmaak nie. Pa stel my in die verleentheid. Ek vermy haar. Ek voel jammer vir haar. Sy het hulp nodig. Hy sal my enigiets gee wat ek wil hê.
Hoe kinders oor hierdie ouers voel: Ek moet my ma beskerm. Ek moet sorg vir ete. Ek is al een wat dit kan doen, ma kan nie. Ek is bekommerd oor my pa.
Kinders wat nie die boodskap aanvaar nie: Ek respekteer Ma nie en sal haar nie probeer help nie. Hy is ‘n niks-werd. Ek het hom afgeskryf.
Hierdie kinders se gedrag is dikwels soortgelyk aan die volwassenes wat alkohol of dwelmmiddels misbruik om hul probleme te ontvlug. Hulle voel vasgekeer en dit lei tot frustrasie wat die volgende gevolge kan hê: Minagtende gedrag, depressie, manipulatiewe tegnieke en gereelde uitbarstings van woede. Hulle is bang dat hulle, hulle kinders se liefde sal verloor. Hulle voel nie opgewasse teen die wêreld en sy eise nie
DIE ONBETROKKE OUER (Vier of meer “onb” merke) Hulle is nie beskikbaar of stel nie belang in hul kinders nie.
Die boodskap wat hulle aan die kinders gee: Ma hou nie van my nie. Sy hou nie daarvan om my by haar te hê nie. Ek weet nie hoe om Pa se aandag te kry nie. Sy is so besig. Hy is nooit hier nie. Iets anders is altyd belangriker as ek. Hy maak beloftes en hou dit nie. Daar is geen plek vir my in sy lewe nie. In sy wêreld is hy nie eers van my bestaan bewus nie.
Hoe die kinders voel: Ek hou nie van myself nie. Ek is nie belangrik nie. Niks wat ek doen is goed genoeg nie. Kinders wat die boodskap nie aanvaar nie: Ek weet nie waarom Ma nie van my hou nie. Ek sal iemand anders moet vind by wie ek welkom en gelukkig kan voel. Pa is lief vir my, maar is net te besig om by my te wees.
Hoe die kinders hulle gedra: Steel, oordrywig, depressie, ontreking, angs, neulery en maagpyne.
DIE OORBESKEREMDE OUER ( Vier of meer “o” merke) Die boodskap wat die kind van sy ouers kry: Jy kan dit nie doen nie, altans nie op jou eie nie.
Die kind reageer op die boodskap met: Sy laat my noot iets op my eie doen nie. Sy behandel my soos ‘n baba. Sy laat my nooit alleen nie. Hy glo nie ek kan enigeiets self doen nie. Hy steek altyd sy neus in my sake.
Hoe kinders oor die ouers voel: Hulle vertrou my nie en glo nie ek kan iets reg doen nie. Hierdie kinders voel onseker en is bang, omdat hulle alles verkeerd doen. Die kind het geen self vertroue nie, en het hulp nodig met alles wat hulle doen.
Die kinders wat nie die boodskap aanvaar nie: Ek doen dit in elk geval self, ek sê haar net nie daarvan nie. My ma het my nodig, dus laat ek haar dink en het haar nodig. Ek laat my pa my vertroetel, hy hou daarvan.
Hou die kinders hulle gedra: Maak die bed nat, onttrek hulle en altyd eenkant weg van ander, maagpyn senuwees probleme, gereëlde verkoues, skaamheid, altyd honger, gereëlde woedebuie.
DIe KRITIESE OUER ( Vier of meer “k” merke) Hulle is nog erger as veeleisende ouers. Hulle boodskap aan hull kinders is: Julle doen niks reg nie. Daar is iets verkeerd met julle.
Die boodskap wat die kind van sy ouers ontvang: Ma skree gedurig op my. Sy hou aan neul tot ek voel ek kan mal word. Pa is so koud en gemeen. Ek hou nie van hom nie en ek glo ook nie hy hou van my nie.
Hoe kinders met die ouers voel: Ek voel dom. Ek voel onbekwaam. Ek probeer so min moontlik doen, dan het ma nie soveel om my te kritiseer nie. Ek probeer ‘n lae profiel hou. Ek pak nie baie dinge aan nie, dan is die kanse dat ek sal misluk en verneder sal word min.
Die kind wat nie die boodskap aanvaar nie: Ek vertel hulle nooit iets nie want ek weet dat hulle dit nie sal glo nie. Ek lieg vir haar, want as ek die waarheid vertel, sal sy net vir my sê hoe dwaas ek is of, dat ek gesoek het wat ek gevra het.
Hoe gedra die kinders hulle: ‘n Neiging om hulle te onttrek. Skuheid, geslotenheid, ‘n neiging om te lieg, ‘n gebrek aan samewerking, buierigheid, simtome soos hoofpyn en naelbytery.
Waarom kritiesie ouers so geword het. Omdat hul ouers so was. Hulle vrees dat hulle nie aanvaar sal word nie en dat niemand hulle lief het nie, en hulle projekteer hul vrese na hul kinders toe.