Pornografie
Spr 6:25-27 Begeer haar skoonheid nie in jou hart nie, en laat sy jou nie vang met haar ooglede nie; want vir ‘n hoer verval ‘n mens tot ‘n stuk brood, en ‘n ander se vrou maak jag op ‘n kosbare lewe. Kan iemand vuur in sy skoot dra sonder dat sy klere verbrand?
Spr 6:26-29 Vir ’n prostituut is kos- en huurgeld voldoende betaling. Vir die vrou van ’n ander man gaan jy egter met jou lewe betaal. Om by iemand te slaap met wie jy nie getroud is nie, is gevaarlik. Kan ’n mens ’n vlam teen jou druk sonder dat jou klere brand? 28Kan ’n mens oor gloeiende kole loop sonder dat jou voete verbrand? Wie ontoelaatbare seks met iemand anders se vrou het, speel met vuur. Iemand wat so iets doen, gaan in groot moeilikheid beland. 2020 Vertaling.
Mat 5:27-28 Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie egbreek nie. Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het.
2Pet 2:14 met oë vol van owerspel, wat nie ophou om te sondig nie; hulle verlok onvaste siele, hulle het ‘n hart geoefen in hebsug, hulle is kinders van die vervloeking.
Die Rol van Pornografie in die Wêreldwye Immoraliteitsverval
Prof. Johan Malan, Mosselbaai (Desember 2012)
Besigtiging van pornografiese foto’s en video’s op die Internet en selfone is ’n vinnig groeiende gebruik in die hele wêreld, en het ’n verslawende gewoonte geword in die lewens van miljoene mense. Lede van alle sosiale en ekonomiese klasse is hierby betrokke, van adolessente af tot by oumense.
Groot besorgdheid word in artikels op ’n hele aantal webwerwe uitgespreek oor die vinnige toename in die besigtiging van pornografiese materiaal. Sommige van hierdie webwerwe is Christelik; ander is nie primêr godsdienstig van aard nie, maar nogtans toegewy aan die handhawing van morele waardes in die samelewing. Blootstelling aan pornografie het nie net godsdienstige gevolge nie, maar het ook sosiale en sielkundige implikasies in die lewens van slagoffers.
Aanlynseks, wat ook as kuberseks bekend staan, het al ’n epidemie geword. Verskeie kenners sê dat die skade wat deur kuberseks aan huwelike aangerig word, vernietigend is. Maklike toegang tot pornografiese webwerwe op die Internet is hoofsaaklik verantwoordelik vir die vinnige verspreiding van hierdie euwel. Die volgende statistiek spreek vanself:
Cybersex Gives Birth to a Psychological Disorder (Kuberseks Veroorsaak Psigologiese Versteuring),
deur Jane E. Brody:
Seks is die mees gewilde onderwerp onder volwasse gebruikers van die Internet, asook TV programme. Daar is studies wat aandui dat ’n derde van alle besoeke op die Internet gerig is op seksueelgeoriënteerde webwerwe en gespreksforums.
Die meeste mense wat by die stormloop na kubersekswebwerwe betrokke is, beskou dit as skadelose ontspanning. Kenners is egter ’n heel ander mening toegedaan. Volgens hulle is die bekostigbaarheid, maklike toegang en anonimiteit van die Internet besig om ’n heeltemal nuwe sielkundige afwyking te bevorder, naamlik kuberseksverslawing. Dit neem teen ’n verbysterende tempo toe en veroorsaak verwarring in die lewens van diegene wat daarby betrokke is.
Volgens ’n navorsingsverslag in die tydskrif Sexual Addiction and Compulsivity ontken baie van die mans en vrouens wat elke week baie ure lank voor hulle rekenaars deurbring om seksuele stimulasie te soek, dat hulle ’n probleem het. Hulle weier gevolglik om hulp te soek totdat hulle huwelike en/of werk ernstig in die gedrang kom.
Vir sommige mense is die pad na die kompulsiewe gebruik van die Internet vir seksuele bevrediging kort en vinnig, sê dr. Mark Schwartz van St. Louis, en voeg by: “Seks op die Internet is soos heroïen. Dit neem besit van mense en beheer hulle lewens. Dit is baie moeilik om hierdie probleem te behandel omdat die betrokke persone nie daarmee wil ophou nie.”
Volgens dr. Al Cooper wat verbonde is aan die Sentrum vir Huwelike en Seksualiteit in Santa Clara, Kalifornië, is kuberseksverslaafdes net soos dwelmverslaafdes: hulle gebruik die Internet as ’n belangrike deel van hulle seksuele aktiwiteite, soos wat dwelmverslaafdes ook ’n dwelm van hulle eie keuse gebruik. Dit gebeur dikwels met ernstige skade aan hulle persoonlike én gesinslewe. Dr. Cooper sê verder: “Veral diegene wie se seksualiteit hulle lewe lank beperk of onderdruk was, en wat nou skielik ’n onbeperkte bron van seksuele geleenthede op die Internet vind, is blootgestel daaraan om aan Internetseks verslaaf te raak.”
Dr. Dana Putnam, ’n sielkundige in San Luis Obispo, Kalifornië, sê dat daar ook verdere faktore is wat ’n persoon se vatbaarheid vir verslawing aan kuberseks kan verhoog, naamlik depressie en emosionele spanning, verhoudingsprobleme, asook ’n onvermoë om hulle seksuele behoeftes te kan bevredig.
Uit ’n ander ondersoek wat deur dr. Schneider gedoen is onder 94 gesinslede wat deur kuberseksverslawing geaffekteer word, het dit egter geblyk dat hierdie probleem ook kan ontstaan in liefdevolle huwelike waarin daar genoeg seksuele geleenthede is. Sy sê: “Seks op die Internet is só verleidelik en só maklik om raak te loop dat mense daardeur vasgevang kan word nog voordat hulle goed besef wat gebeur.”
Kuberseksverslaafdes kan so betrokke raak by hulle aanlynaktiwiteite dat hulle hul huweliksmaats en kinders afskeep en ook hulle werk verwaarloos. Uit dr. Cooper se verslag blyk dit dat 20% van die mans en 12% van die vrouens rekenaars by hulle werk het met die oog op seksuele oorwegings. Verskeie maatskappye monitor nou hulle werknemers se aktiwiteite op die Internet. In baie gevalle het besoeke aan seksueelgeoriënteerde webwerwe al tot die ontslag van werknemers gelei.
Daar is diegene wat steeds volhou dat hulle geen skade hierdeur doen nie en hulleself nie aan siektes of die dood blootstel nie. Aan hulle sê dr. Schneider, wat instensief oor seksuele verslawing navorsing gedoen het, dat die skade wat ’n kuberseksverslaafde aan sy eie lewe en dié van sy gesin aanrig, net so erg kan wees as dit dié wat deur kompulsiewe dobbelaars, alkoholiste en dwelmverslaafdes veroorsaak word. In haar ondersoek het 91 vrouens en drie mans wat voorheen gesonde vaste verhoudings gehad het, gesê dat hulle maats se kuberseksverslawing ernstige nadelige gevolge gehad het, insluitend verbrokkeling van verhoudings. Die lydende persone het algemeen gekla oor gevoelens van verraad, minagting, misleiding, ignorering, verwerping en ’n onvermoë om met die ander persoon se fantasieë te kompeteer.
Onder hierdie persone was ’n 34-jarige vrou wat 14 jaar lank met ’n predikant getroud was, en sy het bewus geraak van sy kompulsiewe soektog na seksuele bevrediging deur pornografiese webwerwe op die Internet te besoek. “Hoe kan ek kompeteer met honderde anonieme meisies wat nou in ons bed en in sy kop is?” het sy geskryf. “Ons bed, waarop ons eens op ’n tyd intiem verkeer het, word nou beset deur ontelbare gesiglose vreemdelinge.”
Kinders kan ook ly as gevolg van toenemende konflik tussen hulle ouers, wat in baie gevalle tot egskeiding lei. Selfs indien die huwelik voortgesit word, geniet kinders dikwels nie genoegsame ouerlike sorg nie wanneer een van die twee ouers by aanlynseks betrokke is en die ander ouer dan die taak het om die verslaafde te probeer beheer.
Wanneer ’n kuberverhouding aangeknoop is of kuberseks beoefen word, kan ’n voormalige liefdevolle man ontwykend begin raak en op sy privaatheid op die Internet aandring. Dr. Young sê: “Hierdie nuwe “terrein” in verhoudingsdinamika kan daartoe lei dat ’n warmhartige en toegeneë vrou en moeder ook haarself tot die rekenaar en sy kubersekseskapades kan wend, en dit sal haar aandag heeltemal wegvoer van haar plig om na haar kinders om te sien.” Dr. Putnam stel dit só: “Wanneer mense verslaaf raak aan kuberseks, loop hulle gevaar om dinge te doen wat hulle andersins nooit sou doen nie.” (Einde van aanhaling uit The New York Times).
Die Gesinsnavorsingsraad Pat Fagan van die Family Research Council in Washington DC, bevestig die bogenoemde bevindings. In ’n artikel, Die gevolge van pornografie op individue, die huwelik, die gesin en die gemeenskap (Julie 2010) sê hy onder andere:
“Pornografie is ’n groot bedreiging vir huwelike, die gesin, asook die breër gemeenskap. Betrokkenheid hierby is nie ’n persoonlike keuse wat sonder sosiale gevolge is nie. Pornografie verander ’n persoon se seksuele houdings en gedrag; dit ondermyn sy huwelik, en op sy beurt oefen ontwrigte huwelike ’n invloed uit op die hele samelewing.
Pornografie is ’n harde werklikheid en gaan nie gou verdwyn nie. Jy sal jou kinders moet voorberei om hulle daarteen te beskerm. Volgens Josh McDowell, die outeur van boeke soos Evidence which Demands a Verdict en More than a Carpenter, het onlangs begin aandag gee aan die vernietigende gevolge wat pornografie op ons kultuur en die kerk het. Hy beskou dit as een van die grootste bedreigings wat die Christendom nog ooit ervaar het.
Verlossing van seksuele verslawing
Die vlieënier en stigter van Setting Captives Free, Mike Cleveland, was vir 15 jaar magteloos teen sy verslawing aan internet-pornografie. Dit het sy lewe, huwelik en familie verwoes. Hy het so diep in die spiraal van wellus vasgevang geraak dat daar nie 'n sekonde van die dag was wat hy vry was daarvan nie.
Die siklus van gebede om bevryding, net om daarna weer terug te val in pornografie en seks-kletskamers, het hom verder in moedeloosheid en selfhaat gedompel. Hy wou ontsnap uit die onderwêreld van sielsvernietigende sonde, maar met elke probeerslag was hy onveranderd en onseker dat vryheid enigsins moontlik is. Hy het sonder sukses raad in selfhelpboeke, by beraders en by vriende gesoek. Sy aanhoudende mislukking het na skuldgevoelens en selfbeskuldiging gelei.
Toe sy vrou vir 'n laaste keer wanhopig voorstel dat hulle haar pastoor moet gaan sien, het Mike dit uiteindelik gesnap: "Hulp kom net van die Here af." (Jona 2:9 NV). Hy bepaal die reëls. Mike se vorige motiverings om op te hou was vol gate en kon hom te maklik weer laat misluk. Sy pastoor het hom geleer dat die enigste motivering wat hy nodig het, is toewyding daaraan om God se naam groot te maak in al sy besluite, omdat hulp slegs van Hom af kom. Toe Mike geleer het "... wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God." (1 Kor. 10:31 NV), het die deure na vryheid van seksuele verslawing begin oopgaan. Dit kan met jou ook gebeur. Sielekos:
Col 3:1-3 As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit. Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie. Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.
Mat 12:20-21 ‘n Geknakte riet sal Hy nie verbreek nie, en ‘n lamppit wat rook, sal Hy nie uitblus nie, totdat Hy die reg tot oorwinning uitbring. En op sy Naam sal die heidene hoop.
Sê nou ek is verslaaf aan pornografie?
Wat jy kan doen Sien pornografie vir wat dit werklik is.
Pornografie is niks minder nie as ’n poging om iets te verlaag wat God geskep het om eerbaar te wees. As jy pornografie in hierdie lig beskou, sal dit jou help om ‘die kwaad te haat’.
Pornografie is `n welus gees wat die duiwel stuur om mense lewens te beheer. Daaruit kom ook die aangetrokkenheid tot dieselfde:
Rom 1:24-29 Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen. Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is; en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang. En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ‘n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie: hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug; vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid.
Psa 97:10 o Liefhebbers van die HERE, haat die kwaad! Hy bewaar die siele van sy gunsgenote, Hy red hulle uit die hand van die goddelose.
Dink aan die gevolge. Pornografie verlaag die mense wat daarin uitgebeeld word. Dit verlaag ook die persoon wat daarna kyk. Die Bybel sê met goeie rede:
Spr 22:3 ‘n Skrander mens sien die onheil en verberg hom, maar die eenvoudiges gaan verder en word gestraf.
Maak ’n belofte. Soos Job gemaak het: Job 31:1 het gesê: “Ek het ’n vaste besluit geneem om nooit na ’n meisie te kyk en haar te begeer nie. DB
Bid daaroor.
Psa 119:37 Wend my oë af, dat hulle geen nietigheid sien nie; maak my lewend in u weë!
Psa 119:37-38 Keer dat ek na dinge kyk waarvan U niks hou nie. Om te leef soos U wil hê; dis al wat ek vra! Maak dit wat U in die Bybel aan u kinders beloof waar in my lewe. DB
Fip 4:13 Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.
Praat met iemand. ’n Belangrike stap om met die gewoonte te breek, is dikwels om iemand te kies wat jy in jou vertroue kan neem.
Onthou: Elke keer as jy pornografie vermy, het jy ’n groot oorwinning behaal. Vertel God van hierdie oorwinning, en dank hom vir die krag wat hy jou gegee het. As jy pornografie vermy, maak jy sy hart bly!
1Kor 6:15-18 Weet julle nie dat julle liggame lede van Christus is nie? Sal ek dan die lede van Christus neem en dit lede van ‘n hoer maak? Nee, stellig nie! Of weet julle nie dat hy wat ‘n hoer aanhang, met haar een liggaam is nie? Want die twee, sê Hy, sal een vlees wees. Maar wie die Here aanhang, is een gees met Hom. Vlug vir die hoerery. Enige sonde wat ‘n mens doen, is buite die liggaam; maar wie hoerery bedryf sondig teen sy eie liggaam.

- Tot soveel as een uit elke drie tot vier soektogte aanlyn is vir pornografie.
- Elke sekonde is daar 30 000 persone wat na pornografie kyk. Die gemiddelde ouderdom van die eerste blootstelling hieraan is slegs 11 jaar.
- In 56% van alle egskeidings het een van die partye ’n obsessiewe belangstelling in pornografiese webwerwe gehad.
- In sommige gevalle word persoonlike e-posgesprekke van ’n baie intieme aard tussen twee “anonieme vriende” gevoer, wat dan dikwels na geheime ontmoetings met mekaar lei, gevolg deur die seksuele misbruik van meisies waardeur hulle verneder word. Baie van hulle word ná sulke episodes verwerp.
Cybersex Gives Birth to a Psychological Disorder (Kuberseks Veroorsaak Psigologiese Versteuring),
deur Jane E. Brody:
Seks is die mees gewilde onderwerp onder volwasse gebruikers van die Internet, asook TV programme. Daar is studies wat aandui dat ’n derde van alle besoeke op die Internet gerig is op seksueelgeoriënteerde webwerwe en gespreksforums.
Die meeste mense wat by die stormloop na kubersekswebwerwe betrokke is, beskou dit as skadelose ontspanning. Kenners is egter ’n heel ander mening toegedaan. Volgens hulle is die bekostigbaarheid, maklike toegang en anonimiteit van die Internet besig om ’n heeltemal nuwe sielkundige afwyking te bevorder, naamlik kuberseksverslawing. Dit neem teen ’n verbysterende tempo toe en veroorsaak verwarring in die lewens van diegene wat daarby betrokke is.
Volgens ’n navorsingsverslag in die tydskrif Sexual Addiction and Compulsivity ontken baie van die mans en vrouens wat elke week baie ure lank voor hulle rekenaars deurbring om seksuele stimulasie te soek, dat hulle ’n probleem het. Hulle weier gevolglik om hulp te soek totdat hulle huwelike en/of werk ernstig in die gedrang kom.
Vir sommige mense is die pad na die kompulsiewe gebruik van die Internet vir seksuele bevrediging kort en vinnig, sê dr. Mark Schwartz van St. Louis, en voeg by: “Seks op die Internet is soos heroïen. Dit neem besit van mense en beheer hulle lewens. Dit is baie moeilik om hierdie probleem te behandel omdat die betrokke persone nie daarmee wil ophou nie.”
Volgens dr. Al Cooper wat verbonde is aan die Sentrum vir Huwelike en Seksualiteit in Santa Clara, Kalifornië, is kuberseksverslaafdes net soos dwelmverslaafdes: hulle gebruik die Internet as ’n belangrike deel van hulle seksuele aktiwiteite, soos wat dwelmverslaafdes ook ’n dwelm van hulle eie keuse gebruik. Dit gebeur dikwels met ernstige skade aan hulle persoonlike én gesinslewe. Dr. Cooper sê verder: “Veral diegene wie se seksualiteit hulle lewe lank beperk of onderdruk was, en wat nou skielik ’n onbeperkte bron van seksuele geleenthede op die Internet vind, is blootgestel daaraan om aan Internetseks verslaaf te raak.”
Dr. Dana Putnam, ’n sielkundige in San Luis Obispo, Kalifornië, sê dat daar ook verdere faktore is wat ’n persoon se vatbaarheid vir verslawing aan kuberseks kan verhoog, naamlik depressie en emosionele spanning, verhoudingsprobleme, asook ’n onvermoë om hulle seksuele behoeftes te kan bevredig.
Uit ’n ander ondersoek wat deur dr. Schneider gedoen is onder 94 gesinslede wat deur kuberseksverslawing geaffekteer word, het dit egter geblyk dat hierdie probleem ook kan ontstaan in liefdevolle huwelike waarin daar genoeg seksuele geleenthede is. Sy sê: “Seks op die Internet is só verleidelik en só maklik om raak te loop dat mense daardeur vasgevang kan word nog voordat hulle goed besef wat gebeur.”
Kuberseksverslaafdes kan so betrokke raak by hulle aanlynaktiwiteite dat hulle hul huweliksmaats en kinders afskeep en ook hulle werk verwaarloos. Uit dr. Cooper se verslag blyk dit dat 20% van die mans en 12% van die vrouens rekenaars by hulle werk het met die oog op seksuele oorwegings. Verskeie maatskappye monitor nou hulle werknemers se aktiwiteite op die Internet. In baie gevalle het besoeke aan seksueelgeoriënteerde webwerwe al tot die ontslag van werknemers gelei.
Daar is diegene wat steeds volhou dat hulle geen skade hierdeur doen nie en hulleself nie aan siektes of die dood blootstel nie. Aan hulle sê dr. Schneider, wat instensief oor seksuele verslawing navorsing gedoen het, dat die skade wat ’n kuberseksverslaafde aan sy eie lewe en dié van sy gesin aanrig, net so erg kan wees as dit dié wat deur kompulsiewe dobbelaars, alkoholiste en dwelmverslaafdes veroorsaak word. In haar ondersoek het 91 vrouens en drie mans wat voorheen gesonde vaste verhoudings gehad het, gesê dat hulle maats se kuberseksverslawing ernstige nadelige gevolge gehad het, insluitend verbrokkeling van verhoudings. Die lydende persone het algemeen gekla oor gevoelens van verraad, minagting, misleiding, ignorering, verwerping en ’n onvermoë om met die ander persoon se fantasieë te kompeteer.
Onder hierdie persone was ’n 34-jarige vrou wat 14 jaar lank met ’n predikant getroud was, en sy het bewus geraak van sy kompulsiewe soektog na seksuele bevrediging deur pornografiese webwerwe op die Internet te besoek. “Hoe kan ek kompeteer met honderde anonieme meisies wat nou in ons bed en in sy kop is?” het sy geskryf. “Ons bed, waarop ons eens op ’n tyd intiem verkeer het, word nou beset deur ontelbare gesiglose vreemdelinge.”
Kinders kan ook ly as gevolg van toenemende konflik tussen hulle ouers, wat in baie gevalle tot egskeiding lei. Selfs indien die huwelik voortgesit word, geniet kinders dikwels nie genoegsame ouerlike sorg nie wanneer een van die twee ouers by aanlynseks betrokke is en die ander ouer dan die taak het om die verslaafde te probeer beheer.
Wanneer ’n kuberverhouding aangeknoop is of kuberseks beoefen word, kan ’n voormalige liefdevolle man ontwykend begin raak en op sy privaatheid op die Internet aandring. Dr. Young sê: “Hierdie nuwe “terrein” in verhoudingsdinamika kan daartoe lei dat ’n warmhartige en toegeneë vrou en moeder ook haarself tot die rekenaar en sy kubersekseskapades kan wend, en dit sal haar aandag heeltemal wegvoer van haar plig om na haar kinders om te sien.” Dr. Putnam stel dit só: “Wanneer mense verslaaf raak aan kuberseks, loop hulle gevaar om dinge te doen wat hulle andersins nooit sou doen nie.” (Einde van aanhaling uit The New York Times).
Die Gesinsnavorsingsraad Pat Fagan van die Family Research Council in Washington DC, bevestig die bogenoemde bevindings. In ’n artikel, Die gevolge van pornografie op individue, die huwelik, die gesin en die gemeenskap (Julie 2010) sê hy onder andere:
“Pornografie is ’n groot bedreiging vir huwelike, die gesin, asook die breër gemeenskap. Betrokkenheid hierby is nie ’n persoonlike keuse wat sonder sosiale gevolge is nie. Pornografie verander ’n persoon se seksuele houdings en gedrag; dit ondermyn sy huwelik, en op sy beurt oefen ontwrigte huwelike ’n invloed uit op die hele samelewing.
- Getroude mans wat by pornografie betrokke is, raak ontevrede met hulle huweliksverhouding en gevolglik emosioneel minder geheg aan hulle vrouens.
- Die gebruikmaking van pornografie lei na ontrouheid en egskeiding, en is dikwels ’n belangrike faktor in gesinskrisisse van dié aard.
- Paartjies wat beïnvloed word deur een van die twee partye se verslawing ervaar gewoonlik ’n gebrek aan belangstelling in seksuele gemeenskap en die handhawing van goeie gesinsverhoudings.
- Beide mans en vrouens beskou die besigtiging van pornografiese materiaal as gelykstaande aan huweliksontrouheid.
Pornografie is ’n harde werklikheid en gaan nie gou verdwyn nie. Jy sal jou kinders moet voorberei om hulle daarteen te beskerm. Volgens Josh McDowell, die outeur van boeke soos Evidence which Demands a Verdict en More than a Carpenter, het onlangs begin aandag gee aan die vernietigende gevolge wat pornografie op ons kultuur en die kerk het. Hy beskou dit as een van die grootste bedreigings wat die Christendom nog ooit ervaar het.
Verlossing van seksuele verslawing
Die vlieënier en stigter van Setting Captives Free, Mike Cleveland, was vir 15 jaar magteloos teen sy verslawing aan internet-pornografie. Dit het sy lewe, huwelik en familie verwoes. Hy het so diep in die spiraal van wellus vasgevang geraak dat daar nie 'n sekonde van die dag was wat hy vry was daarvan nie.
Die siklus van gebede om bevryding, net om daarna weer terug te val in pornografie en seks-kletskamers, het hom verder in moedeloosheid en selfhaat gedompel. Hy wou ontsnap uit die onderwêreld van sielsvernietigende sonde, maar met elke probeerslag was hy onveranderd en onseker dat vryheid enigsins moontlik is. Hy het sonder sukses raad in selfhelpboeke, by beraders en by vriende gesoek. Sy aanhoudende mislukking het na skuldgevoelens en selfbeskuldiging gelei.
Toe sy vrou vir 'n laaste keer wanhopig voorstel dat hulle haar pastoor moet gaan sien, het Mike dit uiteindelik gesnap: "Hulp kom net van die Here af." (Jona 2:9 NV). Hy bepaal die reëls. Mike se vorige motiverings om op te hou was vol gate en kon hom te maklik weer laat misluk. Sy pastoor het hom geleer dat die enigste motivering wat hy nodig het, is toewyding daaraan om God se naam groot te maak in al sy besluite, omdat hulp slegs van Hom af kom. Toe Mike geleer het "... wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God." (1 Kor. 10:31 NV), het die deure na vryheid van seksuele verslawing begin oopgaan. Dit kan met jou ook gebeur. Sielekos:
Col 3:1-3 As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit. Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie. Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.
Mat 12:20-21 ‘n Geknakte riet sal Hy nie verbreek nie, en ‘n lamppit wat rook, sal Hy nie uitblus nie, totdat Hy die reg tot oorwinning uitbring. En op sy Naam sal die heidene hoop.
Sê nou ek is verslaaf aan pornografie?
Wat jy kan doen Sien pornografie vir wat dit werklik is.
Pornografie is niks minder nie as ’n poging om iets te verlaag wat God geskep het om eerbaar te wees. As jy pornografie in hierdie lig beskou, sal dit jou help om ‘die kwaad te haat’.
Pornografie is `n welus gees wat die duiwel stuur om mense lewens te beheer. Daaruit kom ook die aangetrokkenheid tot dieselfde:
Rom 1:24-29 Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen. Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is; en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang. En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ‘n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie: hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug; vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid.
Psa 97:10 o Liefhebbers van die HERE, haat die kwaad! Hy bewaar die siele van sy gunsgenote, Hy red hulle uit die hand van die goddelose.
Dink aan die gevolge. Pornografie verlaag die mense wat daarin uitgebeeld word. Dit verlaag ook die persoon wat daarna kyk. Die Bybel sê met goeie rede:
Spr 22:3 ‘n Skrander mens sien die onheil en verberg hom, maar die eenvoudiges gaan verder en word gestraf.
Maak ’n belofte. Soos Job gemaak het: Job 31:1 het gesê: “Ek het ’n vaste besluit geneem om nooit na ’n meisie te kyk en haar te begeer nie. DB
- Ek sal nie die Internet gebruik wanneer ek alleen is nie.
- Ek sal enige opspringvenster of webwerf met seksueel eksplisiete inhoud onmiddellik toemaak.
- As ek ’n terugslag het, sal ek met ’n vriend praat wat ’n volwasse beskouing van sake het.
- Ek sal TV-programme met sekstonele vermy.