Kinderberading
Alle mense ses basiese behoeftes:
Hoe Sien Die Kind Sy Ouer Huis
Die ouerhuis is die fondament waarop die kind se lewe gebou of afgebreek word. Wat hulle in hul ouerhuis ervaar het, bly reg deur hul lewens by hulle. Indien probleme in die ouerhuis ontstaan het, benodig hulle berading asook bevryding van wat met hulle gebeur het.
Die kind sien hul ouerhuis as sy veilige hawe waar hulle:
Efe 6:4 En vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here.
Spr 1:8-10 My seun, luister na die tug van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie; want dit is ‘n lieflike krans vir jou hoof en sierlike kettings vir jou hals. My seun, as die sondaars jou wil verlei, moet jy nie inwillig nie.
Spr 3:11-12 My seun, verag die tug van die HERE nie, en laat sy kastyding nie jou weersin wek nie, want die HERE tugtig hom wat Hy liefhet, ja, soos ‘n vader die seun in wie hy behae het.
Vader moeder verhouding
Die kind leer by die voorbeeld wat hul vader stel om huidige vriende en hulle huweliks maat eendag te behandel.
1Pet 3:7 Net so moet julle, manne, verstandig met hulle saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede-erfgename van die genade van die lewe is—sodat julle gebede nie verhinder mag word nie.
Efe 5:25-29 Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord, sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees. So behoort die mans hulle eie vroue lief te hê soos hul eie liggame. Wie sy eie vrou liefhet, het homself lief; want niemand het ooit sy eie vlees gehaat nie, maar hy voed en koester dit, net soos die Here die gemeente.
1Tim 3:2-5 n Opsiener (ook die vader of hoof van sy huis) dan moet onberispelik wees, die man van een vrou, nugter, ingetoë, fatsoenlik, gasvry, bekwaam om te onderrig; geen drinker, geen vegter, geen vuilgewinsoeker nie, maar vriendelik; geen strydlustige, geen geldgierige nie; een wat sy eie huis goed regeer en sy kinders met alle waardigheid in onderdanigheid hou. Maar as iemand nie weet om sy eie huis te regeer nie, hoe sal hy vir die gemeente van God sorg dra?
Ma se rol teenoor kind.
Spr 31:10-29 Wie sal ’n deugsame vrou vind? want haar waarde is ver bo korale. Die hart van haar man vertrou op haar, en aan wins sal dit hom nie ontbreek nie. Sy doen aan hom goed, en nie kwaad nie, al die dae van haar lewe.Sy sorg vir wol en vlas, en sy werk met gewillige hande. Sy is soos die skepe van ’n handelaar - van ver af bring sy haar brood in. En sy staan op as dit nog nag is en gee voedsel aan haar huisgesin en die bestemde deel aan haar diensmeisies.Sy dink na oor ’n stuk grond en koop dit, van die vrug van haar hande plant sy ’n wingerd. Sy omgord haar lendene met krag en hou haar arms stewig. Sy voel dat haar wins goed is, in die nag gaan haar lamp nie dood nie. Sy steek haar hande uit na die spinstok, en haar handpalms hou die spoel vas. Sy brei haar handpalm uit na die ellendige, en sy steek haar hande uit na die behoeftige.Sy is nie bevrees vir haar huisgesin vanweë die sneeu nie, want haar hele huisgesin dra skarlaken stof. Sy maak vir haarself dekens, haar tabberd is van fyn linne en purper. Haar man is bekend in die poorte as hy saam met die oudstes van die land sit. Sy maak hemde en verkoop dit, en gordels lewer sy aan die handelaars. Sterkte en eer is haar kleed, en sy lag oor die dag wat kom. Haar mond maak sy oop met wysheid, en vriendelike onderrigting is Op haar tong. Opmerksaam gaan sy die werksaamhede van haar huis na, en die brood van luiheid eet sy nie.Haar seuns tree op en noem haar gelukkig, haar man ook, en hy prys haar:. Baie dogters het hulle knap gedra, maar jy oortref hulle almal.
Huis Reëls.
Om die kind beter te verstaan en hoe hy redeneer en dink; werk eers deur “Kinder stadiums en “Kommunikasie tussen ouer en kind” Dit sal jou help om die kind beter te verstaan.
Kinders se grootste probleem; vanuit hul kinder siening is dat hulle nie altyd hul ouers verstaan nie.
Bepaal eers wat die huidige kind-ouer-verhouding is voordat met berading begin word. Vra ook die ouers wat hulle van jou en die kind verwag!
Onderhoud Met Die Kind Se Ouers.
Baie van die kind se wêreld kan uit die onderhoud met die kind se ouers vasgestel word.
Vrae wat jy vir hulle kan vra:
Kind en ouer komunikasie.
Die manier hoe jy met die kind praat; die uitdrukking van jou woorde asook jou liggaam taal sê meer as jou woorde! Omdat die mens bestaan uit `n liggaam en gees; die ouer moet ook besef dat hulle gees met die gees van die kind kommunikeur, al is hulle nie daarvan bewus nie. Die kind voel aan hoe die ouer oor hulle voel al gee die ouer anders voor.
Dit is nie altyd maklik om met ‘n kind te kommunikeur nie. Ek praat hier van kinders van 2 tot 18 en selfs baie ouer. Daar is kinders wat maklik oor hulle probleme kan praat, en dit waaroor hulle dan praat is nie altyd die regte probleem nie, want hulle weet nie altyd self wat die werklike probleem is nie. Dit is net hier waar ons eers moet vasstel waar die probleem is, voordat ons kan aangaan.
Basiese Beginsels van berading.
Poppe en diere speletjies
Help die kind om karakters te kies, maak voorstelle om die speletjie in die rigting van die kind se omstandighede te stuur.
Tekeninge en Toepasing daarvan (Bepaal wat die kind se probleem is deur hom te vra om te dit te teken waar hy die probleem het)
Die gesin:
Kyk wat word uitgedruk; na tande-aanstootlike voorstelling, wapens wat aggressie veroorsaak, die grootte van hande wat vrees kan veroorsaak en liggaamsdele wat, beelde (moontlike seksuele aanval)
Volgorde van ouers eerste pa dan ma in verhouding (moeder groter, sy is meer belangrig as die vader, dieselfde wanneer die vader groter is as die moeder). Die afstand dui ook op die nader verhouding. Kyk na die posisie van die broers en susters. Wanneer die kind hulself tussen die twee ouers teken - voel uitgesluit en beskerming nodig..
Weglatings:
Homself – voel afgesny, nie deel nie.
Ander – nie ‘n goeie verhouding met daardie persoon nie, nie betrokke of selfs bang vir hom.
Die afstand tussen karakters: Emosionele nabyheid. Groote van karakters: Emosionele belangrikheid
Gebruik van kleure:
Rooi - Aksie en hartstog
Geel - Vreugdevol
Blou - Diepte, onpeilbaarheid; Koelte en skaduwee; Passiwiteit; Introversie; Nood aan gevoelskontak
Wit - leegheid en suiwerheid; Verdringing van sekere gevoelens; Stel himself buie sy gevoelslewe; Passsiwiteit;
Distansiëring
Swart - Onderdruk van gevoelens
Pers - Mengsel van waarheid, gevoel deur hartstog en liefde
Groen - Mensel van blymoedigheid en duursaamheid
Stories wat kan help:
Woede:
Pappa padda, mamma padda en baba padda bly by ‘n klein dammetjie. Eendag kom pappa padda baie kwaad by die huis. Wat doen Hy? Wat doen mamma padda? Hoe voel baba padda?
Molestering:
‘n Kat-familie, pappa, mamma, sussie, en boetie bly saam in ‘n skuur. Pappa (of mama) is baie liefdevol, hy gee baie drukkies en soentjies. Partymaal vat hy aan dele van boetie se lyf wat hom snaaks laat voel. Wat dink jy gebeur? Waar vat pappa?
Verwaarlosing:
‘n Visfamilie, pappa, mamma en twee babatjies bly saam in ‘n visdam. Die babatjies het elke oomblik iemand nodig om hulle op te pas, Partykeer wil pappa en mamma alleen uitgaan. Wat gebeur dan?
Vrees:
“n Klein dogtertjie, Ansie, sit in die skool of lê in haar bed. Sy sê vir haarself: “Ek is baie bang”. Waarvoor kan sy bang wees?
Sodra u die oorsaak van die probleem vasgestel het moet jy eerstens vir leiding en wysheid gaan bid. Wag dan op die Here vir leiding om die saak te hanteer. Onthou dat die probleem in die meeste gevalle nie in een dag opgelos kan word nie. Gereëlde opvolg werk is nodig totdat daar ‘n verandering kom.
Jy moet altyd op die oplossing fokus en nie op die probleem nie, as jy op die probleem fokus sal die probleem vergroot, net so sal die oplossing vergroot as jy daarop fokus. Praat die oplossing en nie die probleem nie.
Wat plant jy in die kind deur jou woorde?
Praat oor die Duiwel en maak mense duiwel bewus.
Praat oor God en maak die mense van God bewus!
Jy skep vrees of geloof in die kind se lewe deur dit wat hy van jou hoor en leer; Geloof in God of vrees vir die duiwel ;donker ens....
Die oplossing van die probleem moet van die kind kom. Die berader moet die kind help om die oplossing te vind deur daaroor te praat! Lei die kind na die oplossing sodat hy saam met jou die oplossing kan vind. Onthou die kind moet geleer word om die probleem van sy kant of te hanteer! Indien ander mense deel van die probleem is moet die probleem met die skuldiges opgelos word. Verhoed dat die kind haat opbou teen die skuldige. Leer hom om te vergewe en te Bid dat Jesus hom sal help en beskerm. Wanneer jy die kind leer om die skuldige te blameer; los jy nie die probleem op nie maar vergroot jy dit!
Indien die ouers; onderwysers of wie ook al verantwoordelik is vir die probleem moet dit met die persoon aangespreek word nie in die teenwoordigheid van die kind nie. Dan moet daar oplossings gevind word om die probleem op te los. Moontlike berading met die skuldiges. Waarom; hoekom of wat die oorsprong van die probleem is. Dit is belangrik dat die probleem behandel word en nie onder die mat weggesteek word nie!
Alle mense ses basiese behoeftes:
- Oorlewewings behoeftes: soos: voetsel, klere, water, slaap en ‘n huis.
- Sekuriteit en veiligheidsbehoeftes: Dit is om vry te wees van fisiese gevaar.
- Aanvaarding: Mense is sosiaale wesens, en wil graag erken en aanvaar word deur ander mense.
- Status: Sodra mense deur ander aanvaar word het hulle ook die behoefte om vertroue by ander op te bou Die beeld wat ander van hulle het en wat hulle van hulself het is dan vir hulle belangrik.
- Om hul lewens doel te ontdek: Is dit die belangrikste behoefte by die mens. Om die maksimum van sy potensiaal te bereik.
- Om innerlike bevrediging te vind.(dit is wanneer die mens se gees met God se Gees een word)
Hoe Sien Die Kind Sy Ouer Huis
Die ouerhuis is die fondament waarop die kind se lewe gebou of afgebreek word. Wat hulle in hul ouerhuis ervaar het, bly reg deur hul lewens by hulle. Indien probleme in die ouerhuis ontstaan het, benodig hulle berading asook bevryding van wat met hulle gebeur het.
Die kind sien hul ouerhuis as sy veilige hawe waar hulle:
- Versorg word.
- Waar hulle beskerm word.
- Waar hulle lewensvaardighede leer.
- Die plek waar die kind hul self-leer ken.
- Die eerste plek waar hulle die lewe ontdek.
- Hoof leier
- Voorbeeld wat gevolg kan word.
- Vriend vir raad en leiding.
- Beskermer.
- Voorsiener.
Efe 6:4 En vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here.
Spr 1:8-10 My seun, luister na die tug van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie; want dit is ‘n lieflike krans vir jou hoof en sierlike kettings vir jou hals. My seun, as die sondaars jou wil verlei, moet jy nie inwillig nie.
Spr 3:11-12 My seun, verag die tug van die HERE nie, en laat sy kastyding nie jou weersin wek nie, want die HERE tugtig hom wat Hy liefhet, ja, soos ‘n vader die seun in wie hy behae het.
Vader moeder verhouding
Die kind leer by die voorbeeld wat hul vader stel om huidige vriende en hulle huweliks maat eendag te behandel.
1Pet 3:7 Net so moet julle, manne, verstandig met hulle saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede-erfgename van die genade van die lewe is—sodat julle gebede nie verhinder mag word nie.
Efe 5:25-29 Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord, sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees. So behoort die mans hulle eie vroue lief te hê soos hul eie liggame. Wie sy eie vrou liefhet, het homself lief; want niemand het ooit sy eie vlees gehaat nie, maar hy voed en koester dit, net soos die Here die gemeente.
1Tim 3:2-5 n Opsiener (ook die vader of hoof van sy huis) dan moet onberispelik wees, die man van een vrou, nugter, ingetoë, fatsoenlik, gasvry, bekwaam om te onderrig; geen drinker, geen vegter, geen vuilgewinsoeker nie, maar vriendelik; geen strydlustige, geen geldgierige nie; een wat sy eie huis goed regeer en sy kinders met alle waardigheid in onderdanigheid hou. Maar as iemand nie weet om sy eie huis te regeer nie, hoe sal hy vir die gemeente van God sorg dra?
Ma se rol teenoor kind.
- Vader se vrou.
- Huisbestuurder en versorger.
- Iemand wat my liefhet en na my luister.
- Iemand wat my die basiese dinge in die lewe leer en help.
- Iemand waarna ek kan gaan as ek seer gekry het; liggaamlik en geestelik.
- Iemand wat omgee en tyd vir my het.
Spr 31:10-29 Wie sal ’n deugsame vrou vind? want haar waarde is ver bo korale. Die hart van haar man vertrou op haar, en aan wins sal dit hom nie ontbreek nie. Sy doen aan hom goed, en nie kwaad nie, al die dae van haar lewe.Sy sorg vir wol en vlas, en sy werk met gewillige hande. Sy is soos die skepe van ’n handelaar - van ver af bring sy haar brood in. En sy staan op as dit nog nag is en gee voedsel aan haar huisgesin en die bestemde deel aan haar diensmeisies.Sy dink na oor ’n stuk grond en koop dit, van die vrug van haar hande plant sy ’n wingerd. Sy omgord haar lendene met krag en hou haar arms stewig. Sy voel dat haar wins goed is, in die nag gaan haar lamp nie dood nie. Sy steek haar hande uit na die spinstok, en haar handpalms hou die spoel vas. Sy brei haar handpalm uit na die ellendige, en sy steek haar hande uit na die behoeftige.Sy is nie bevrees vir haar huisgesin vanweë die sneeu nie, want haar hele huisgesin dra skarlaken stof. Sy maak vir haarself dekens, haar tabberd is van fyn linne en purper. Haar man is bekend in die poorte as hy saam met die oudstes van die land sit. Sy maak hemde en verkoop dit, en gordels lewer sy aan die handelaars. Sterkte en eer is haar kleed, en sy lag oor die dag wat kom. Haar mond maak sy oop met wysheid, en vriendelike onderrigting is Op haar tong. Opmerksaam gaan sy die werksaamhede van haar huis na, en die brood van luiheid eet sy nie.Haar seuns tree op en noem haar gelukkig, haar man ook, en hy prys haar:. Baie dogters het hulle knap gedra, maar jy oortref hulle almal.
Huis Reëls.
- Stel redelike reëls op, en verduidelik dit sodat almal dit verstaan en kan toepas.
- Die reëls geld vir al die kinders en die ouers.
- Reëls moet verduidelik word asook die redes en gevolge wanneer dit nie toegepas word nie.
- Ouer moet die voorbeeld stel.
Om die kind beter te verstaan en hoe hy redeneer en dink; werk eers deur “Kinder stadiums en “Kommunikasie tussen ouer en kind” Dit sal jou help om die kind beter te verstaan.
Kinders se grootste probleem; vanuit hul kinder siening is dat hulle nie altyd hul ouers verstaan nie.
Bepaal eers wat die huidige kind-ouer-verhouding is voordat met berading begin word. Vra ook die ouers wat hulle van jou en die kind verwag!
Onderhoud Met Die Kind Se Ouers.
Baie van die kind se wêreld kan uit die onderhoud met die kind se ouers vasgestel word.
Vrae wat jy vir hulle kan vra:
- Was dit ‘n beplande swangerskap (Dit kan die verhouding met die kind beinvloed)
- Probleme tydens swangerskap.
- Probleme tydens geboorte.
- Enige mediese probleme.
- Enige vorige probleme en hoe dit hanteer was.
Kind en ouer komunikasie.
Die manier hoe jy met die kind praat; die uitdrukking van jou woorde asook jou liggaam taal sê meer as jou woorde! Omdat die mens bestaan uit `n liggaam en gees; die ouer moet ook besef dat hulle gees met die gees van die kind kommunikeur, al is hulle nie daarvan bewus nie. Die kind voel aan hoe die ouer oor hulle voel al gee die ouer anders voor.
- Presies wat is die probleem waaroor die ouers hulp soek.
- Wat dink die ouers is die probleem met die kind.
- Hoe is die ouers se verhouding met mekaar.
- Was die probleem altyd daar of wanneer het dit begin?
- Het daar iets in die familie gebeur wat die oorsaak kan wees.
- Wat dink die ouers is die oplossing van die probleem.
- Wat verlang die ouers van die berader; raad, hulp vir die kind of hulp en raad vir die ouers.
Dit is nie altyd maklik om met ‘n kind te kommunikeur nie. Ek praat hier van kinders van 2 tot 18 en selfs baie ouer. Daar is kinders wat maklik oor hulle probleme kan praat, en dit waaroor hulle dan praat is nie altyd die regte probleem nie, want hulle weet nie altyd self wat die werklike probleem is nie. Dit is net hier waar ons eers moet vasstel waar die probleem is, voordat ons kan aangaan.
Basiese Beginsels van berading.
- Betree die kind se wêreld, plaas jouself in die kind se lewe en probeer om hom te verstaan.
- Die volwasse sluit maklik by die kind aan deur middle van metafore. (is 'n soort beeldspraak wat gebruik kan wat moontlik soortgelyke eienskappe het.)
- Die kind is altyd deel van `n sisteem wat saam met hom behandel word.
- Sodra identifikasie met die metafoor plaasgevind het, verdwyn die kind se isolasie en kan hy sy probleem verwerk hy voel nie meer alleen nie.
- Aanvaar die kind se persepsies, moet nie `n sede prediker wees nie en hanteer dan die kind se gevoelens.
- Omdat dat die kind baie ingestel is op fisiologiese behoeftes (sielkundige toestand waarin
- Die kind sal nie die volwasse in sy wêreld toelaat voordat vertroue gevestig is nie.
- Gevolgtrekkings wat uit die kontak met die kind gemaak word, moet nooit aanvaar word voordat dit bevestig is nie, dit dien slegs as reglyn van wat verder ondersoek moet word.
- In projeksies word met die gevoelens en die persepsies van die kind gewerk, m.a.w. hoe hy `n sekere saak sien en beleef en nie noodwendig hoe dit regtig is nie.
Poppe en diere speletjies
Help die kind om karakters te kies, maak voorstelle om die speletjie in die rigting van die kind se omstandighede te stuur.
- Vrae baie vrae oor elke karakter; wat elke karakter doen en hoe die karakters voel en hoe die karakters oor die kind voel.
- Vra ook hoekom die karakters so optree.
- Vra ook wat het gebeur dat hulle so optree.
Tekeninge en Toepasing daarvan (Bepaal wat die kind se probleem is deur hom te vra om te dit te teken waar hy die probleem het)
- Gee die kind papier en vra hom: Teken vir my ‘n mens. (die tekening wys die kind se siening)
- Teken nou ‘n mens van die teenoorgestelde geslag
- Teken jou familie
- Teken vir my almal wat by julle huis bly.
- Teken iets wat almal saam doen wat lekker is.
- Teken iets waarvan jy nie hou nie.
- Teken jou maatjies.
- Wat maak jou bang.
- Wat maak jou bly.
- Teken jou huis.
- Teken is ‘n baie persoonlike uitdrukking.
- Emosiwisseling vind plaas terwyl hy teken.
- Teken word soms ‘n projeksiemedium, veral vanaf 5 jarige ouderdom.
- Ouderdom en ontwikkeling speel ‘n rol. Tekening alleen kan nooit die hoof element vir diagnose wees nie. Dit is ‘n brug tot kommunikasie.
- Luister terwyl die kind teken, en laat die kind verduidelik.
- Laat hyself sy eie storie maak.
- Die tekening van die kind sal meer liggaams dele uitwys soos die kind daarvan bewus word.