Daar is drie maniere hoe jy die lewe kan benader:
WAT KAN EK VAN DIE LEWE MAAK? OF WAT KAN EK IN DIE LEWE SIT?
OM VERANDERING POSITIEF TOE TE PAS BENODIG:
Kriatiweteit baan ‘n nuwe weg, Dapperheid is die dryfkrag en passie verskaf die ennergie om te beweeg op hierdie nuwe weg.
Soos wat ons Dink
Spreuke 27:19: “ Soos jy jou eie gesig sien as jy in die water kyk; so sien jy jouself in wat jy dink.”
Pro 27:19 As in water face answers to face, so the heart of man answers to man.
KJV
Om mee te begin, dink aan jou gedagtewêreld asof dit 'n tuin is. Wanneer jy hierdie tuin versorg en die regte aandag daaraan gee, floreer dit en produseer pragtige blomme en plante wat ’n besliste positiewe uitwerking op jou omgewing het. Wanneer die tuin nie versorg word nie, begin dit wild groei en baie onkruid, selfs dorings en giftige plante, beland in die tuin en begin welig groei. Ongewenste sade sal in die tuin waai en voortgaan om dieselfde sade te produseer. So of jy die tuin versorg of nie, die tuin sal iets produseer. Wat jy saai sal jy maai. Vandag se lewe is vol tragedies, te veel siektes, ellende en ongelukkigheid as gevolg van verkeerde gedagtes.
Hoeveel tyd gedurende die dag spandeer jy werklik deur bewus te wees van hoe en wat jy dink? Ken jy jou gedagtes? Hoeveel keer per dag moet jy sekere gedagtes ignoreer, iets vrees, jou oor onnodige sake bekommer, en jou emosies op hol jaag met afbrekende gedagtes wat negatief en onproduktief is? Is jy bewus van die groot waarheid dat negatiewe gedagtes jou hele lewe verstommend nadelig beïnvloed. Hoe lyk jou tuin van gedagtes?
Positiewe Gedagtes
Wat sal jou positiewe gedagtes wees as jy in ’n motorongeluk betrokke is en jy redelik diep sny wonde opgedoen het? Die ware positiewe denker sal na sy wonde kyk en dink: “Hierdie wonde en snye het mediese aandag nodig.” En ’n positiewe beeld van die genesing proses sal in jou gedagtes bly. Positiewe denke vermy nie die werklikheid nie, maar kyk positief na die oplossing.
Heb.11:1
Die geloof dan is ’n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ’n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.
Paulus se goeie raad is:
KOL 3:2 Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.
Gedagtes is energie
Wanneer ons dink, werk ons met energie. Met ongelooflike hoeveelheid energie. ’n Enkele gedagte veroorsaak mikrokraggolfies wat kragtig deur jou brein vloei. Jou gedagtes is ’n lewendige, dinamiese sisteem van energie. En gedagtes is altyd op soek na vorm. Gedagtes soek altyd ’n “pat uit” gedagtes wil gemanifesteer word. Gedagtes wil skep.
Dink mooi alles begin met ’n gedagte. Jy dink aan iets; dit word ’n idee; van die idee kom ’n plan en uit die plan volg jou aksie. Uiteindelik sien jy dit wat jy in jou gedagtes geskep het.
Te veel mense blameer die omstandighede van die toestand waarin hulle verkeer. Reg, genoeg jy kan nie altyd dit wat met jou gebeur kies nie, maar jy kan kies hoe jy daarop gaan reageer!
Deur jou gedagtes reg te stuur, is dit moontlik om vir jouself ‘n “Plek” te skep waar jy kreatiewe geleenthede en omstandighede kan gebruik tot voordeel van jouself en jou medemens. Onthou dat gedagte lewendige energiestrome is!
Sp 23:7 Want soos hy in sy siel bereken, so is hy
Jy is ‘n Wenner
Bybel se skrifte kom uit die nuwe vertaling van die Afrikaanse Bybel
Inleiding:
Kreatiwiteit is die vermoë om iets nuut deur vindingryke bekwaamheid te skep, of 'n nuwe oplossing vir 'n probleem te ondek, 'n nuwe metode of apparaat te produseer, of 'n nuut artistieke voorwerp of vorm. Die term verwys gewoonlik na 'n rykheid en oorspronklikheid van denke.
Die internasionale bevinding het volgende statistieke onthul:
Kreatiwiteit is die skeppings vermoë wat ons van God ontvang het. Dit is in alle mense teenwoordig! Die probleem is die mislukkings wat ons in die lewe ervaar het, wat die kreatiwiteit in ons lewe versmoor het. Ons moet nie toelaat dat versperings ons verhinder nie, ons moet om dit beweeg. Ons het bang geword om te waag!
Ons kan weer kriatiwiteit laat opleef in ons lewe, sodat ons, ons persoonlik grense kan versit, Ja, dit kan ons help om in ons allerdaagse lewe grooter sukses te behaal, en ons geestelike grense uit te brei sodat ons die volheid van God in ons lewe kan ervaar.
Ons moet net besef dat God ons volmaak geskep het, Ja, ons is Sy handwerk! God het jou en my na Sy Beeld en gelykenis geskappe! Dit beteken dat jy God se wonder werk is!
“Dood is nie die grootste tragedie in die lewe nie. Die grootste tragedie, is dit wat dood is binne in ons terwyl ons nog lewe.”
Dit is goed om te leer, dit is onontbeerlik om jouself te verryk; maar dit is goddelik om te kan skep.
God het die mens na Sy beeld en gelykenis geskape. In elke mens is die vermoë om kreatief te lewe en vir homself `n nuwe lewe te skep. Maak nie saak wat die ouderdom van die mens is nie. ‘n Kind is nuuskierig en ondersoek alles in God se skepping, en sal ook sonder om aan die gevolge te dink dinge doen. Die groot mense wil nie meer waag nie, want hulle is bang vir seerkry. Hulle ondersoek nie meer nie, want niks trek hulle aandag nie.
Ps. 8 “ U het hom `n weinig minder gemaak as `n goddelike wese…”
Kreatiwiteit is in ons elkeen teenwoordig. Dit is ons vermoë om kreatief te dink, wat ons besonder en uniek maak. Hierdie Kreatiwiteit kan geleer en ontwikkel word. Daar is geen grense aan hierdie kreatiewe ontwikkeling nie. Soos kreatiwiteit groei, so versit jou grense. Passie en moed is onlosmaakbaar van die kreatiewe proses. Kreatiewe mense kan wondere verrig. Kreatiewe mense is bereid om oor die afgrond te tree - want hulle glo hulle kan vlieg !
Wat verhinder mense om kreatief te wees:
Herken jy die volgende stellingsin jou lewe?
Besef Jy Wie Jy Werklik Is ? Wat In Jou Is ?
Ja, jy besit meer krag as wat jy ooit kan besef ! Jy is die hoogste skepping wat nog ooit geskape is. Daar is net een soos jy, deur God self geskape met groot potensiaal wat net ontdek moet word en benut moet word. As jy dit wat in jou is net kan ontdek sal jy ware geluk, vrede en vervulling vind, wat jou lewe sal verander ver bo dit wat jy nou besef !
Jes 40:30-31 Die jonges word moeg en mat, en die jongmanne struikel selfs; maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.
Exo 19:4 Julle het self gesien wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het, en dat Ek julle op arendsvlerke gedra en julle na My toe gebring het.
Psa 103:5 wat jou siel versadig met die goeie, sodat jou jeug weer nuut word soos dié van ‘n arend.
Dink hieraan
Sp. 14:15 “Wie ervaring kortkom, glo alles wat gesê word; `n verstandige mens oorweeg elke tree wat hy gee.”
Sp. 14:30 “’n Kalm gemoed hou die liggaam gesond; hartstog vreet `n mens op”
Sp. 2:3,4 “Roep insig by, vra na gesonde begrip. Soek dit soos jy silwer sou soek, spoor dit op soos `n verborge skat.”
Een van die basiese kenmerke van `n kreatiewe mens is sy vermoë om baie nuwe idees te skep, wanneer hy met `n probleem gekonfronteer word. Kreatiewe idees word ook nie net in tye van oorvloed geskep nie, maar dit is juis in krisis tye waar die beste idees gebore word.
Nuwe idees kan gebore word uit “BRAINSTORMING” Dit is idees wat so in jou gedagtes opkom - Laat dit vloei. Idees moet spontaan kom of dit onlogies of belaglik is maak nie saak nie, laat dit vloei en vermy alle kritiek. Alle idees is belangrik. Probeer om dit nie neer te skryf in die begin nie, maak eerder gebruik van `n band speler. Neem dan al die idees en verwerk dit, en hak hulle aan mekaar. Hoe meer idees hoe beter, luister weer daarna en gebruik dit om die beste plan daar uit te vorm.
Emosionele Intelligensie. ’n Wonderboom en toekoms gryper
Daniel Goleman het ‘n studie van die mense se denke gemaak en bevind dat mense met ‘n hoë “EI” Emosineele Intelligensie gewoonlik ‘n sukses van hulle lewe maak. Die mens kan miskien nie sy IK verander nie maar hy het wel beheer oor jou emosinele intelligensie, jy kan dit aanleer en verbeter.
Intelligensie bestaan uit:
Waarvan emosionele intelligensie 95% uitmaak
WAT IS EMOSIONELE INTELEGENSIE?
Dit bestaan uit twee dele; Die eerste deel gaan oor jouself:
Positiewe: Selfvertroue, neem besluite op gevoel. (soos jy oor jouselfvoel)
Positiewe: Doen wat gedoen moet word wanneer dit gedoen moet word.
Positiewe: Positiewe gedagte, hou aan al lyk dit ofjy nie sal slaag nie. Werk aan die resultaat, laat nie toe dat hinderings hom keer nie.
Die tweede deel bestaan uit jou verhouding met ander:
Positiewe: Meng maklik, aangenaam, geniet ander mense.
Self-bewustheid:
Ontwikkel Self-bewustheid
Omdat jy jouself beter verstaan kan jy deur dit wat jy van jouself dink positief verander. Self-bewusheid is een van die belangrikste elemente van emosieele intelegensie; dit is die deur na sukses en innerlike vrede.
Self- Dissipliene
Dissipline is vryheid. Indien jy kan nie saamstem met hierdie stelling nie is jy beslis nie alleen nie. Vir baie mense is dissipline 'n vuil woord wat met die afwesigheid van vryheid gelyk gestel word. In werklikheid is die teenoorgestelde waar .
Soos Stephen R. Covey het eenkeer geskryf: "Die ongedissiplineerde mense is slawe van hulle eie buie, begeertes en drifte”
En in die langer termyn, lei ongedissiplineerde gebrek aan die vryheid. Jy word deur jou emosies beheer, mense en omstandighede beheer jou. Deur die regte woorde te sê, of deur omstandighede te skep wat jou emosies opwek, kan hulle jou beheer.
Self-dissipline behels hoe jy optree volgens wat jy dink in plaas van hoe jy voel. Dikwels behels dit dat jy jou plesier en opwinding moet opoffer vir dinge wat belangriker is in die lewe. Daarom is dit self-dissipline wat dryf jou om:
Self-Motivering
Self-motivering beteken letterlik entoesiasme. Dit is die dryfkrag wat help dat mense deur druk, selfs wanneer dit swaar gaan. Die krag van selfmotivering is begeerte. (Om jou droom waar te maak)
Volgens sielkundiges, het jy verskillende soorte begeertes. En al hierdie begeertes is toe te skryf aan jou begeerte om te lewe. Selfmotivering word beheer deur jou emosies. Negatiewe ondervindings benadeel jou self-motivering, asook jou kreatieweteit en moet sterk tee gestaan word! Self-motivering wek moed en durf op wat vir jou positewe resultate gee. Hierdie mense wat hoogs gemotiveer gee nie maklik op nie, al misluk hulle, hulle hou aan totdat hulle hul droom bereik.
Die goeie resultate van selfmotivering kan gesien word in die lewe van mense wat reeds suksesvol was. Verder, mense wat swak gemotiveerd is, is diegene wat ly aan ‘n minderwaardigheids kompleks. Mense wat ly aan minderwaardigheid kompleks is diegene wat nie seker is van hulself nie. Dit is waar self-bewustheid ’n groot rol speel.
Mense en omgewing verhoudings
Empatie; Simpatie, is 'n algemene gevoel van hartseer, dit is wanneer jy nie direk met ‘n ander se emosies kan saamvoel nie. Terwyl empatie die emosieele ervaring van ‘n ander deel, dit is wanneer jy jou self kan plaas in ‘n ander se omstandighede.
Interpersoonlike verhoudings
Interpersoonlike verhoudings is die vermoë om ander se emosies, geloofsoortuigings en intensies te kan herken en te verstaan.
Dit behels ‘n persoon se vermoë om die intensies, motivering en begeertes van ander persone te verstaan sodat jy effektief met hulle kan deel.
Gardner (1993: 271) het bevind dat interpersoonlike verhoudings uit vier vermoëns bestaan, naamlik:
Emosineele intelegensie is nie:
Sp. 4:23 “Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan; want dit bepaal jou hele lewe”
Sp. 4:23 is `n spreuk wat so perfek by die nuutste navorsing omtrent emosionele intelligensie inpas. Vandag se geleerdes sê dat:
`n Hoë emosionele intelligensie is die deurslaggewende faktor in die uiteindelike bereiking van jou doelwitte, asook die suksesvolle vervulling van dit wat vir jou saak maak.
Ja, emosies speel `n baie groter rol in ons denkwêreld en die keuses wat ons maak as wat ons ooit kan dink! Ons kan sê, dat die brein al ons gevoelens en emosies reguleer en kanaliseer om een of ander uitwerking op ons lewens tot stand te bring. Die konneksie tussen hart en verstand dit is waarvan ons praat.
Waarom presteer `n persoon op skool en kry swaar om op universiteit of in sy werk aan te pas ?
Het hy `n hoë IK (intelligensiekwosiënt) maar is onsuksesvol in sy loopbaan ?
Die ou IK het jou gemeet volgens wat jy kan lees praat en somme maak. Die nuwe navorsing beskryf ons emosionele intelligensie as diè intelligensie wat van ons meer mens maak. Ons word dus toegelaat om te voel en te ervaar, sonder om bang te wees
Klaar hindernisse op
Emosionele intelligensie behels onder andere dat jy enige hindernis of kwessie wat jou persoonlike vooruitgang en ontwikkeling strem, wil opklaar. Jy sal dus wil weet wat is die redes waarom jy nie die aanstelling gekry het nie. Jy wil self betrokke raak by die saak en dan intelligent ‘n plan formuleer om die nuwe uitdagings wat nou vir jou wag, aan te pak.
Hoe Hanteer Jy Jou Emosies?
Die navorsers is oortuig daarvan dat “giftige” emosies, soos; Jaloesie, bitterheid en wantroue ’n mens se gesondheid in gevaar stel, dit is net so gevaarlik as slegte eetgewoontes, hulle sê ook dat mense wat geleer het om hul emosies skeppend te hanteer, in liggaam en gees gesonder is.
Deur jou emosies reg te hanteer kan jy jou lewe herskep. Jy moet ten eerste jou emosies verstaan en weet waar dit vandaan kom. Daar is ‘n paar verskillende maniere wat jy kan gebruik om jou te help:
Raak ontslae van jou gevoelens.
Moenie jou seer alleen dra nie, kry ’n vriend wat jy kan vertrou en vertel wat gebeur het, en hoe dit vir jou gevoel het. Hy sal nie altyd jou gevoel verstaan nie, maar dit sal jou help om die seer in jou te verlig, en jou help om dit te verwerk. Dit is belangrik dat jy die persoon wat jou skade aangedoen het; vergewe sodat jy genees kan word van die seer in jou. Onthou dat die Satan ’n maalgat het wat jou wil vernietig: Verwerping; Alleenheid; Selfbejammering; depressie; hopeloosheid en dan kom: “Ek wens ek is dood” Jesus was ook verwerp deur Sy Vader, Sy Vriende en die mense wat Hy genees het. Wat was Sy reaksie? “Vader vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie.”
Herfrasering
Raak ontslae van jou gevoelens. Intensiewe navorsing oor emosionele intelligensie het bevind dat herfrasering van ‘n situasie die gesonde manier is om jou te help om van dit wat in jou onbeskryflike woede of seer veroorsaak of het te verwerk. Jy moet daardie emosie neem en dit herskep in iets anders. Al weet jy in jou binneste dat die nuwe definisie wat jy aan die gebeurtenis gaan gee nie waar is nie. (jy kan selfs ‘n grap daarvan maak) Dit help jou om van die woede in jou gemoed ontslae te raak. En omdat emosionele woede gevaarlik kan wees, is dit wenslik om tog soms iets soos hierdie metode te volg. Dit sal jou ook help om die saak van ‘n ander kant te aanskou - tot jou eie voordeel.
Sosiaal en professioneel
Mensvaardighede - om sosiaal en professioneel intelligent op te tree, is ‘n gawe bo talle ander. Geluk en tevredenheid in die werksplek sowel as op elke vlak van die lewe, is uiters belangrik vir produktiwiteit sowel as jou persoonlike welsyn. Om emosioneel intelligent te kommunikeer beteken nie dat jy ‘n pap hartjie-mens is nie !
O, Nee, jy behou jou trots en selfbeeld en laat nie toe dat ander emosies smouse jou lewe en integriteit in die weegskaal plaas nie. Moenie toelaat dat ander mense jou emosies op jaag nie. Die Duiwel sal jou altyd net die negatiewe kant van `n saak wys, weerstaan hom!
Oop eerlike kommunikasie
Die waarde van oop en eerlike kommunikasie is van groot waarde ! Hierdie keuse vereis ook van jou, om met toewyding ‘n saak aan te pak. Dit is ‘n nuwe kans om jouself te bewys en jou beloftes na te kom. Dit is ook `n metode om jouself te motiveer, ten spyte van die feit dat jy reeds in een poging gefaal het. Eerlikheid en selfrespek gaan hand aan hand. Geluk met hierdie keuse en ontgin nou jou weggesteekte idees om ekstra geld te verdien totdat jy jou skuld kan betaal. Oneerlikheid en valse kommunikasie val jou gewete aan en breek jou self beeld af.
Gee vir jou self punte tussen 1 tussen en 20

Positiewe: Selfvertroue, neem besluite op gevoel. (soos jy oor jouselfvoel) (+)
Positiewe: Doen wat gedoen moet word wanneer dit gedoen moet word. (+)
Positiewe: Positiewe gedagte, hou aan al lyk dit ofjy nie sal slaag nie. Werk aan die resultaat, laat nie toe dat hinderings hom keer nie.( +)

Positiewe: Voel saam met ander, huil saam, lag saam, en verstaan ander se gevoel. (+)
Positiewe: Meng maklik, aangenaam, geniet ander mense. (+)
Hoe lyk jou emosionele kwosiënt?
100 = Emosionele genie
80 = Emosioneel intelligent en briljant
60 = Bo gemiddeld maar moet verbeter
40 = Emosioneel onder gemiddeld
20 = Emosioneel totaal afgeskryf, jy erken nie dat mense gevoelens het nie
Stel jou Ego status vas. Ego in Latyn beteken “Ek”
Interaksie tussen mense word bepaal deur drie sielkundige maniere; hierdie gedragspatrone word genoem: ego status:
Volgens Freud is die ego status deel van die persoonlikheid
Mense met' n sterk ego-sterkte benader uitdagings met 'n gevoel dat hy of sy die probleem kan hanteer en selfs daarby leer. Aan die ander kant, diegene met swak ego-sterkte sien uitdagings as iets om te vermy.
HOE LYK `N KREATIEWE MENS ?
DIE VOLSTRUIS
Is my vlerke regtig nodig ?
Die volstruis is die grootse oorlewende voël. Hy kan baie vinnig hardloop tot 50 km/h, maar kan nie vlieg nie. Die 50 tot 69 stertvere is slegs vir versiering. Sy indrukwekkende vlerke kry hom nie van die grond af nie. Hierdie voël word aangetrek deur blink voorwerpe. Hy kruip weg deur met sy nek en kop uitgestrek op die grond te lê, vandaar die verkeerde uitdrukking dat die volstruis sy kop in die sand begrawe.
Die Volstruis persoon
Die Duif
Ek-kom-weer-terug-vlerke.
Die duif is bekend vir sy tuiskoms instink. Hy gebruik die son, hemelliggame en land merke om huis toe te navigeer. Die duif word selfs gebruik as die draer van boodskappe. As `n mens oor die duif besin, dan besef jy dis nou `n voël wat soos “almal se besitting: voel. As ons die duif se gekoer hoor, hardloop ons nie in verwagting uit om te gaan seker maak watter voël het ons nou met sy teenwoordigheid vereer nie, ons weet dis die ou duif. Hy word aangehou as `n troetel dier, as renduif, as boodskap draer- want jy kan hom afrig, na jou hand leer en sy kom en gaan kontroleer.
Die Duif persoon.
Die duif persoon is `n volgeling, nie `n leier of inisieerder nie. Die duif persoon sien homself as “tuis”, rustig ingeburger in sy huidige bestaan. Hy staan nie uit of voel nie juis spesiaal of uniek nie, en dit pas hom eintlik. Hy wonder of dit regtig reg is, om sy potensiaal te probeer vermenslik, of om sy visies na te jaag. Hy wil nie waag of iets prysgee nie. Dit sal dalk die ander in die nes ongerieflik maak. Hy vra homself: “Is dit nie selfsugtig om hierdie roete van vernuwing te vlieg nie? Vir die duif persoon is sekuriteit belangrik. `n Goed beplande toekoms roete met baie sekuriteit is die land merke wat aandui hy is nog op die bekende pad, dit is uiters belangrik. Hy koer oor en oor die selde bekende storie. Hy is goed opleibaar, en volg sy opleiding slaafs na, sonder om vir homself te dink.
Is jy `n dui persoon ? Hy kan oor die afgrond vlieg as ander voor hom gevlieg het, en hom geleer het. As iemand hom aanmoedig sal hy soms `n draaitjie waag, maar en keur weer terug na dit wat hy geleer het.
Die Swaeltjies
Waar-in-die-wêreld moet ek wees ?
Swaeltjies het lang vlerke, is grasieuse, aantreklike vlieërs met baie uithouvermoë. Hulle is vriendelike voëls, en baie gewild omdat hulle lastige insekte uit tuine verwyder. Hulle mors nie tyd nie, as hulle op reis is eet hulle sommer so in die vlieg. Hulle is ook bekend dat hulle elke jaar noord en suid trek met die ruil van seisoene. Hulle is deel van `n groep, waarvan elkeen sy kant bring.
Die Swaeltjie persoon.
Die swaeltjie persoon sal deelneem as daar sprake is van verandering. Kreatiwiteit - veral as ander mense entoesiasties is - sal die swaeltjie persoon trek. Hy gooi nie maklik handdoek in nie, en kan nogal uithou as dinge begin moeilik raak.
Is daar `n probleem met `n swaeltjie persoon ? Die probleem is, dat hy nooit lank bevrediging kan word nie. Omdat hy ander volg, en altyd voel dat hy baie “insit”, word ander ook uiteindelik geblameer as dinge nie volgens verwagting werk nie. Hy moet besig wees, resultate sien of iemand is te blameer. En dan begin die ontevredenheid weer, die onvergenoegdheid met die huidige situasie of omstandighede, die verlange na iets anders, of na die ou bekende. Die persoon word onrustig, en wil weer voort. Soek gedurig na ander weivelde; maar ander moet aandui waarheen. Hy besef nie dat hy sy eie bestemming kan bepaal nie, en dat hy sy eie roete, kan beplan as hy `n slag verantwoordelikheid neem vir die reis.
Ja, as jy jouself kan erken as `n swaeltjie persoon met vlerke, kan jy beslis vlieg. Het jy dalk al `n paar maal `n risiko geneem ? Maar daarna besef jy dat jy nog nooit bevrediging gevind het in hierdie proses nie. Jy met die swaeltjie vlerke is `n mens wat wonder waar jy nou eintlik hoort, en waar heen jy nou eintlik op pad is ?
Die Albatros
Die groot knal….is `n geruis
Die Albatros kan `n vlerk span van 3,7 meter bereik. Hy is `n uitstekende swewer. Wat groot afstande kan aflê. Hy lyk indrukwekkend met grasieuse vlerke en `n vlerk span groter as enige ander lewende voël. Daar is net een probleem, sonder wind wat hom aandryf, is sy vlerke byna nutteloos. Beland hy op die dek van `n skip, is hy `n gevangene en `n patetiese gesig as daar nie wind is om hom te help opstyg nie. `n Albatros op die rand van `n afgrond, kan probleme ondervind.
Die Albatros persoon.
Die persoon met Albatros vlerke sien kans vir die sprong en die kreatiewe reis na verandering. Hy begin inderdaad met groot entoesiasme en opgewondenheid. Hy kan ander en homself oortuig dat hy gereed is, en dat hy die regte montering het om `n grootse en opwindende reis aan te pak.
Die Albatros persoon is egter ook die persoon wat, omdat hy nie met opregtheid en self insig hierdie transformasie proses aanpak nie. Gou sy passie verloor. Die passie wat deur gedurige vernuwing, en bevraag tekening van tradisionele grense. Die keuse vir `n vreugdevolle lewe (ongeag my omstandighede) aangevuur word. Dit begin gou na die aanvanklik “knal” te vervaag. Hy vlieg voort sonder om vlerke te klap, en agtervolg skepe soos die albatros om afval kossies op te pik. Net so word die persoon `n bedelaar van die kreatiewe proses. As die aanmoediging nie meer daar is nie en die wind ophou, help sy skyn vlieg nie meer nie. Dan kan hy nie meer vorentoe nie. Dit wat hom aanvanklik binne homself aanmoedig het, word dan vir hom `n moeitevolle las. As hy eers met die dek `n paar keer hard kennis gemaak het, word hy onvergenoegd, selfbejammer en pateties.
As jy as `n Albatros op die rand van die afgrond staan, staan jy daar om verkeerde redes. Jy wil ander beïndruk, of voel dat dit van jou verwag word en omdat jou motiewe nie suiwer is nie, gaan jy nie die passie behou en jou vlerke aanhou klap nie.
Die Arend
Die Arend is besonder sterk en het uitstekende sig. Hy jag terwyl hy vlieg en vlieg teen `n hoë spoed op sy prooi af. Die Arend se breë stert, kragtige kloue, sterk vlerke en goeie gesig, maak hom besonder toegerus vir sy rol as vlieër, jagter en beskermheer van sy gesin. Op die afgrond huiwer hy nie, want hy het geloof in sy vermoë en sy eie potensiaal. Sedert die vroegste tye word die arend gebruik as simbool van mag, moed en onsterflikheid.
Die Arend persoon.
Die persoon met arend vlerke is `n persoon met moed. Die Arend persoon weet dat hy op die reis na vernuwing, moontlik vele probleme sal tee kom. Hy weet egter dat hy hierdie probleme dadelik en sonder huiwering sal aanval en uit die weg ruim, sonder dat hy sy reis hoef prys te gee. Hy is waaksaam met insig. Iemand wat geleenthede aangryp en uitdagings met oorgawe hanteer.
Die Arend persoon is `n voorbeeld vir ander deur sy moed uithouvermoë en passie. Op die rand van die afgrond moet jy Arend vlerke hê om die vlug met sukses af te lê. Jy moet besef dat dit nie die uiterlike en eksterne hulpmiddele is wat die verskil gaan maak nie, maar net dit wat binne jou is. Jy moet jou onbegrensde potensiaal besef, glo in die bereiking van hierdie potensiaal en jou persoonlike visie, ongeag negatiewe invloede van buite. Die arend is `n enkeling, nie `n swerm voël nie. As die vaste grond onder jou verdwyn, as die wind ophou waai, of die seisoene nou draai of nie - jy sal jou vlug kan voltooi, want jy het die regte vlerke. Elkeen se afgrond is uniek.
Dit wat jou bevrees maak en terughou, moet jy identifiseer. Wat die ook al is, jy moet self daarvoor verantwoordelikheid neem. Jy kan net dit vrees wat jy kies om te vrees. Jou denke bepaal wie jy is - daarom is dit alleenlik jy wat die Arend vlerke in jou kan ontdek !.
- Die algemene eentonige lewe wat bestaan uit: Geboorte, eet, drink, slaap, werk, oud, sterf
- Die tweede manier is soos ‘n besigheidsman met ‘n lese: Wat kan ek uit die lewe kry?
- Die derde manier en die manier wat ons gaan gebruik, ‘n Kunstenaar of beeldhouer lese:
WAT KAN EK VAN DIE LEWE MAAK? OF WAT KAN EK IN DIE LEWE SIT?
OM VERANDERING POSITIEF TOE TE PAS BENODIG:
- Kriatiweteit
- Dapperheid
- Passie
- Energie
Kriatiweteit baan ‘n nuwe weg, Dapperheid is die dryfkrag en passie verskaf die ennergie om te beweeg op hierdie nuwe weg.
Soos wat ons Dink
Spreuke 27:19: “ Soos jy jou eie gesig sien as jy in die water kyk; so sien jy jouself in wat jy dink.”
Pro 27:19 As in water face answers to face, so the heart of man answers to man.
KJV
Om mee te begin, dink aan jou gedagtewêreld asof dit 'n tuin is. Wanneer jy hierdie tuin versorg en die regte aandag daaraan gee, floreer dit en produseer pragtige blomme en plante wat ’n besliste positiewe uitwerking op jou omgewing het. Wanneer die tuin nie versorg word nie, begin dit wild groei en baie onkruid, selfs dorings en giftige plante, beland in die tuin en begin welig groei. Ongewenste sade sal in die tuin waai en voortgaan om dieselfde sade te produseer. So of jy die tuin versorg of nie, die tuin sal iets produseer. Wat jy saai sal jy maai. Vandag se lewe is vol tragedies, te veel siektes, ellende en ongelukkigheid as gevolg van verkeerde gedagtes.
Hoeveel tyd gedurende die dag spandeer jy werklik deur bewus te wees van hoe en wat jy dink? Ken jy jou gedagtes? Hoeveel keer per dag moet jy sekere gedagtes ignoreer, iets vrees, jou oor onnodige sake bekommer, en jou emosies op hol jaag met afbrekende gedagtes wat negatief en onproduktief is? Is jy bewus van die groot waarheid dat negatiewe gedagtes jou hele lewe verstommend nadelig beïnvloed. Hoe lyk jou tuin van gedagtes?
Positiewe Gedagtes
Wat sal jou positiewe gedagtes wees as jy in ’n motorongeluk betrokke is en jy redelik diep sny wonde opgedoen het? Die ware positiewe denker sal na sy wonde kyk en dink: “Hierdie wonde en snye het mediese aandag nodig.” En ’n positiewe beeld van die genesing proses sal in jou gedagtes bly. Positiewe denke vermy nie die werklikheid nie, maar kyk positief na die oplossing.
Heb.11:1
Die geloof dan is ’n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ’n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.
Paulus se goeie raad is:
KOL 3:2 Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.
Gedagtes is energie
Wanneer ons dink, werk ons met energie. Met ongelooflike hoeveelheid energie. ’n Enkele gedagte veroorsaak mikrokraggolfies wat kragtig deur jou brein vloei. Jou gedagtes is ’n lewendige, dinamiese sisteem van energie. En gedagtes is altyd op soek na vorm. Gedagtes soek altyd ’n “pat uit” gedagtes wil gemanifesteer word. Gedagtes wil skep.
Dink mooi alles begin met ’n gedagte. Jy dink aan iets; dit word ’n idee; van die idee kom ’n plan en uit die plan volg jou aksie. Uiteindelik sien jy dit wat jy in jou gedagtes geskep het.
Te veel mense blameer die omstandighede van die toestand waarin hulle verkeer. Reg, genoeg jy kan nie altyd dit wat met jou gebeur kies nie, maar jy kan kies hoe jy daarop gaan reageer!
Deur jou gedagtes reg te stuur, is dit moontlik om vir jouself ‘n “Plek” te skep waar jy kreatiewe geleenthede en omstandighede kan gebruik tot voordeel van jouself en jou medemens. Onthou dat gedagte lewendige energiestrome is!
Sp 23:7 Want soos hy in sy siel bereken, so is hy
Jy is ‘n Wenner
Bybel se skrifte kom uit die nuwe vertaling van die Afrikaanse Bybel
Inleiding:
Kreatiwiteit is die vermoë om iets nuut deur vindingryke bekwaamheid te skep, of 'n nuwe oplossing vir 'n probleem te ondek, 'n nuwe metode of apparaat te produseer, of 'n nuut artistieke voorwerp of vorm. Die term verwys gewoonlik na 'n rykheid en oorspronklikheid van denke.
Die internasionale bevinding het volgende statistieke onthul:
- Kleuters 3-5 jaar- 98 % kreatiewe gedrag
- Kinders 10 jaar- 32 % kreatiewe gedrag
- Tieners 15 jaar - 10 % kreatiewe gedrag
- Volwassenes bo 25 jaar - 2 % kreatiewe gedrag
Kreatiwiteit is die skeppings vermoë wat ons van God ontvang het. Dit is in alle mense teenwoordig! Die probleem is die mislukkings wat ons in die lewe ervaar het, wat die kreatiwiteit in ons lewe versmoor het. Ons moet nie toelaat dat versperings ons verhinder nie, ons moet om dit beweeg. Ons het bang geword om te waag!
Ons kan weer kriatiwiteit laat opleef in ons lewe, sodat ons, ons persoonlik grense kan versit, Ja, dit kan ons help om in ons allerdaagse lewe grooter sukses te behaal, en ons geestelike grense uit te brei sodat ons die volheid van God in ons lewe kan ervaar.
Ons moet net besef dat God ons volmaak geskep het, Ja, ons is Sy handwerk! God het jou en my na Sy Beeld en gelykenis geskappe! Dit beteken dat jy God se wonder werk is!
“Dood is nie die grootste tragedie in die lewe nie. Die grootste tragedie, is dit wat dood is binne in ons terwyl ons nog lewe.”
Dit is goed om te leer, dit is onontbeerlik om jouself te verryk; maar dit is goddelik om te kan skep.
God het die mens na Sy beeld en gelykenis geskape. In elke mens is die vermoë om kreatief te lewe en vir homself `n nuwe lewe te skep. Maak nie saak wat die ouderdom van die mens is nie. ‘n Kind is nuuskierig en ondersoek alles in God se skepping, en sal ook sonder om aan die gevolge te dink dinge doen. Die groot mense wil nie meer waag nie, want hulle is bang vir seerkry. Hulle ondersoek nie meer nie, want niks trek hulle aandag nie.
Ps. 8 “ U het hom `n weinig minder gemaak as `n goddelike wese…”
Kreatiwiteit is in ons elkeen teenwoordig. Dit is ons vermoë om kreatief te dink, wat ons besonder en uniek maak. Hierdie Kreatiwiteit kan geleer en ontwikkel word. Daar is geen grense aan hierdie kreatiewe ontwikkeling nie. Soos kreatiwiteit groei, so versit jou grense. Passie en moed is onlosmaakbaar van die kreatiewe proses. Kreatiewe mense kan wondere verrig. Kreatiewe mense is bereid om oor die afgrond te tree - want hulle glo hulle kan vlieg !
Wat verhinder mense om kreatief te wees:
Herken jy die volgende stellingsin jou lewe?
- Ek gaan dalk `n gek van myself maak. Sê nou ek misluk as ek iets aanpak ?
- Sal ek nie later jammer wees oor ek nie, maar net rustig voortgegaan het soos ek was nie ?
- Ek is maar wie ek is, daar is niks wat niemand daaraan kan doen nie.
- Ek is te dom of te ontalentvol om anders te wil dink en doen.
- Kreatiwiteit is vir ander mense - ek was nog nooit kreatief nie.
- Ek het al voorheen probeer om so effens te verander, maar dit werk nie.
- Ek is te oud vir kreatiewe denke.
- Ek het al genoeg bereik in die lewe
- Ek het te veel probleme, ek soek nie nog druk nie.
- Wees die of daardie rede, kan ek nie verander nie.
Besef Jy Wie Jy Werklik Is ? Wat In Jou Is ?
Ja, jy besit meer krag as wat jy ooit kan besef ! Jy is die hoogste skepping wat nog ooit geskape is. Daar is net een soos jy, deur God self geskape met groot potensiaal wat net ontdek moet word en benut moet word. As jy dit wat in jou is net kan ontdek sal jy ware geluk, vrede en vervulling vind, wat jou lewe sal verander ver bo dit wat jy nou besef !
Jes 40:30-31 Die jonges word moeg en mat, en die jongmanne struikel selfs; maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.
Exo 19:4 Julle het self gesien wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het, en dat Ek julle op arendsvlerke gedra en julle na My toe gebring het.
Psa 103:5 wat jou siel versadig met die goeie, sodat jou jeug weer nuut word soos dié van ‘n arend.
Dink hieraan
Sp. 14:15 “Wie ervaring kortkom, glo alles wat gesê word; `n verstandige mens oorweeg elke tree wat hy gee.”
Sp. 14:30 “’n Kalm gemoed hou die liggaam gesond; hartstog vreet `n mens op”
Sp. 2:3,4 “Roep insig by, vra na gesonde begrip. Soek dit soos jy silwer sou soek, spoor dit op soos `n verborge skat.”
Een van die basiese kenmerke van `n kreatiewe mens is sy vermoë om baie nuwe idees te skep, wanneer hy met `n probleem gekonfronteer word. Kreatiewe idees word ook nie net in tye van oorvloed geskep nie, maar dit is juis in krisis tye waar die beste idees gebore word.
Nuwe idees kan gebore word uit “BRAINSTORMING” Dit is idees wat so in jou gedagtes opkom - Laat dit vloei. Idees moet spontaan kom of dit onlogies of belaglik is maak nie saak nie, laat dit vloei en vermy alle kritiek. Alle idees is belangrik. Probeer om dit nie neer te skryf in die begin nie, maak eerder gebruik van `n band speler. Neem dan al die idees en verwerk dit, en hak hulle aan mekaar. Hoe meer idees hoe beter, luister weer daarna en gebruik dit om die beste plan daar uit te vorm.
Emosionele Intelligensie. ’n Wonderboom en toekoms gryper
Daniel Goleman het ‘n studie van die mense se denke gemaak en bevind dat mense met ‘n hoë “EI” Emosineele Intelligensie gewoonlik ‘n sukses van hulle lewe maak. Die mens kan miskien nie sy IK verander nie maar hy het wel beheer oor jou emosinele intelligensie, jy kan dit aanleer en verbeter.
Intelligensie bestaan uit:
- IK
- Kennis (wat jy weet)
- Denk vermoë (kreatiwiteit)
- Emosionele Intelligensie.
Waarvan emosionele intelligensie 95% uitmaak
WAT IS EMOSIONELE INTELEGENSIE?
Dit bestaan uit twee dele; Die eerste deel gaan oor jouself:
- Selfbewustheid
Positiewe: Selfvertroue, neem besluite op gevoel. (soos jy oor jouselfvoel)
- Selfdissipline
Positiewe: Doen wat gedoen moet word wanneer dit gedoen moet word.
- Selfmotivering
Positiewe: Positiewe gedagte, hou aan al lyk dit ofjy nie sal slaag nie. Werk aan die resultaat, laat nie toe dat hinderings hom keer nie.
Die tweede deel bestaan uit jou verhouding met ander:
- Empatie.
- Sosiale aanvaarding
Positiewe: Meng maklik, aangenaam, geniet ander mense.
Self-bewustheid:
- Self-bewustheid is die vermoë om deur introspeksie jouself as 'n individu te sien sonder om beinvloed te word deur invloede van buite.
- Self-bewustheid is 'n duidelike persepsie van jou persoonlikheid, sterkpunte, swakpunte, gedagtes, oortuigings, motivering, en emosies.
- Self-bewustheid help jou om ander mense reg te verstaan sonder dat ‘n negatiewe beeld van jouself jou sienning van ander beinvloed.
- Soos jy meer oor jouself ontdek, sal jy jou riaksies verstaan, wanneer jy verskillende dinge ervaar. Veral wanneer jy vinnige besluite moet neem sonder dat jy tyd het om deuglik daaroor te besin.
- Jou waardes, oortuigings en neigings word bepaal deur die gevoel wat jy oor jouself het. Dit bepaal ook jou riaksies en jou interpretasies van dit wat jy om jou ervaar.
Ontwikkel Self-bewustheid
Omdat jy jouself beter verstaan kan jy deur dit wat jy van jouself dink positief verander. Self-bewusheid is een van die belangrikste elemente van emosieele intelegensie; dit is die deur na sukses en innerlike vrede.
Self- Dissipliene
Dissipline is vryheid. Indien jy kan nie saamstem met hierdie stelling nie is jy beslis nie alleen nie. Vir baie mense is dissipline 'n vuil woord wat met die afwesigheid van vryheid gelyk gestel word. In werklikheid is die teenoorgestelde waar .
Soos Stephen R. Covey het eenkeer geskryf: "Die ongedissiplineerde mense is slawe van hulle eie buie, begeertes en drifte”
En in die langer termyn, lei ongedissiplineerde gebrek aan die vryheid. Jy word deur jou emosies beheer, mense en omstandighede beheer jou. Deur die regte woorde te sê, of deur omstandighede te skep wat jou emosies opwek, kan hulle jou beheer.
Self-dissipline behels hoe jy optree volgens wat jy dink in plaas van hoe jy voel. Dikwels behels dit dat jy jou plesier en opwinding moet opoffer vir dinge wat belangriker is in die lewe. Daarom is dit self-dissipline wat dryf jou om:
- Werk op 'n idee of projek nadat die aanvanklike stormloop van entoesiasme vervaag het.
- Gaan na die gimnasium al voel jy eerder lus om TV te kyk of te rus.
- Staan vroeg op om jou geestelike lewe met die Here te bou.
- Bly by jou besluit om gesonde kos te eet, en weerstaan versoekings vir gemors kos.
- Stel vir jou vaste reëls vas; vir persoonlike ontwikkeling en bly daarby. (ontwikkel jou brein vermoë, deur navorsing en lees, fisiese offening en geestelike ontwikkeling deur betrokke te raak in die plaaslike gemeente. Stel vir jou vaste reëls van vir persoonlike ontwikkeling
Self-Motivering
Self-motivering beteken letterlik entoesiasme. Dit is die dryfkrag wat help dat mense deur druk, selfs wanneer dit swaar gaan. Die krag van selfmotivering is begeerte. (Om jou droom waar te maak)
Volgens sielkundiges, het jy verskillende soorte begeertes. En al hierdie begeertes is toe te skryf aan jou begeerte om te lewe. Selfmotivering word beheer deur jou emosies. Negatiewe ondervindings benadeel jou self-motivering, asook jou kreatieweteit en moet sterk tee gestaan word! Self-motivering wek moed en durf op wat vir jou positewe resultate gee. Hierdie mense wat hoogs gemotiveer gee nie maklik op nie, al misluk hulle, hulle hou aan totdat hulle hul droom bereik.
Die goeie resultate van selfmotivering kan gesien word in die lewe van mense wat reeds suksesvol was. Verder, mense wat swak gemotiveerd is, is diegene wat ly aan ‘n minderwaardigheids kompleks. Mense wat ly aan minderwaardigheid kompleks is diegene wat nie seker is van hulself nie. Dit is waar self-bewustheid ’n groot rol speel.
Mense en omgewing verhoudings
Empatie; Simpatie, is 'n algemene gevoel van hartseer, dit is wanneer jy nie direk met ‘n ander se emosies kan saamvoel nie. Terwyl empatie die emosieele ervaring van ‘n ander deel, dit is wanneer jy jou self kan plaas in ‘n ander se omstandighede.
Interpersoonlike verhoudings
Interpersoonlike verhoudings is die vermoë om ander se emosies, geloofsoortuigings en intensies te kan herken en te verstaan.
Dit behels ‘n persoon se vermoë om die intensies, motivering en begeertes van ander persone te verstaan sodat jy effektief met hulle kan deel.
Gardner (1993: 271) het bevind dat interpersoonlike verhoudings uit vier vermoëns bestaan, naamlik:
- Die vermoë om groepe te organiseer. Die om mense te motiveer en te koördineer.
- Om onderhandelinge te lei. Dit is die vermoë om oplossings te vind en konflik te hanteer in die afhandeling van take.
- Interpersoonlike aansluitings te vind. Die vermoë om ander persone se gevoelens te kan herken, hul vertroue te wen en daarop te reageer
- Sosiale analises te kan maak. Dit behels die vermoë om ander se gevoelens, motiewe en bekommernisse vinnig en korrek op te som.
Emosineele intelegensie is nie:
- Om goed te wees nie
- Om jou oor te gee aan jou emosies nie
- Dit is ook nie geneuties nie
Sp. 4:23 “Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan; want dit bepaal jou hele lewe”
Sp. 4:23 is `n spreuk wat so perfek by die nuutste navorsing omtrent emosionele intelligensie inpas. Vandag se geleerdes sê dat:
`n Hoë emosionele intelligensie is die deurslaggewende faktor in die uiteindelike bereiking van jou doelwitte, asook die suksesvolle vervulling van dit wat vir jou saak maak.
Ja, emosies speel `n baie groter rol in ons denkwêreld en die keuses wat ons maak as wat ons ooit kan dink! Ons kan sê, dat die brein al ons gevoelens en emosies reguleer en kanaliseer om een of ander uitwerking op ons lewens tot stand te bring. Die konneksie tussen hart en verstand dit is waarvan ons praat.
Waarom presteer `n persoon op skool en kry swaar om op universiteit of in sy werk aan te pas ?
Het hy `n hoë IK (intelligensiekwosiënt) maar is onsuksesvol in sy loopbaan ?
Die ou IK het jou gemeet volgens wat jy kan lees praat en somme maak. Die nuwe navorsing beskryf ons emosionele intelligensie as diè intelligensie wat van ons meer mens maak. Ons word dus toegelaat om te voel en te ervaar, sonder om bang te wees
Klaar hindernisse op
Emosionele intelligensie behels onder andere dat jy enige hindernis of kwessie wat jou persoonlike vooruitgang en ontwikkeling strem, wil opklaar. Jy sal dus wil weet wat is die redes waarom jy nie die aanstelling gekry het nie. Jy wil self betrokke raak by die saak en dan intelligent ‘n plan formuleer om die nuwe uitdagings wat nou vir jou wag, aan te pak.
Hoe Hanteer Jy Jou Emosies?
Die navorsers is oortuig daarvan dat “giftige” emosies, soos; Jaloesie, bitterheid en wantroue ’n mens se gesondheid in gevaar stel, dit is net so gevaarlik as slegte eetgewoontes, hulle sê ook dat mense wat geleer het om hul emosies skeppend te hanteer, in liggaam en gees gesonder is.
Deur jou emosies reg te hanteer kan jy jou lewe herskep. Jy moet ten eerste jou emosies verstaan en weet waar dit vandaan kom. Daar is ‘n paar verskillende maniere wat jy kan gebruik om jou te help:
Raak ontslae van jou gevoelens.
Moenie jou seer alleen dra nie, kry ’n vriend wat jy kan vertrou en vertel wat gebeur het, en hoe dit vir jou gevoel het. Hy sal nie altyd jou gevoel verstaan nie, maar dit sal jou help om die seer in jou te verlig, en jou help om dit te verwerk. Dit is belangrik dat jy die persoon wat jou skade aangedoen het; vergewe sodat jy genees kan word van die seer in jou. Onthou dat die Satan ’n maalgat het wat jou wil vernietig: Verwerping; Alleenheid; Selfbejammering; depressie; hopeloosheid en dan kom: “Ek wens ek is dood” Jesus was ook verwerp deur Sy Vader, Sy Vriende en die mense wat Hy genees het. Wat was Sy reaksie? “Vader vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie.”
Herfrasering
Raak ontslae van jou gevoelens. Intensiewe navorsing oor emosionele intelligensie het bevind dat herfrasering van ‘n situasie die gesonde manier is om jou te help om van dit wat in jou onbeskryflike woede of seer veroorsaak of het te verwerk. Jy moet daardie emosie neem en dit herskep in iets anders. Al weet jy in jou binneste dat die nuwe definisie wat jy aan die gebeurtenis gaan gee nie waar is nie. (jy kan selfs ‘n grap daarvan maak) Dit help jou om van die woede in jou gemoed ontslae te raak. En omdat emosionele woede gevaarlik kan wees, is dit wenslik om tog soms iets soos hierdie metode te volg. Dit sal jou ook help om die saak van ‘n ander kant te aanskou - tot jou eie voordeel.
Sosiaal en professioneel
Mensvaardighede - om sosiaal en professioneel intelligent op te tree, is ‘n gawe bo talle ander. Geluk en tevredenheid in die werksplek sowel as op elke vlak van die lewe, is uiters belangrik vir produktiwiteit sowel as jou persoonlike welsyn. Om emosioneel intelligent te kommunikeer beteken nie dat jy ‘n pap hartjie-mens is nie !
O, Nee, jy behou jou trots en selfbeeld en laat nie toe dat ander emosies smouse jou lewe en integriteit in die weegskaal plaas nie. Moenie toelaat dat ander mense jou emosies op jaag nie. Die Duiwel sal jou altyd net die negatiewe kant van `n saak wys, weerstaan hom!
Oop eerlike kommunikasie
Die waarde van oop en eerlike kommunikasie is van groot waarde ! Hierdie keuse vereis ook van jou, om met toewyding ‘n saak aan te pak. Dit is ‘n nuwe kans om jouself te bewys en jou beloftes na te kom. Dit is ook `n metode om jouself te motiveer, ten spyte van die feit dat jy reeds in een poging gefaal het. Eerlikheid en selfrespek gaan hand aan hand. Geluk met hierdie keuse en ontgin nou jou weggesteekte idees om ekstra geld te verdien totdat jy jou skuld kan betaal. Oneerlikheid en valse kommunikasie val jou gewete aan en breek jou self beeld af.
Gee vir jou self punte tussen 1 tussen en 20
Dit bestaan uit twee dele; Die eerste deel gaan oor jouself:
- Selfbewustheid Totaal ( )
Positiewe: Selfvertroue, neem besluite op gevoel. (soos jy oor jouselfvoel) (+)
- Selfdissipline Totaal ( )
Positiewe: Doen wat gedoen moet word wanneer dit gedoen moet word. (+)
- Selfmotivering Totaal ( )
Positiewe: Positiewe gedagte, hou aan al lyk dit ofjy nie sal slaag nie. Werk aan die resultaat, laat nie toe dat hinderings hom keer nie.( +)
Die tweede deel bestaan uit jou verhouding met ander:
- Empatie. Totaal ( )
Positiewe: Voel saam met ander, huil saam, lag saam, en verstaan ander se gevoel. (+)
- Sosiale aanvaarding Totaal ( )
Positiewe: Meng maklik, aangenaam, geniet ander mense. (+)
Hoe lyk jou emosionele kwosiënt?
100 = Emosionele genie
80 = Emosioneel intelligent en briljant
60 = Bo gemiddeld maar moet verbeter
40 = Emosioneel onder gemiddeld
20 = Emosioneel totaal afgeskryf, jy erken nie dat mense gevoelens het nie
Stel jou Ego status vas. Ego in Latyn beteken “Ek”
Interaksie tussen mense word bepaal deur drie sielkundige maniere; hierdie gedragspatrone word genoem: ego status:
- Kind; Afhanklik, rebels, selfsigtig, soms kreatief, soek aandag en wil ommiddelik bevredig word.
- Ouer; Goeie interaksie, evalieer, regverdig en beskerm. Hulle verkies reëls wette en standaarde.
- Volwassende; gebaseer op verwerking van inligting, feitlike besprekings en sien mense as gelyk-waardig en redelik
Volgens Freud is die ego status deel van die persoonlikheid
Mense met' n sterk ego-sterkte benader uitdagings met 'n gevoel dat hy of sy die probleem kan hanteer en selfs daarby leer. Aan die ander kant, diegene met swak ego-sterkte sien uitdagings as iets om te vermy.
HOE LYK `N KREATIEWE MENS ?
DIE VOLSTRUIS
Is my vlerke regtig nodig ?
Die volstruis is die grootse oorlewende voël. Hy kan baie vinnig hardloop tot 50 km/h, maar kan nie vlieg nie. Die 50 tot 69 stertvere is slegs vir versiering. Sy indrukwekkende vlerke kry hom nie van die grond af nie. Hierdie voël word aangetrek deur blink voorwerpe. Hy kruip weg deur met sy nek en kop uitgestrek op die grond te lê, vandaar die verkeerde uitdrukking dat die volstruis sy kop in die sand begrawe.
Die Volstruis persoon
- Hy kom indrukwekkend voor- beïndruk mense met sy woorde, en met sy voorkoms en groot planne laat hy ander klein en onbelangrik voorkom. Hy steek sy nek gedurig nogal ver uit !
- In `n groep praat hy voor en skroom nie om gevaarlike skoppe uit te deel as hy bedreig voel nie. Hy kan pronk en is so oortuig van sy eie belangrikheid.
- As hy moet bewyse lewer van ware kreatiewe groei, moed en visie van opregtheid, deursettingsvermoë en verantwoordelikheid vir die self of van iets onder die flambojante vlerke, dan kruip hy weg. Hy maak hom soos onopsigtelik as moontlik een met die aarde, en is so ver van vlieg af as moontlik
- Hy sal nie waag om oor die afgrond te vlieg nie, hy het vlerke maar dit werk nie !
- Hy word getrek na vinnige oplossings, vir verering, die kalklig, as hy te ver waag val hy hom te pletter.